03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Verdere uitbreiding van graad R met 6 000 leerders in ongeveer 200 nuwe leeromgewings, insluitend die toekenning

van die verhoogde subsidieformule aan meer leeromgewings in arm en landelike gemeenskappe, die voorsiening van

nuwe onderrig- en leerstelle wat leerders sal help om aan die vereistes van die nuwe nasionale kurrikulum te voldoen,

die voorsiening van 900 leerderskappe vir vroeëkinderontwikkeling (VKO)-opvoeders en die ontwikkeling van ‘n

geïntegreerde benadering tot VKO met ons susterdepartemente, maatskaplike ontwikkeling, gesondheid en plaaslike

regering.

• Voortgesette implementering van die NKV, veral met betrekking tot die VOO-band asook die oorblywende jaar van die

algemene onderwys en opleidingsband, en voorbereiding vir die implementering van die NKV in graad 12 in 2008.

• Die implementering van die Leerderprestasiestrategie (LPS) soos per instruksie van die (nasionale) Minister van

Onderwys en die Premier, en die verlaging van die aantal skole met ‘n slaagpersentasie van minder as 60% in die

Senior Sertifikaat-eksamens.

• Die professionele ontwikkeling van 660 prinsipale en onderwysers (versnelde onderwyserontwikkeling (VOO) en

Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO)) met 160 prinsipale vir die eerste jaar van ‘n tweejarige VOO

ingeskryf en minstens 500 onderwysers vir ander kursusse ingeskryf.

• Die installering van rekenaarlaboratoriums in ‘n verdere 200 skole as deel van die Khanya Tegnologie in Onderwysprojek.

Prestasiemaatreëls gebruik te word:

►PM001: Persentasie kinders van verpligte skoolgaande ouderdom wat skool bywoon.

►PM002: Persentasie jeugdiges bo skoolgaande ouderdom wat skole en ander opvoedkundige inrigtings bywoon.

►PM004: Jare insette per verdere onderwys- en opleidingskollege (VOOK)-afgestudeerde.

►PM005: Gemiddelde hoogste skoolgraad deur volwassenes in die bevolking bereik.

►PM006: Volwassenegeletterdheidsyfer.

►PM212: Die prestasiesyfer van die mins bevoordeelde skole tot die mees bevoordeelde skole met betrekking tot gr 3.

►PM213: Herhaalsyfer in graad 1 tot 7.

►PM214: Persentasie leerders in graad 3 wat aanvaarbare uitkomstes in gesyferdheid en geletterdheid bereik.

►PM215: Persentasie leerders in graad 6 wat aanvaarbare uitkomstes in wiskunde, geletterdheid en natuur- en skeikunde

bereik.

►PM217: Die prestasiesyfer van die mins bevoordeelde skole tot die mees bevoordeelde skole met betrekking tot die

graad 12-slaagsyfer.

►PM218: Herhaalsyfer in graad 8 tot 12.

►PM219: Slaagsyfer in graad 12-eksamens.

►PM221: Persentasie leerders in graad 9 wat aanvaarbare onderwysuitkomstes in alle leerareas bereik.

►PM301: Persentasie befondste onafhanklike skole wat vir moniteringsdoeleindes besoek is.

►PM701: Persentasie leerders in openbaar befondste graad R.

►PPM806: Persentasie skole wat VOO aanbied waar minstens een rekenaarfasiliteit as deel van die Khanya Tegnologie in

Onderwys-projek voorsien is.

4. Uitbreiding van vaardigheids- en kwalifikasiebasis deur die steun van die Mikro-ekonomiese

Ontwikkelingstategie (MEOS):

Benewens die strewe om meer matrikulasie-endossemente (en dus potensieel groter getalle toegang tot die

hoëronderwyssektor) te bied, moet die onderwysstelsel ook jong mense in staat stel om beroeps- (loopbaan-) en tegniese

vaardighede te verwerf deur ‘n verskeidenheid inrigtings soos vaardigheidskole, inrigtings vir basiese volwassene-onderwys

en –opleiding (BVOO’s), VOO-kolleges en Universiteite van Tegnologie. Dit beteken dat werkgewers die bevindinge van die

MEOS-navorsing tot voordeel van hul menslikehulpbronontwikkelingsplanne moet gebruik en die verskillende Sektor

Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO’s) moet benut om die ontwikkeling van spesifieke vaardighede vir toekomstige

ekonomiese groeisektore in die provinsie te bevorder.

Hierdie sleutelpillaar word verder geïnformeer deur maatreëls wat in die VSBGI-SA geïdentifiseer is om die

vaardigheidsuitdagings in die onderwyssfeer, wat die volgende insluit, die hoof te bied –

• Die GVO-OOP gerig op die bereiking van hoë geletterdheid- en gesyferdheidsvlakke in die laagste grade;

• Die Wiskunde- en Wetenskap (Dinaledi)-program om hoërskoolgegradueerdes wat wiskunde en wetenskap aanbied

teen 2008 te verdubbel;

• ‘n Opgegradeerde loopbaanvoorligtingsprogram;

• ‘n Aansienlike opgradering van VOO-kolleges; en

• Die verbetering van die BVOO-program.

Sleutelprioriteite vir die departement in die periode 2007/08 – 2009/10 sluit in -

• Die voortgesette herkapitalisering van al 6 VOO-kolleges, met spesiale fokus op die uitbreiding van die Weskuskollegefasiliteit,

om vaardigheidsontwikkeling, in lyn met die MEOS en nasionale behoeftes soos uiteengesit deur die

nasionale menslikehulpbronstrategie, te verseker.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!