03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Prestasiemaatreëls wat gebruik gaan word:

►PM003: Openbare besteding op die armste leerders as ‘n persentasie van openbare besteding op die armste leerders.

►PM101: Persentasie skole wat die Skooladministrasie en –bestuurstelsel (SABS) implementeer.

►PM102: Persentasie skole met wie die Departement elektronies in verbinding kan tree.

►PM103: Persentasie swart vroue in bestuursposisies.

►PM104: Persentasie huidige besteding op nie-personeelitems.

►PM203: Persentasie openbare gewone skole met watervoorsiening.

►PM204: Persentasie openbare gewone skole met elektrisiteit.

►PM205: Persentasie skole met ‘n toereikende aantal funksionele toilette.

►PM206: Besteding op onderhoud as ‘n persentasie van die waarde van skoolinfrastruktuur.

►PM207: Persentasie skole met meer as 40 leerders per klas.

►PM208: Persentasie nie-Artikel 21-skole met alle leerder- en onderwyserondersteuningsmateriaal (LOOM) en ander

vereiste materiaal teen dag een van die skooljaar gelewer.

►PM209: Persentasie skole met Artikel 21-status.

►PM210: Persentasie werkdae verloor weens afwesigheid van opvoeders in openbare gewone skole.

►PM211: Persentasie leerderdae verloor weens afwesigheid van leerders in openbare gewone skole.

2. Verbetering van die onderwysomgewing:

Die meeste skole word aan die verwoesting van sosiale patalogie (misdaad, dwelms, bendebedrywighede, ens.) onderwerp,

wat ’n rampspoedige uitwerking het op skole, die leerders en die opvoeders, maar ook op die opvoedkundige programme

wat aangebied word. Die provinsiale departemente van Onderwys, Gemeenskapsveiligheid, Maatskaplike Ontwikkeling en

Gesondheid gaan gesamentlik ‘n program ontwikkel en implementeer wat ontwerp is om die impak van sosiale patalogie op

skole te verminder.

Sleutelprioriteite vir die departement in die periode 2007/08 – 2009/10 sluit in -

• Voortgesette bevordering en verbetering van veilige skole met ‘n fokus op verbeterde veiligheidsfasiliteite vir skole in

risikogebiede om ‘n veilige onderwysomgewing te verseker.

• Die bou van sosiale kapitaal in onderwys deur middel van, onder andere, die provinsiale vereniging van

verteenwoordigende leerlingrade (VLR’e), die afgetrede onderwysersvereniging en ‘n jaarlikse provinsiale konferensie

vir alle skoolbeheerliggame (SBL’s). Opleiding en steun van SBL’s sal verbeter word om algehele verbeterde deelname

en leierskap te verseker in antwoord op verskeie ontwikkelingsuitdagings wat skoolgemeenskappe in die gesig staar.

• Ontwikkeling van Sorg- en Steunstrategieë vir kwesbare kinders.

Prestasiemaatreëls gebruik te word:

►PM201: Persentasie leerderdae deur die voedingsprogram gedek.

►PM202: Persentasie leerders met spesiale behoeftes in openbare gewone skole.

►PM401: Persentasie kinders van verpligte skoolouderdom, wat spesiale behoeftes het, nie by onderwysinrigtings

ingeskryf nie.

►PPM 801:Aantal opvoeders opgelei om MIV/VIGS en seksualiteitslewensvaardigheidsprogramme aan te bied.

►PPM 802:Persentasie jaarlikse lewering van aangevraagde MIV/VIGS-LOOM aan skole.

►PPM 803:Aantal skoolgemeenskappe ‘opgelei’ en gesteun in die implementering van Sorg- en Steunstrategieë vir

kwesbare kinders.

►PPM 804:Aantal skoolbestuurspanne (SBS’e) ‘opgelei’ en gesteun in die ontwikkeling van MIV/VIGS-beleid en –

bestuursplanne, binne die konteks van HSE en SVP.

3. Verbetering van onderwysgehalte:

Kwessies m.b.t. klaskameraktiwiteite, bestuur en steun, onderwyserbevoegdheid en –ontwikkeling, en toepaslike

kurrikulumpakkette. Hierdie behoefte is ook deur die nasionale Ministerie van Onderwys geïdentifiseer.

Sleutelprioriteite vir die departement in die periode 2007/08 – 2009/10 sluit in -

• Deurlopende steun vir geletterdheid en gesyferdheid in primêre skole deur –

• Die toetsing van alle graad 6-leerders in 2007 in gesyferdheid en geletterdheid;

• Deurlopende opleiding van onderwysers;

• Deurlopende steun; en

• Die deurlopende ontplooiing van 510 onderwyserassistente om in die armste primêre skole in die Grondslagfase

hulp te verleen.

• Die implementering van die GVO-OOP wat die armste primêre skole in nasionale kwintiel 1 in 2007/08 teiken om te

verseker dat hierdie skole die basiese minimum fisiese, onderrig- en leer-, menslike en finansiële hulpbronne ontvang

om gehalte-onderrig en –leer moontlik te maak.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!