03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Vir die 2007-MTBR, d.i. vir die tydperk tot 2009/10, is die verbetering van onderwysgehalte die teiken van inisiatiewe

van die nasionale sektor. Hierby is ingesluit sistemiese evaluering, indiensopleiding en onderwyserontwikkelingsprogramme

gemik op die verbetering van onderwysgehalte ten einde kritieke vakke soos wiskunde en

lewensoriëntering, graad R en algehele skoolbestuur te bevorder.

Nog ’n inisiatief van die nasionale sektor is ‘n massageletterdheidsprogram wat in 2007/08 deur die DvO ontwikkel en

geloods sal word om die uitdagings van basiese geletterdheid, wat sowel ’n mensereg as ‘n bydraer tot sosiale kohesie

is, die hoof te bied. Dit sal uitgevoer word met behulp van vennootskappe met nieregeringsorganisasies, basiese

volwasseneonderwyssentrums en vrywilligers.

Die vernaamste doel van die MKOS is om te verseker dat die onderwysstelsel kundige, vaardige, kritiese en buigsame

jongmense lewer wat sal kan baatvind by toekomstige geleenthede, maar ook by toekomstige uitdagings kan aanpas en dit

die hoof kan bied. Dit sal gedoen word deur die toepaslike waardes, kennis en vaardighede by die mense van die Wes-

Kaap, veral die jeug, te ontwikkel om hul nasionale en provinsiale deelname binne ‘n globaal kompeterende ekonomie en

lewenskragtige, sorgsame samelewing te bevorder. Die MKOS reageer dus op die uitdagings van hoë werkloosheidsvlakke,

veral onder die (swart) jeug, die oënskynlike gebrek aan vaardighede om die bestaande indiensneming- en

entrepreneursgeleenthede op te neem, en die klaarblyklike gebrek aan geleenthede om die groeiende jeugbevolking wat na

volwassenheid op pad is, te absorbeer.

Vier sleutelpillare vorm die grondslag waarop die MKOS gebou is. ‘n Fokus op die verbetering van

onderwysomstandighede op inrigtingsvlak sal ondersteun word deur ‘n strewe na die verbetering van die

onderwysomgewing deur kwessies rakende sosiale patalogie en misdaad te takel. Die kern van die strategie sal fokus op

die verbetering van onderwysgehalte, wat sal verseker dat geleenthede vir die verbreding van die vaardigheids- en

kwalifikasiebasis geskep word. Vir elkeen van hierdie sleutelpillare is daar drie duidelike responslyne geïdentifiseer. Dit

sluit in ’n stel sistemiese strategieë, sleutelkorttermynintervensies en gedetailleerde, implementeringsgedrewe,

programgebaseerde strategieë.

1. Verbetering van onderwysomstandighede:

Die effektiefste onderwys kan slegs onder optimale omstandighede gelewer word. Hier word verwys na fisiese

onderrigomstandighede (hou verband met fisiese infrastruktuur, toerusting) sowel as instaatstellende omstandighede (hou

verband met die bestuur van die onderwysprogram op skoolvlak) ten einde te verseker dat skole omgewings is wat

bevorderlik is vir leer en uitnemendheid, en dat hoogs doeltreffende, innoverende en kreatiewe mense dit bestuur.

Sleutelprioriteite vir die departement in die periode 2007/08 – 2009/10 sluit in -

• Die implementering van die makrostruktuur van die herontwerpte WKOD, wat sal verseker dat die organisasie die

MKOS ten beste kan implementeer en verteenwoordigend word van die mense van die Wes-Kaap.

• Die verdere ontwikkeling van sleutel- provinsiale onderwysbeleide en –strategieë.

• Die ontwikkeling van plaaslike onderwysvoorsieningsplanne.

• Die uitbreiding van die aantal geen-skoolgeld-skole vir 2007 tot 233 deur die insluiting van beide die armste primêre en

sekondêre skole in nasionale kwintiele 1 tot 3, wat die totale getal geen-skoolgeld-skole op 652 te staan sal bring.

• Verseker dat die leerderopsporingstelsel operasioneel is en begin met die implementering van die Verdere Onderwysen

Opleidingsbestuursinligtingstelsel (VOOBIS) in VOO-kolleges.

• Alle skole gaan skoolverbeteringsplanne (SVP’s) en gestelde teikens hê, wat as basis vir steun deur steunpersoneel op

distrikvlak sal dien, en die heelskoolevalering (HSE) van minstens 30 skole per jaar.

• Die ontwikkeling van menslike kapitaal binne die departement met ‘n spesiale fokus op onderwysers (deurlopende en

versnelde onderwyserontwikkeling) deur hul maksimale impak asook aanspreeklikheid ingevolge die Geïntegreerde

Gehaltebestuurstelsel (GGBS) te verseker.

• Die ontwikkeling en bekendstelling van ‘n verbeterde salarisbedeling vir prinsipale en die verbetering van die

administratiewe steun vir skole.

• Die implementering van ‘n loodskursus vir skoolsakebestuurders in 2007.

• Die verbetering van alle aspekte van finansiële bestuur en rekenkundige verantwoordelikhede om uiteindelik tot ‘n Vlak

4-ouditeerbare organisasie te vorder.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!