03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Deuteronómium 13:1-5;

1 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken

of wonder aankondig,

2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde:

Laat ons agter ander gode aanloop - wat jy nie geken het nie - en hulle

dien,

3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as

dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of

julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele

siel.

4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou

en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

5 Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word,

want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit

Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe

van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel.

So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

So die Here het voorsiening gemaak, en die Here het vooruit daarteen gewaarsku

dat daar valse profete kan kom en u kan uself uit die aard van die saak dit maklik

voorstel. Die profeet, soos ek vir u gesê het, hy hoor die stem van God, die ware

profeet, ek weet nie of ek dit oordryf nie, u moet dit maar self beoordeel. Dit is

hoe ek dit voel en hoop, en hoe ek dit sien, wanneer ons na ‘n paar voorbeelde

gaan kyk.

‘n Ware profeet hoor en voel as 't ware die hartklop van God. Dus, dit is ‘n baie

magtige bediening, maar u kan ook sien dat die duiwel in mense kan werk om dit

na te boots en baie maklik, baie imponerend en indrukwekkend daaromtrent te

wees, en daarom waarsku die Here ons ook ernstig. Ek sal u nog ‘n paar ander

Skrifte ook gee.

Génesis 20:7;

Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is ‘n profeet; en hy sal vir jou

bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy

sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort.

Dit is hier waar God met Abiméleg praat omdat hy Sara geneem het wat eintlik

Abram se vrou was. Abram was self ook nie reg nie want hy het gesê dit is sy

suster. Maar toe het die Here met Abiméleg gepraat en so noem die Here

teenoor Abiméleg al klaar vir Abram ‘n profeet. So, Abram was in daardie opsigte

ook ‘n profeet van die Here, miskien die voorloper van die profete.

Kom ons gaan nou na die ander deel van die Bybel.

Judas verse 14-15;

14 En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en

gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle,

15 om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf

oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al

die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.

56

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!