03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

vroeër verduidelik is) Anders, hoe gaan die gemeente van die Here ooit groei of

hoe gaan hulle ooit vermeerder?

1 Thessalonicense 1:8;

8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in

Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God

uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.

So, dit behoort ‘n goed saamgestelde gemeente te wees, sodat van hom uit, weer

die woord sal weerklink oor ‘n wye gebied.

Een van die aller belangrikste gawes van ‘n apostel moet sekerlik wees regeringe

wat Weymouth vertaal as “powers of organization”. Vergelyk hierdie volgende

skrifte. As so ‘n apostel nou so ‘n gemeente begin en hom goed saamstel, moet

hy ook die gawe hê van regeringe, hy moet daardie gemeente kan leer hoe om

homself te regeer, anders sal so ‘n klompie mense gou in wanorde

uitmekaarspat. Maar as so ‘n gemeente geleer is hoe om homself te regeer en

homself bymekaar te hou, het daardie apostel sy werk goed gedoen.

Vergelyk:

1 Korinthiërs 12:28;

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels,

ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna

genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

1 Korinthiërs 9:2;

2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is

die seël op my apostelskap in die Here.

Alhoewel daardie gemeente van die Korinthiërs ‘n moeilike gemeente was, het

hulle tog bymekaar gebly. Hulle het tog as ‘n gemeente aan die gang gebly, hulle

is die werk en die seël van sy apostelskap.

In die derde plek:

Om gemeentes te versterk.

Terwyl ons nog besig is met die werk van ‘n apostel; die apostel het ‘n natuurlike

en spontane gesag oor al hierdie gemeentes gehad. Al het hy verskillende

gemeentes gestig omdat hy die vader is van daardie gelowiges en van daardie

gemeente, al het hy nou weggegaan en daar is nou die herder of die pastoor of

die ouderlinge wat ook maar herders is, oor daardie gemeentes aangestel en

hulle is verantwoordelik vir daardie gemeente, sal hy tog altyd wanneer hy weer

terugkom na daardie gemeente, daardie mate van gesag en respekte oor daardie

gemeente hê. Soos Paulus dan ook rondgegaan het in sy sendingreise en die

gemeentes op die verskillende plekke versterk het. Hulle was die erkende leiers

en die geestelike vaders van daardie gemeentes.

1 Korinthiërs 4:15;

Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog

nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur

die evangelie.

43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!