03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

So, Abram was ‘n profeet maar voor hom was ook Henog ‘n profeet en het hy

hierdie voorspelling gemaak soos hy werklik vooruit gesê het, ook dit wat waar

gekom het en uitgekom het. Soos ek alreeds vir u gesê het, profete is manne wat

God se stem gehoor het en dit aan sy volk bekend gemaak het. Ek wil dit weer

herhaal, die profeet hoor die stem van God, maar daardie profeet moet dit ook

bekend maak aan God se volk.

Nou kan u met my saamstem, ek het dit ook gesê, en wil dit net herhaal, dat u

kan besef, hoe naby so ‘n profeet aan God moet leef om werklik God se stem te

kan hoor en dit aan sy volk bekend te maak.

U kan dan ook besef hoe ons as die liggaam van Christus funksioneer. Dit is tog

nie ‘n mens wat vereer word nie, as ‘n persoon ‘n profeet is en hy is werklik ‘n

profeet, sal hy die laaste een wees om eer daaruit te haal. Hy is ‘n dienskneg van

God, hy is deel van God se plan, so ook ons as God se kinders. As die Here vir

ons, vir sy volk ‘n profeet opwek dan gaan elke ware kind van God daaroor juig.

Hy gaan saam vir die Here dankie sê, saam ook die verantwoordelikheid aanvaar

vir daardie land se bediening. Onthou, soos ons nou net gesê het, deur dit wat

elke lid van die liggaam voorsien, word almal opgebou tot die gestalte van die

Here Jesus.

Daarom sal ons ook, wanneer die Here so ‘n persoon opwek, vir hom baie moet

bid dat die Here vir hom die genade sal gee dat hy altyd naby aan die Here sal

bly sodat hy God se stem sal hoor.

Exodus 7:1; (‘n voorbeeld van die werk van ‘n profeet).

En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en

jou broer Aäron sal jou profeet wees.

Dit is weer dié een, wat God se stem sal hoor en dit dan aan die mense sal

meedeel. Dit is dan ook die betekenis van ‘n profeet, dit is die openbaarder of

vertolker van God se woord.

‘n Profeet, om werklik sy funksie te vervul, sal u met my saamstem, kan nie

daardie werk doen as die Heilige Gees nie op hom kom nie. Dit alleen is heerlik

en wonderlik.

Númeri 11:29;

Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die

HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!

Die Gees van die Here moet waarlik op die profeet rus.

Kom ons kyk hoedat onse Here Jesus self sy werk gedoen het. Dit is ‘n

welbekende gedeelte hierdie, maar hoedat Hy dit gedoen het nadat die Heilige

Gees op Hom gekom het.

Lukas 4:14-18;

14 En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar

het ‘n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;

15 en Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.

16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond

was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

57

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!