03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en

heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry

van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

15 maar, terwyl ons in die liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in

Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

16 uit wie die hele liggaam - goed saamgevoeg en saamverbind deur die

ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike

deel in sy mate - die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in

liefde.

Is dit nie magtige woorde hierdie nie? Hoe lê die klem op elke lid en op elke deel

dus ook vir u en vir my. Elkeen van ons het ook ons plek in daardie liggaam. Oor

hierdie aspek het ons verlede keer volledig uitgewei, waarom hierdie bedieninge

gegee is en hier is die opsomming daarvan in hierdie gedeelte.

Hebreërs 3:1;

(Daar sal ons sien dat die Here Jesus self ‘n Apostel was en nog is.)

Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die

Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus.

Ons Here Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.

Die Grieks vir apostel is “Apostolis” wat beteken boodskapper, ‘n gestuurde. Dus

is eintlik elkeen in daardie sin, ‘n apostel as hy die Here se bevel nakom en

uitvoer. Waar die Here Jesus gesê het:

“Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle ook”.

In daardie opsig is elkeen wat waarlik die Here liefhet en daardie opdrag uitvoer,

‘n apostel, ‘n gestuurde.

Johannes 20:21;

Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur

het, stuur Ek julle ook.

Dus, as ons gaan op sy bevel, is ons almal gestuurdes as ons daardie opdrag

uitvoer; in daardie sin is ons apostels.

Kyk weer na 1 Korinthiërs 12:28;

“En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek

apostels”,

Dit is nogal belangrik om dit te beklemtoon; “in die eerste plek apostels”.

Nou weer in Efésiërs 4:11;

“En Hy het gegee sommige as apostels”,

Daar word dit ook weer eerste genoem, (is dit nie eienaardig nie, hoedat die

Satan in baie opsigte altyd die Here sal wil voorspring, in dit wat die Here se

volmaakte plan en patroon is?). U moet dit maar oplet, daar is baie sulke

voorbeelde in die Skrif, en so ook met hierdie saak waaroor ons netnou gepraat

het; in die eerste plek apostels. Dit is dus ‘n waardige posisie en ‘n posisie van

krag in die samestelling van die gemeente van die Here Jesus Christus, wat ook

sy liggaam is. Die apostel word deur Christus gestuur net soos Hyself deur die

Vader gestuur is, met ten minste ‘n deel van dieselfde gesag en dieselfde krag

en dieselfde gawes.

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!