03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

net tot hom beperk is nie. Dus, dit is alles belangrik, dat hierdie werking van

kragte en die genadegawes van gesondmaking, alhoewel dit in die bediening van

die evangelis voorkom, word dit hier genoem as bedieninge saam met die

apostel, saam met die profete en saam met die leraars. Dus is dit ‘n bediening

ook in die gemeente en in die liggaam van Christus waarna ons moet strewe en

wat ‘n besonderse plek dus inneem.

6) Dieselfde met allerhande tale.

Dit word ook hier as ‘n definitiewe bediening beskou, wat God in die gemeente

gestel het. Ons behoort dus meer daarna te strewe en daarna te kyk. Ek het al

baie keer gewonder, hierdie allerhande tale, as jy byvoorbeeld nou neem op die

dag van Pinkster. Ons het hierdie saak nou al baie mooi uitgepluis.

Ons het baie duidelik gesien dat op die dag van Pinkster, was dit nie noodsaaklik

dat daardie mense in allerhande tale praat nie. Die tale praat van die 17 nasies.

Daar was 17 nasies verteenwoordig, dat hulle, hulle nie kon verstaan nie, want

toe Petrus opstaan om te sê dat hierdie mense is nie dronk nie, want dit is maar

nog nege uur in die môre, toe het hy net in een taal gepraat, en almal het hom

verstaan en almal het daarna uitgeroep wat moet ons doen?

So dit was nie nodig gewees nie. Ons kan ook aanneem dat daardie mense van

die verskillende nasies en tale gekom het om te kom aanbid in Jerusalem. Dit

was die tyd van die Paasfees dat hulle almal die een gemeenskaplike taal

verstaan het. Maar toe die Heilige Gees daar uitgestort was, toe was daar ook ‘n

besonderse, glo ek, bediening van allerhande tale op daardie dag van Pinkster.

Daar is sulke voorbeelde dwarsdeur die geskiedenis, en ek het party van hulle vir

u genoem destyds toe ons gepraat het oor die doping in die Heilige Gees, as u

miskien nog kan onthou, hoedat die Here op sommige tye, toe die persone in

vreemde tale gepraat het, toe was dit in die taal van die groep Bantoes, deur die

een broer wat hulle daar in die myn toegespreek het, toe die Heilige Gees op hom

kom, toe praat hy in Sesotho, ‘n taal wat hy nog nooit geleer het nie, maar dit was

‘n taal wat hulle kon verstaan maar dit was suiwer van die Heilige Gees.

Ek glo veral in hierdie dae dat daar ‘n groot verwarring gaan kom en ‘n groot

samedromming van mense en wanneer die duiwel gaan werk met misleiding en

met bedrog. Ek wil nie vir u bangmaak nie, maar dit is soos ek die ding sien wat

die Here Jesus sê daar in Matthéüs 24. Ek dink daardie woord kom drie of vier

keer voor in daardie hoofstuk. “Pasop dat julle nie mislei word nie. Daar sal

vals profete kom wat selfs groot tekens en wonders sal doen as dit moontlik

is, wat selfs die uitverkorenes sal mislei”. Nou, in daardie tyd glo ek, en dit is

hierdie tyd waarin ons lewe, wat hierdie bediening van allerhande tale weer in die

gemeente sy plek moet neem.

Is dit nie waar, as ons nou na ons eie lewens kyk, ek weet dit is waar van myself

waaraan ek skuldig is, dat dit ‘n kwessie is van dat ons onsself baie keer probeer

beskerm; ons nie in ‘n toestand van benoudheid wil raak terwille van die

evangelie nie; In ‘n toestand van verleentheid; In ‘n toestand waar alleen die

bonatuurlike ingryping van God jou daaruit kan help. Ons wil onsself so graag

129

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!