03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

B.3 Subsidies aan onafhanklike skole

Die volgende is die meetbare doelwitte (▲) wat verband hou met program 3, en hul prestasiemaatreëls (►):

Meetbare doelwitte Prestasiemaatreëls

Gehalte ▲ Om te verseker dat gehalte-onderwys in

onafhanklike skole plaasvind.

Gespesifiseerde beleide, prioriteit en strategiese doelwitte

• Strategiese doelwitte en mikpunte:

▲ PM301: Persentasie befondste onafhanklike skole

wat vir moniteringsdoeleindes besoek is

Om toegang to gehalte-onderwys vir alle kinders in die provinsie te verseker.

• Om onafhanklike onderwys wat armer skole bedien op ‘n glyskaal te ondersteun as ‘n komplementerende komponent tot openbare

onderwys.

• Beleide en prioriteite:

Grondwetlik mag enigeen ‘n onafhanklike skool vestig en op eie koste bedryf onderhewig aan streng kriteria. Hierdie skole mag nie

diskrimineer op grond van ras nie, moet gehalte-onderwys aanbied, wat nie laer is as dié van ‘n soortgelyke skool nie en moet by die

WKOD geregistreer wees.

Streng registrasiekriteria word toegepas, nl.

• Fasiliteite moet toepaslik wees en ‘n sertifikaat van die Plaaslike Owerheid word vereis vir klaring om ‘n onderwysinrigting te bedryf.

• Daar moet ‘n geskrewe Grondwet wees.

• Onderwysers moet toepaslik gekwalifiseerd wees.

• Die kurrikulum van die skool moet verseker dat die uitkomstes van die Nasionale Kurrikulum bereik word.

Alle onafhanklike skole wat by die WKOD geregistreer is, is geregtig om, afhangende van die Norme en Standaade vir die Befondsing

van Onafhanklike Skole, maksimum subsidies te ontvang gelykstaande aan 60% van die koste per leerder in openbare skole. Alle

onafanklike skole wat om ‘n subsidie aansoek doen en geregtig is op befondsing ingevolge die Befondsingsbeleid, ontvang ‘n subsidie.

Om volhoubaarheid te verseker, word subsidies egter slegs toegestaan na ‘n jaar van in werking wees na registrasie.

Sodra aansoek gedoen is om ‘n subsidie, besoek Distriksamptenare, wat ‘n evaluering doen van die onderwysprogramme, die skole.

Betaling word dan gemaak slegs indien ‘n bevredigende verslag by die aansoek ingesluit word, tesame met ‘n aanbeveling vir betaling.

Die WKOD moet verseker dat gehalte-onderwys in die onafhanklike skole plaasvind en sal skole in hierdie verband moniteer. Die Senior

Sertifikaat-uitslae van onafhanklike skole word jaarliks sorgvuldig gemonitor. Waar die skole nie presteer op standaarde bokant dié van

openbare skole nie, word hulle in kennis gestel dat hulle die risiko loop gederegistreer te word.

Ontleding van vordering

Daar is tans 205 geregistreerde onafhanklike skole in die Wes-Kaap. Hierdie skole akkommodeer ‘n verskeidenheid leerders uit diverse

sosio-ekonomiese agtergronde en is belangrike en gewaardeerde vennote in onderwysvoorsiening in die provinsie.

Die WKOD betaal tans subsidies aan 82 onafhanklike skole in die Wes-Kaap. Hierdie onafhanklike skole bied leergeleenthede vir benadeelde

leerders in die provinsie.

Ontleding van beperkinge en beoogde maatreëls om dit te oorkom

‘n Paar onafhanklike skole het ‘n baie swak rekord wat betref die sistemiese toetsing op graad 3- en 6-vlakke en in graad 12. Daar is

ook gereeld klagtes van leerders en ouers. Die WKOD monitor hierdie skole om te verseker dat hulle gehalte-onderwys voorsien.

Die deurvoer- en uitsetsyfers sowel as die uitslae van die onafhanklike skole wat ‘n subsidie ontvang, word sorgvuldig gemonitor.

Subsidies sal dienooreenkomstig aangepas word as dit bevind word dat skole konsekwent swak resultate oplewer.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 54

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!