03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die volgende maatreëls is geneem om die integriteit van die data te verseker wat ‘n effektiewe bateregister ondersteun

wat voldoen aan boekhoudingstandaarde en ‘n doeltreffende en akkurate rekonsiliasie van inligting verseker.

(a) ’n voorraadopname word minstens een keer per jaar deur die Department onderneem, soos voorgeskryf deur

Tesourie-regulasies

(b) ‘n sesmaandelikse voorraadopname word in die vooruitsig gestel in die lig van die volume van die items

(c) inventarisse word afgeteken deur die verantwoordelike amptenare en dan gesertifiseer deur Kostesentrumbestuurders

(d) omsendbriewe word uitgereik in ooreenstemming met Hoofstuk 10 van Tesourie-regulasies

(e) verkrygingsprosedures vir bates word uiteengesit in die Rekenkundige Amptenaar-stelsel

(f) ‘n rekonsiliasie van aankope op LOGIS en die besteding op BAS word maandeliks gedoen

(g) die bateregister bevat al die inligting wat ingevolge Tesourie-regulasies vereis word

Die meganismes wat geïmplementeer is om te verseker dat ‘n doeltreffende stelsel van identifisering, beveiliging,

monitering en rekordhouding van roerende bates is plek is, is as volg:

(a) alle bates is met ‘n staafkode, “RSA” gemerk en op inventarisse geregistreer

(b) alle bates is in die register vir roerende eiendom geïdentifiseer in al die batekategorieë aangedui deur Tesourie en

is unieke nommers (staafkodes) toegeken

(c) kostesentrumbestuurders is verantwoordelik vir die beveiliging van hul bates

(d) alle roerende eiendom is registreer op ‘n inventaris per kostesentrum en plek. Inventarisse word as korrek

gesertifiseer deur die Kostesentrumbestuurders. Die inventaris word dan by elke plek op ‘n opsigtelike plek

geplaas.

Skole

Daar is besluit om oordragbetalings na skole te maak ingevolge bestaande Tesourieriglyne sodat skole hul eie

toerusting van gekontrakteerde verskaffers kan aankoop. Alle aankope van skole is van die LOGIS-Bateregister

verwyder ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet Nr. 84 van 1996), aangesien dit as inventaris-items van

die skool beskou word. Skole sal derhalwe in hul jaarlikse finansiële state oor hierdie inventaris-items verslag doen.

Die LOGIS-Bateregister reflekteer slegs die inventarisse vir die Hoofkantoor van die WKOD sowel as die OBOS’e en

hul onderskeie dienspunte.

• Planne rakende roerende bates, soos motorvoertuie

Die voorsiening, onttrekking en vervanging van ou en/of beskadigde staatsmotors (GG)-motorvoertuie word bestuur

deur die Provinsiale Departement van Vervoer (Staatsmotorvervoer). Hulle sien ook om na die lisensiëring, onderhoud

en brandstofvoorsiening ten opsigte van die voertuie, sowel as die byhou van ‘n bateregister op die Fleetman-stelsel.

Hulle formuleer ook provinsiale beleid ten opsigte van die gebruik van staatsmotorvervoer.

Die WKOD verseker dat die provinsiale beleid nagekom word. Dit hou ook ’n register by van voertuie in die WKOD se

besit , moniteer voertuiggebruik deur middel van logvelle en verseker dat die voertuie padwaardig is en behoorlik

onderhou word.

Die teenswoordige vloot, aangevul deur die voorsiening van gesubsidieerde voertuie aan kwalifiserende amptenare, is

voldoende vir die huidige behoeftes van die WKOD. Die voorsiening van gesubsidieerde voertuie is ingetrek ingevolge

Omsendbrief Nr. 179/2003 gedateer 10 September 2003, omdat bevind is dat dit duurder is as amptelike vervoer.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 78

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!