03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Heilige Gees nie want hy het nie in tale gespreek nie. Ek weet nie, miskien het

hy. Dit lyk vir my amper so, as ek nou so daaroor terugdink aan sy werke.

Maar ten minste is dit nie vir ons so neergeskryf nie en ek sê toe: “Wel, hy was

nie gedoop in die Heilige Gees nie en daarom kan hy my nie leer nie. Ek sal sy

boeke opsy sit”. Is dit nie ‘n verskriklike fout nie? U kan miskien glimlag daaroor

en ek sal u nie kwalik neem nie. As dit vir u tot hulp is, die fout wat ek gemaak

het, dan sal ek die Here dank, dat u ook uit my fout kan leer.

Dit het so aangegaan vir ‘n hele klompie jare en toe begin ek uitvind ek begin ly

aan geestelike ondervoeding. U weet dat hoe ons dieetkundiges vir ons sê, jy

kan die beste kos eet, jy kan aan die rykste tafel sit, maar as daar sekere

bestanddele in jou daaglikse dieet is wat jy nie inneem nie, dan gaan jy aan

ondervoeding ly. Daar is sekere spoorelemente wat ‘n mens nodig het in jou

liggaam vir verskillende dinge. As jy dit nie inkry nie, sal dit hulleself begin

openbaar in jou gesondheid of in jou liggaam.

Nou is dit ook so op geestelike gebied en ek glo dit. Ek glo daar is baie van ons

wat aan geestelike ondervoeding lei. Selfs ek het daaraan begin ly, ek dank die

Here, toe ek dit begin ondersoek sien ek dit is omdat ek nie meer van ou Dr.

Murray se boeke lees nie. Daar is sekere dinge in sy boeke wat die Here aan

hom geopenbaar het wat van die uiterste belang is in die geestelike lewe van die

kind van God.

Toe my oë oopgaan, het ek weer met honger sy boeke begin lees. Hoe dank ek

die Heer hoedat my siel sommer in daardie opsig weer begin herlewe het. Ek het

ook by morele herbewapening geleer. (Hulle het vier absolute reëls of

standaarde wat hulle vir hulself gestel het), dit is vir my kosbaar en ek probeer dit

vandag nog met my saamdra en uitlewe.

Die vier standaarde is:

* Absolute liefde,

* Absolute onselfsugtigheid,

* Absolute eerlikheid

* Absolute reinheid.

Dink daaroor na en dit sal vir u tot baie, baie groot seën wees. Ek het net nog so

‘n paar gedagtes om met u te deel, dan is ons klaar met hierdie studie oor die

leraar.

Die besliste en duidelike verkondiging van dit wat waar en volgens die Skrif is,

tesame met ‘n nederigheid en die openhartigheid wat altyd gereed is om vars

flitse van die waarheid te ontvang, is altyd die kenmerk van dié leraar wat sy

bediening van die Here Jesus ontvang het. U moet onthou, ek het reg aan die

begin van hierdie reeks se studies oor die bedieningsgawes van die Here Jesus

vir u gesê, dat hierdie bedieninge, die apostel, die profeet, die evangelis, die

124

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!