03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Terwyl daar universele inskrywing van kinders van ouderdom 6 – 15 in die Wes-Kaap is, het nie alle vyfjariges toegang

tot graad R nie. Die provinsie se tweede MKOS-doel is om teen 2010 op die eerste vlak van formele onderwys, naamlik

graad R hoë gehalte leerprogramme aan alle vyfjaaroue kinders in die Wes-Kaap te bied sodat hulle bekend gestel kan

word aan vroeë lees- en syfervaardighede. Dit is veral belangrik in gemeenskappe waar ouers ongeletterd is en huise

arm is aan teks- en hulpbronmateriaal. Die NKV graad R-kurrikulum spel die kennis en vaardighede uit wat aan

vyfjariges onderrig moet word. Die menslikehulpbronuitdaging vir die provinsie is om te verseker dat die leeruitkomstes

van die graad R NKV in alle graad R-leerplekke onderrig en verwerf word.

Indien konserwatiewe beramings van 2006-deelnamesyfers in die Wes-Kaap gebruik word, dit is 60 000 van ‘n

moontlike groep van 80 000 leerders, dan moet ‘n addisionele 20 000 kinders in die periode tot 2010 bereik word. Dit

beteken die inskrywing van gemiddeld 6 000 addisionele vyfjaaroue kinders elke jaar in die periode tot 2010. Maar

hierdie kinders moet ook in hoëgehalte-programme ingeskryf word omdat die voorsiening van graad R-programme aan

jong kinders gebaseer is op die aanname dat hierdie programme ‘n soliede basis en voordeel vir leer in skoolverband

bied. Hierdie aanname word ondersteun deur ’n aantal studies, insluitend die nasionale sistemeise assesseringstudie

van graad 3-leerders wat in 2001 onderneem is, sowel as die provinsiale sistemiese evaluering wat in 2004 en 2006

onderneem is. Hierdie studies toon ’n hoë korrelasie tussen lees- en syfervaardigheid op die graad 3-vlak en toegang

tot voorskoolse programme.

Om graad R-onderrig van hoë gehalte te bied aan alle vyfjariges sodat hulle gereed is vir skoolleer, sal die WKOD die

volgende kort- tot mediumtermynplanne implementeer -

• Steunwerwing en werwing van bykomende leerders, veral in die landelike en arm gebiede.

• Vestiging van klasse in openbare skole waar ruimte dit toelaat.

• Versekering dat elke klas ‘n toepaslik gekwalifiseerde onderwyser het.

• Versekering dat daar toereikende LOOM is vir gehalte-onderrig en –leer.

• Voortgaan om die DOK te ondersteun in die opgradering van die kwalifikasie van versorgers/praktisyns in terme

van die EPWP.

• Monitering op distrikvlak deur Kurrikulumadviseurs en Kringbestuurders.

Ontleding van vordering

Toegang tot graad R is verhoog vanaf ongeveer 21 000 in 1996 tot meer as 60 000 in 2006. Gedurende 2006 is elke graad

R-kind by ‘n inrigting gesubsidieer in plaas van ‘n klas met ‘n maksimum grootte van 30. Dit het die aantal kinders wat vir

finansiële hulp kwalifiseer verhoog.

Die afskaffing van departementeel goedgekeurde poste en hul vervanging met per capita-subsidies het groter toegang in

armer gebiede moontlik gemaak. Dit het egter onbedoelde gevolge gehad – salarisse is drasties verlaag in arm inrigtings,

gekwalifiseerde onderwysers het na die vermoënde inrigtings gegaan en daar was ‘n drastiese afname in studente wat

gewillig is om hulle as opvoeders te bekwaam vir hierdie sektor. Dit het ook gelei tot die afskaffing van kursusse by

opleidingsinstansies.

Ontleding van beperkinge en maatreëls wat beplan word om dit te oorkom

Dit is moeilik om presiese getalle graad R-leerders te bepaal omdat baie van die gemeenskapsentra in afgeleë landelike

gebiede of in informele nedersettings geleë is waar kommunikasie ‘n kritieke uitdaging is. Kits- en Jaarlikse Opnamevorms

word nie terugbesorg nie.

OBOS-amptenare is oorlaai en nie in staat om die leerplekke gereeld te besoek om te verseker dat gehalteprogramme

aangebied word nie. Baie van die take van monitering en steun is veronderstel om deur Kringbestuurders en

Administratiewe Beamptes gelewer te word, maar daar is beperkte kapasiteit in hierdie pillare.

Hierdie kwessies geniet deurlopende aandag om die doeltreffendheid en bevoegdheid van die VKO-sektor te verseker.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!