03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

hulle het hulle ontmoeting met God gehad. Maar nou is hulle nog dom, hulle is

aan die brand, hulle is vol vuur, hulle is soos klein voëltjies wat met die bekkies

oopsit om die kossies te ontvang. Dan kom hierdie vals leraars en hulle klim

daarin en hulle druk hulle leringe af en veroorsaak ‘n verskriklike verwarring en

bring skeuring onder die kinders van die Here in. Let maar daarop, u sal my

woorde onthou, want u gaan dit nog nodig kry in die dae wat voorlê.

Johannes 7:38; (lieflike woorde van die Here Jesus.)

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy

binneste vloei.

So ook met jou leraar, as hy waarlik van God geroepe is, as hy ‘n gawe is van

die Here Jesus, sal daar strome van lewende water uit sy binneste vloei. Daar

kan selfs in die geval van so ‘n leraar mense wees wat nie met hom oor sekere

dinge saamstem nie, maar dit sal nie skeuring bring nie. Dit sal nie ‘n slegte

gevoel bring nie. Hulle sal die gesag daarvan ten minste erken. Net soos met die

Here Jesus, het die Fariseërs en almal van hulle ook nie met die Here Jesus

saamgestem nie. Maar hulle het Sy outoriteit erken. Maar ek sal tog vir u wys

waar die ware leraar ook skeuring bring onder sommige omstandighede en

daarvoor moet u ook oplet.

1 Korinthiërs 3:6;

Ek het geplant, Apollos het nat gemaak, maar God het laat groei.

Hier is ‘n pragtige beskrywing van die bediening van ‘n leraar. Die apostel het

gegaan of die profeet selfs, maar veral die evangelis en die mense het onder

hulle bediening tot oortuiging gekom. Hulle het wakker geword uit hulle slaap,

hulle het lewendig geword uit hulle dood deur die verkondiging van die Here se

woord deur sulke Godgegewe kanale. Nou kom die leraar agterna en hy kom

leer hulle. Met ander woorde, die plantjie is nou geplant, hy kom om dit nat te

maak.

Ons weet self uit die natuur hoe noodsaaklik dit is dat die plantjie geplant word,

hoe noodsaaklik dit is om dit nat te maak, anders sal hy doodgaan. Dit is wat

baie kere gebeur. ‘n Siel kom tot ontwaking en daar is niemand om die plantjie

nat te maak nie. ‘n Pragtige illustrasie van Apollos. “Ek het geplant, sê Paulus,

maar Apollos het nat gemaak.” Maar natuurlik, net God kan laat groei. Maar

almal hierdie is deel van die span.

Nou kyk ons weer na: Handelinge 18:27;

En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig

en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom

was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut.

Met ander woorde, as ons 1 Korinthiërs 3 lees, staan daar hoe hy vir hulle tot nut

was. Hy het nat gemaak, hy het geleer, hy het die dou en die reën van die

geopenbaarde woord op hulle siele laat val. O, geliefdes, vir my is daar niks

pragtiger as die bediening van die leraar nie.

113

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!