03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VOORWOORD DEUR LUR

Ek glo dat hierdie JPP groter ooreenstemming toon met nasionale en provinsiale strategieë en uitkomte.

Verlede jaar het die skole in die Wes-Kaap sterk matriekuitslae gehad, waarop ons almal trots kan wees. Maar ons kan en

moet beter vaar. Ons mag nooit tevrede wees met 'n endossementkoers van slegs 13.53% van ons 17,554 voormalige HVVen

DOO-leerders nie, terwyl die endossementsyfer vir 2006 vir die 6,501 leerders van voormalige KOD-skole 52.13% was.

In hierdie opsig het ek reeds die volgende ses duidelike intervensies aangekondig:

1. Ons sal die Program vir Gehalteverbetering, Ontwikkeling, Ondersteuning en Oprigting (PGOOO) loods. Hierdie

inisiatief, wat deur Minister Pandor van stapel gestuur is, het ten doel om nuwe leerhulpbronne aan skole toe te ken, veral in

arm en benadeelde gemeenskappe. Hierdie program sluit alle primêre skole in kwintiele een en twee in. Hierdie primêre

skole is voedingskole vir sekondêre skole wat swak uitslae het. Dit sluit ook omtrent 80 hoërskole in met swak Senior

Sertifikaat-uitslae.

2. Ons stel teikens: Teen die einde van Maart 2007 sal elke hoërskool in die provinsie hulle teikens gestel het vir 'n

algehele slaagsyfer, matriekendossement en Wiskunde/Wetenskap vir 2007. Hierdie teikens moet formeel deur die

skoolbeheerliggaam, insluitende die VRL-verteenwoordigers afgeteken word. Aangesien 2007 die laaste jaar van die

bestaande kurrikulum is, sal alle skole aangemoedig word om alles in die stryd te werp om individuele prestasierekords op te

stel. Ek wil ook teikens stel om die aantal leerders wat in graad 10, 11 en 12 uitval vir 2007 en daaropvolgende jare te

verminder. Geletterdheids- en gesyferdheidsteikens sal ook gedurende die loop van 2007 gestel word.

3. Ons wil ons basis verbreed: ons wil op 'n breë grondslag aan geletterdheid en gesyferdheid werk. Wat ook baie

duidelik is, is dat ons nie net swakhede in ons hoërskole kan uitwys nie. Ons moet aan ons primêre skole ook werk. Ons

Geletterdheid-en-syferkundig-heidstrategie moet versterk word – veral die gesinsgelet-terdheidsprogramme en ons

provinsiale Taaltransfor-masieplan.

4. Ons moet ons skole 'n veilige leertuiste vir almal maak. Van die kwessies wat hierdie jaar en in vorige jare 'n groot

impak op ons skole gehad het, is die vlakke van geweld in en om ons skole en die aggressiewe gedrag van leerders. Ons sal

'n splinternuwe intersektorale veldtog implementeer om 'n veilige leertuiste vir 2007 en daarna te bou. Dissiplinepatrone en

gedragskodes moet opgestel en gehandhaaf word. Skoolverbeteringsplanne wat waarde toevoeg sal in plek geplaas word.

Ons sal ons skole help om die gedragskodes teen Oktober 2007 te hersien en te versterk.

5. Monitering en evaluering. Ek glo dat die herontwerpproses van die Departement moet lei tot groter navorsingskapasiteit,

monitering, evaluering en aanspreeklikheid. As 'n leerorganisasie is een van ons sleuteluitdagings om ons konteks,

uitdagings en moontlikhede te begryp en daarop te reageer.

6. Ons moet aandag gee aan die situasie in die 34 skole wat steeds onder 60% presteer. As Iqayiya Sekondêr in

Khayelitsha 'n ongelooflike slaagsyfer van 94% in 2006 kon verwerf, vergeleke met 39% die vorige jaar, moet ons hierdie

tipe sukses ondersoek en dit dwarsdeur die stelsel toepas.

Ons kan nie onderprestasie aanhou verdra nie. Ons het 'n volledige analise van elke onderpresterende skool onderneem en

waar die grootste bydraende faktor(e) die gebrek aan effektiewe leierskap en bestuur is, of probleme met fundamentele

swak onderwysers, sal ons beslis herontplooiing van skoolprinsipale en senior bestuurspanne oorweeg in ooreenstemming

met aanvaarde arbeidspraktyke.

Ander sleutelprojekte vir die Wes-Kaap Onderwys-departement (WKOD) vir hierdie jaar sluit in die implementering van die

eerste fase van die herontwerp van die Departement; verdere ontwikkeling van sleutelbeleid; die ontwikkeling van plaaslike

planne vir onderwysvoorsiening; die ontwikkeling en bekendstelling vir verbeterde salarisbedeling vir prinsipale en

verbetering van die administratiewe ondersteuning vir skole.

Onderwys het die grootste persentasie van die begroting vir 2007/08 gekry, naamlik 37%, met die klem op

vaardigheidsontwikkeling, onderwyserontwikkeling, ver-goeding vir onderwysers en administratiewe personeel, en die

voorsiening van infrastruktuur.

Die fokus op Vroeëkindontwikkeling (VKO), kolleges vir Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) en algemene onderwys deur

PGOOO, gehaltebou dwarsdeur die stelsel. Die addisionele fondse gee werklike hoop aan ouers, onderwysers en skole.

Ons sal hierdie inspuiting gebruik om menslike kapitaal in die provinsie te bou en om verdere stappe te doen om

gehalteonderwys te vestig.

Infrastruktuur bly 'n uitdaging maar ons is besig om 'n aantal moontlikhede te ondersoek om hierdie toekenning aan te vul.

Wanneer 'n mens toekennings aan susterdepartemente in ag neem, wat ook sal bydra tot onderwys in die algeneem,

byvoorbeeld sosiale ontwikkelingsfondse om middelmisbruik te beveg en toekennings om skoolsport, veiligheid en

vaardighede te bevorder, is die nuus nog meer verblydend.

Ek sien uit na 'n jaar waarin ons ons pogings kan versnel om strategieë te implementeer en om meer endossemente op te

lewer, om meer leerders Wiskunde en Wetenskap te sien slaag en om meer leerders in ons VOO-kolleges te sien ten einde

'n beter lewe vir almal na te streef.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!