03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

hulle sê Saul het gesidder en gebeef voor Samuel, die profeet. Hulle sê as die

profeet jou in die oë begin kyk en hy kyk diep binne in jou hart, en jy het daar ‘n

verkeerde ding in, netnou haal hy dit daaruit.

Ons dank die Here daarvoor, mag die Here vir ons daardie gawes gee in hulle

werklikheid en egtheid. Dit is ook in daardie beweging wat die profeet vir jou

persoonlike profesieë sal gee en ek wil u waarsku, pasop vir persoonlike

profesieë, pasop as iemand jou selfs op jou naam noem en vir jou “dit” en “dat”

sê. Moenie dat dít u laat struikel nie, en selfs partykeer dinge wat u by ons

gehoor het nie. Party van ons mense gaan ook na ander plekke toe, dan hoor

hulle ook dinge en is hulle nie versigtig genoeg nie. U moet nie daardie ding

aanvaar nie.

Daar is baie mense wie se lewens al verwoes is en gemeentes wat verwoes is

deur persoonlike profesieë. Dit kan amper gesê word, ons land lê in baie opsigte

gestrooi met die geestelike geraamtes van mense wie se Christelike lewe

verwoes is deur persoonlike profesieë wat oor hulle uitgespreek is.

In party plekke was daar vir mense geprofeteer, as jy ‘n plaas het, moet jy dit

verkoop, jy moet jou huis verkoop en jy moet “dit” en “dat” doen. Ek het dit nie so

in die Here se woord gesien nie, maar as iemand na jou toe kom en vir jou werklik

sê; die Here sê vir my so en so omtrent jou, goed, dit kan gebeur, maar dan sal

die Here dit vir jou baie beslis, ook persoonlik wys.

So ‘n “profeet”, van so ‘n beweging, het my eendag na sy huis laat roep en gesê

hy wil met my praat. Daar het hy nou al klaar die Christelike reël van die liefde

oortree en selfs net die reël van ordentlikheid. As ek met jou wil praat, kom ek na

jou huis toe, ek ontbied jou nie na my huis toe nie.

In elk geval, ek het gegaan, toe sê hy vir my, terwyl hy net so sit en wys na die

mat, “My broer, ek het heelnag op hierdie mat geworstel omtrent jou. Dit was die

eerste keer dat ek hom ontmoet, het baie van hom gehoor en hy het ook van my

gehoor. Dit was hier in die begin van ons groepie, ons het net so ‘n rukkie

“uitgestaan”, en baie bewegings wou ons gehad het dat ons by hulle moes

inskakel.

Ek het gehoor; miskien het die Here my gewaarsku daarteen, ek het ‘n berig

gehoor dat iemand my gaan nader, maar ek het nie geweet wie nie. Toe ontbied

die man my en hy sê; “Ek het heelnag geworstel omtrent jou op hierdie mat en die

Here het vir my gewys, jy moet Kanada toe gaan om daar vir ons te gaan werk”.

Ek sê vir hom, “wel broer, baie dankie, ek waardeer dit dat jy so aan my gedink

het, maar as die Here van my dit wil hê, sal Hy dit vir my ook wys, en die Here het

nog niks vir my gewys nie.

In elk geval, ek voel nie ek kan daarmee saamstem nie. Waarom moet ek na ‘n

land gaan, duisende myle ver van hier, terwyl my volk, hier rondom my, besig is

om te vergaan en nou moet ek gaan na vreemde mense terwyl ek my eie nasie

ken. Ek ken ons gewoontes, ek ken ons harte, ek is een van hulle, ek praat

dieselfde taal”. Ek sê, “ek kan nie die leiding van die Here daarin sien nie”. Hy

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!