03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Projek het tot dusver uitgebreide raadpleging op hoofkantoor- en distriksvlak behels, met verteenwoordigers van ‘n

aantal belangegroepe, insluitend die hoof uitvoerende beamptes (HUB’s) van VOO-kolleges, sowel as skoolprinsipale,

opvoeders, leerders, SBL-Forums en georganiseerde arbeid betrokke by die departement.

Ingevolge die voorgestelde nuwe organisatoriese struktuur, sal die hoofkantoor onderverdeel word in vier vertakkinge,

naamlik Strategie en Beplanning, Kurrikulumbestuur, Institusionele Ontwikkeling en Koördinering en Korporatiewe Dienste.

Ten einde bestuurs- en ontwikkelingsteun nader na skole te bring, sal die huidige 7 distrikskantore 8 word en sal daar 49

Kringspanne wees. Die voorgestelde nuwe makro-organogram van die Departement word in Skedule 1 gereflekteer.

2. Diensbillikheidsplan (DB-Plan)

Die huidige 5-jaar-Diensbillikheidsplan van die WKOD nader tans die einde van sy termyn. Ten spyte van baie hindernisse,

is daar bestendige vordering met die DB-plan en die verteenwoordigende DB-forum het hul toesighoudende

verantwoordelikheid nagekom. Die WKOD het voldoen aan al die voorskrifte van die Wet op Diensbillikheid en het die

jaarlikse DB-verslag aan die Departement van Arbeid gestuur, soos vereis word. Die WKOD het ook ’n beleidsriglyn vir DB

in onderwysinrigtings uitgereik en dit het tot opmerklike vordering met veral vroueverteenwoordiging in skoolbestuurspanne

gelei. Die volgende 5-jaar-DB-plan sal aan ’n raadplegende proses onderwerp word vir implementering in September 2007.

3. Diensleweringsverbeteringsplan (DVP)

Die WKOD het sigself gedefinieer as ‘n leerorganisasie met ‘n verbintenis tot uitnemende dienslewering oor die volgende

tien jaar. As ‘n leerorganisasie, sal die WKOD ‘n konstante proses van selfkritiek en hernuwing ondergaan deur te fokus op

organisatoriese doeltreffendheid, die versterking van en fokus op distrikskapasiteit, die versterking van skooleffektiwiteit en

die dryf van steunstrategieë om verskeie aspekte van gehalte-onderwys in skole aan te pak.

Goeie vordering is gemaak met die ontwikkeling van ‘n omvattende DVP. ‘n Diensleweringshandves is ontwikkel en

goedgekeur. ‘n Implementeringsplan met tydskale is ontwikkel en dit word beoog om die DVP aan die begin van die

2007/08-finansiële jaar te implementeer. Diensstandaarde per direktoraat sal vroeg in 2007 ontwikkel word, en ‘n intensiewe

steunwerwingsveldtog sal geloods word om algemene inkoop en bewustheid te verseker. Monitering- en evalueringstelsels,

insluitend ‘n klagtemeganisme onder bestuur van die Direktoraat: Gehalteversekering word tans vir implementering

ontwikkel.

4. Menslikehulpbronplan (MHP)

Alhoewel die konsep-MH-Plan vir die WKOD vir ‘n verlengde periode in ontwikkelingsfase is, is verskeie beleide, strategieë

en instruksies rakende kwessies soos DB, werwing, MH-ontwikkeling, Prestasiebestuur en beplanning in plek ten einde

effektiewe en volhoubare MH-bestuur te verseker. Die Departement van Openbare Diens en Administrasie (DODA) het

onlangs ‘n raamwerk vir MH-beplanning ontwikkel wat as templaat sal dien vir alle regeringsdepartemente om eenvormigheid

ten opsigte van MH-beplanning in die Staatsdiens te verseker. Bestaande MH-beplanningsbeleid sal vergelyk en verder

ontwikkel word tot ‘n omvattende MH-plan vir die WKOD, binne die nuutontwikkelde raamwerkformaat. Dit word voorsien dat

die konsep- amptelike MH-Plan vir die WKOD aan die begin van die 2007/08-finansiële jaar aan bestuur voorgelê sal word.

5. Werknemerswelsynplan (WWP)

Die WKOD het in 2004 aan die voorpunt gestaan van die instelling van ‘n WW-Plan. Die WW-Plan is gaandeweg verder

ontwikkel en uitgebreide steunwerwing gedoen. Die benuttingsyfer is tans op ‘n vlak wat verwagtinge oorskry. Gereelde

terugvoervergaderings word met die diensverskaffer gehou en statistiek en neigings is ontleed en met internasionale

teikenstandaarde vergelyk. Goeie vordering is ook gemaak met die omvorming van die WW-Plan tot ‘n meer omvattende

Werknemersgesondheid- en welsynplan, in lyn met provinsiale, nasionale en internasionale verwikkelings, om ‘n meer

omvattende diens aan sy werknemers te bied. Verskeie suksesvolle opedae is by die hoofkantoor asook by sommige

OBOS’e gehou.

6. Werkplekvaardigheidsplan (WVPlan)

Gegee die grootte van die WKOD, is daar konstant toenemende aandrang op doeltreffende en bekwame dienslewering

terwyl die indiensontwikkeling van opvoeders in antwoord op nuwe en snelle ontwikkelings in onderwys, kennisbestuur en

metodologie kritiek is.

Die verteenwoordigende Departementele Opleidingskomitee (DOK) van die WKOD bevestig konstant sy ernstige verbintenis

tot volhoubare, aanspreeklike, effektiewe en billike vaardigheidsontwikkeling soos beoog in die Wet op

Vaardigheidsontwikkeling en verwante wetgewing en beleid. Die WVP vir 2006/07 en die Jaarlikse Opleidingsverslag vir

2005/06 is behoorlik onderteken en by die Onderwys-, Opleiding- en Ontwikkelingspraktyke (OOOP) SETA ingedien, soos

vereis. Die DOK het ’n proses van stapel gestuur om ’n WVP vir die MTBR-periode daar te stel om verhoogde

doeltreffendheid en volhoubaarheid van vaardigheidsontwikkeling en opleiding oor die medium termyn te verseker.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!