03.05.2013 Views

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

Die Bedieningsgawes van Jesus Christus pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

grootheid in God. Waar sal ons dit nog beter en mooier geïllustreerd sien, as in

die lewe van onse Here Jesus self.

‘n Leraar wat nie self geleer kan word en nie gewillig is om sy lering aan die hele

liggaam van Christus vir ondersoek te onderwerp nie, is beslis baie gevaarlik.

Laat ek net vir u ook hierdie woorde van die apostel Paulus lees.

1 Korinthiërs 13:9-13;

9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind,

geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van

‘n kind afgelê.

12 Want nou sien ons deur die spieël in ‘n raaisel, maar eendag van

aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten

volle ken, net soos ek ten volle geken is.

13 En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie; maar die grootste hiervan is

die liefde.

Ons ken ten dele, ons sien nog deur die spieël in ‘n raaisel, daarom het ons nog

nie al die kennis en insig nie en daarom kan ons van mekaar leer en behoort ons

van mekaar te leer.

Ek voel oortuig daarvan dat baie van die verdeeldheid onder God se kinders is

die skuld van die leraar. Dat daar trots in die saak betrokke is. Dat daar ook

jaloesie in die saak betrokke is. Dat daar ook ongeloof en vrees terselfdertyd

bykom. Die leraars hou die kuddes uitmekaar. Die leraars is te bang om hulleself

aan die lering van hul medeleraars te onderwerp.

Ons is te bang om aan die voete van mekaar te kom sit en sê; “Kom my broer, ek

wil van jou leer, vandag! Ek kom met ‘n oop hart en ‘n oop gemoed om dit te

doen. Ons kan van mekaar baie leer”. Ek dank die Here dat die een kry lig hier

en die ander een kry lig daar, sodat ons wedersydse agting vir mekaar kan hê.

Ek dank die Here vir baie dinge wat ek in my lewe geleer het. Van baie ander

organisasies met wie ek nie in alle opsigte kan saamgaan nie. Miskien kan ek op

die oomblik, met my eerlikste voorneme, nie alles aanvaar nie. Maar ek sal eerlik

nadink oor wat ek gehoor het in die lig van Handelinge 17:11. Ek dink

byvoorbeeld aan die beweging, morele herbewapening, of soos dit in die ou dae

genoem is die “Oxford groep” en hoedat hulle een groot leuse was: dat ons nooit

moet vra wie is reg nie, maar dat ons altyd moet vra wat is reg. As ek dink aan

al die skade wat ek al gelei het in my lewe toe ek nog die groot fout gemaak het

dat ek nie van almal wou leer en mooi na hulle wou luister nie!

Ek dink byvoorbeeld aan my vroeë Christen jare, voordat ek met Pinkster in

aanraking gekom het. Hoe lief ek was vir die werke van Dr. Murray, wat ‘n

geweldige plek dit ingeneem het in my geestelike lewe. Wat daardie dierbare

dienskneg van die Here se boeke vir my beteken het en toe kom ek in Pinkster.

Ek maak hierdie verskriklike fout en sê toe Dr. Murray was nie gedoop in die

123

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!