03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Skoolsakebestuurskursus

Om administratiewe personeel by alle skole in die Wes-Kaap toe te rus met die nodige vaardighede wat hulle in staat

sal stel om die operasionele sy van die skool en hulpbronne vir ‘n veilige leeromgewing doeltreffend en bevoegd te

administreer en bestuur en sodoende prinsipale en opvoeders in staat te stel om op onderrig en

kurrikulumontwikkeling te fokus, is die WKOD in die proses om ‘n sertifikaatkursus in Skoolsakebestuur op NKR Vlak

4 te ontwikkel. Hierdie kursus is ’n vennootskap tussen die WKOD, Manchester Universiteit (MMU), die Nasionale

Kollege vir Skoolleierskap (NKS), die Instituut van Administratiewe Bestuur (IAB) en SABISA/ISASA (die

Onafhanklikeskole-vereniging van Suid-Afrika).

Gedurende ‘n besoek van die LUR vir Onderwys in die Wes-Kaap aan die VK, was dit duidelik dat dit vir SA nodig is

om soortgelyke kwessies aan te pak wat die VK onlangs aangepak het met die instelling van

skoolbestuursprogramme. Dit het kwessies aangepak wat soortgelyk is aan die SA-konteks, waar prinsipale en

opvoeders daarvan weerhou word om op hul kerndoel te fokus vanweë die toenemende vlakke van

bestuursadministrasie, gebrekkige aanspreeklikheid en verantwoordelikheidsdissiplines binne die skool. Dit was

duidelik dat die bevoegdheidsbasis nie in pas was met die verhoogde eise van skole nie. Die breë benadering tot die

hantering van hierdie kwessies om die VK-Skoolsakeprogram te verfyn en aan te pas is om die opleiers op te lei via

die vennootskap met die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en die VK-vennote en dan ‘n sertifikaatprogram vir

die administratiewe personeel van alle skole te loods. Die sertifikaatprogram sal voldoen aan die SAKO se

akkreditasiestandaarde. Hierdie kursus sal opgevolg word deur ‘n diploma en later die graadkursus wat deur die

HOI’s (bv. UWK) aangebied sal word. Die sertifikaatkursus sal deur die VOO-kolleges in die Wes-Kaap aangebied

word.

Die intensie is ook om, indien die data en bewyse met die VK-ervaring korreleer, ‘n voorlegging aan die nasionale

regering te maak om die program nasionaal aan te bied. ’n Oorbruggingskursus sal geïnkorporeer word nadat

assessering van die kandidate sodanige behoefte aangedui het.

Die intensie is om in 2007 die grondslag te lê deur die vaardigheidsbasis van die verskillende rolspelers te verbreed

om ‘n aansienlike verandering regoor die stelsel teweeg te bring. In die 2007/08-finansiële jaar sal die klem op basies

opleiding en materiaalontwikkeling val. Die aantal plekke vir die loodsprojek sal nie 200 oorskry en nie minder as 150

wees nie. Dit is om, enersyds, die hanteerbaarheid daarvan te verseker en, andersyds, te verseker dat daar

genoegsame werklike data is om toekomstige planne op te baseer. Die kandidate sal ‘n deursnit van alle areas en

van die onafhanklikeskole-sektor verteenwoordig.

• Leerder- en onderwyserondersteuningsmateriaal (LOOM)

Die WKOD is verantwoordelik vir die verkryging van LOOM vir alle nie-Artikel 21-skole en het ‘n tweejaarkontrak met

verskaffers in plek gestel vir hierdie doel. Ingevolge die huidige kontrak is 119 verskaffers geregistreer om LOOM aan

die 516 nie-Artikel 21-skole te lewer. Die Departement se doel is om 100% van die LOOM wat deur nie-Artikel 21-skole

bestel is voor die begin van die skooljaar te verkry en af te lewer. Die bereiking van hierdie doel hang af van die

beskikbaarheid van die LOOM.

Artikel 21-skole ontvang die fondse van die departement en is verantwoordelik vir die aankoop van LOOM volgens die

lys verskaffers wat deur die departement voorsien word.

Alle skole moet hulle onderwerp aan die Voorkeurverskaffingsbeleid van die provinsie wat betref die besteding van hul

N&S-toekennings vir handboeke en ander boeke. Vir hierdie doel is daar twee lyste verskaffers. Die eerste lys (die

voorkeurlys) verteenwoordig daardie verskaffers wat voorkeur moet kry. Hulle is die sogenaamde histories benadeelde

individue (HBI’s) en klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO). Skole moet handboeke en ander boeke tot die

waarde van minstens 70% van hul N&S-toekenning aankoop van die verskaffers op die eerste lys. Handboeke en

ander boeke vir die balans (30% van die toekenning vir handboeke en ander boeke) kan van die verskaffers op die

tweede lys aangekoop word. Die jongste lyste word aan skole voorsien via omsendbriewe.

• Leerdervervoer

Dit is nie altyd moontlik om skole binne ‘n radius van 5km van elke leerder te bou nie. Om dit vir hierdie leerders

moontlik te maak om hul naaste geskikte skool te bereik, het die departement bepaalde maatreëls in plek gestel. Dit

sluit in die voorsiening van ’n leerdervervoerskema of die betaling van óf ‘n losiesbeurs óf ‘n vervoerbeurs aan

behoeftige leerders om te verseker dat hulle die skool kan bereik. Losies in hostelle kan ook oorweeg word alhoewel dit

problematies kan wees (hoë koste, leerders kan nie naweke huis toe gaan nie, ens.)

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 40

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!