03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die huidige beleid van die WKOD is om graad 1- tot 12-leerders wat verder as 5 km van hul naaste skool af woon te

vervoer. Die administratiewe implikasie is dat die WKOD die administrasie van ± 490 leerdervervoerroetes hanteer

waardeur ± 47 000 leerders daagliks na hul skole vervoer word.

‘n Leerdervervoerskema sal nie vir minder as 10 leerders op ‘n spesifieke roete ingestel word nie en/of binne ‘n radius

van 5km van ‘n leerder se huis nie, maar afwykings kan onder buitengewone omstandigheide plaasvind, bv. vir fisies

gestremde leerders wat hoofstroomskole bywoon. Die leerdervervoebeleid word tans hersien.

• e-Onderwys

Die nasionale Witskrif op e-Onderwys maak voorsiening vir ‘n aantal strategiese mikpunte, nl. Professionele

ontwikkeling, IKT-infrastruktuur, hulpbroninhoud in elektroniese formaat, konnektiwiteit, gemeenskapsbetrokkenheid en

navorsing en ontwikkeling. Daar word aan al die doelwitte aandag geskenk deur middel van verskillende bestaande

WKOD-projekte, insluitend die Khanya-projek, die Skolekonnektiwiteit-projek en die Kurrikulum-webtuiste.

In die 200708 – 2009/10 MTBR-periode sal die Khanya-projek die oorblywende openbare skole met minstens een

rekenaarfasiliteit toerus, die meerderheid opvoeders in die provinsie sou basiese IKT-opleiding ontvang het,

konnektiwiteit sal na al die skole uitgebrei wees via ‘n hoëbandwydte-Internet-verbinding en addisionele elektroniese

hulpbronne sal beskikbaar gestel word (óf via die WKOD se Kurrikulumwebtuiste óf via die nasionale Thutong

Onderwysportaal).

• Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSVP)

Die verantwoordelikheid vir die bestuur van die NSVP is op 1 April 2004 van die provinsiale Departement van

Gesondheid na die Departement van Onderwys oorgedra. Op daardie tydstip is 145 596 leerders in graad R tot 7 in

ongeveer 659 geteikende primêre skole in die provinsie gevoed.

Sedertdien is die armste spesiale en sekondêre skole ook in die NSVP ingesluit en tans word ongeveer 203 600

leerders in 993 geteikende primêre, spesiale en sekonêre skole gevoed.

Gedurende die tyd toe die program oorgedra is, was slegs een ongekookte opsie op elke voedingsdag beskikbaar.

Sedert Januarie 2006 is gekookte opsies suksesvol geloods by 44 primêre skole in die sewe OBOS’e. Hierdie

spyskaartopsies is stelselmatig na ander geteikende skole uitgebrei en die verwagting is dat alle geteikende skole teen

Maart 2007 die geleentheid gebied sou gewees het om gekookte maaltye te bedien.

Die NSVP het alle geteikende skole in staat gestel om kombuistoerusting te koop ten einde gekookte maaltye voor te

berei. Baie geteikende skole het nie toereikende voedselvoorbereidingsareas nie en die NSVP het 85 geteikende skole

in staat gestel om duursame en veilige voorafvervaardigde mobiele eenhede op te rig.

Alle befondste personeelvakatures is gevul, alhoewel nie al die poste op die diensstaat befonds kon word nie. Dit was

nie moontlik om ‘n Skakelbeamptepos by elke OBOS in die metropolitaanse gebiede te befonds nie.

Moniteringsapparaat, inligtingsboekies en riglyne is na alle geteikende skole versprei. By meer as 90% van die

geteikende skole is vrywilligers verantwoordelik vir die voorbereiding van maaltye en in sommige gevalle is die betrokke

opvoeders opgelei in die gebruik van gastoerusting, voedselveiligheid en die berging van voedsel.

Die maandelikse honorarium betaalbaar aan vrywilligers en die totale aantal vrywilligers is verhoog tot 400% en 241%,

respektiewelik.

213 geteikende skole het tans voedseltuine. Werkwinkels wat onderwerpe soos die vestiging van ‘n voedseltuin en die

voorbereiding van kompos gedek het, is in verskillende OBOS’e in die landelike en nodale gebiede aangebied.

Opvoeders, leerders en ouers het hierdie werkswinkels bygewoon.

Doeltreffende netwerke met betrekking tot voeding en omgewingsgesondheid en die ontwikkeling van voedseltuine is

onderskeidelik met die Departement van Gesondheid en die Departement van Landbou gevestig.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!