03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Meesterstelselsplan (MSP)

Met die MSP en die toegestane begroting as oorwegings, is baie van die toerusting wat buite die 3jaar-waarborgperiode

geval en dus duur geword om te onderhou, vervang. Desnieteenstaande het die WKOD deur sorgvuldige

gebruik van sy hulpbronne daarin geslaag om die gebruik van die meeste van die toerusting vir tot 5 jaar te behou.

Daar is ook voorsiening gemaak vir bykomende toerusting vir nuwe personeellede.

‘n Nuwe MSP word ontwikkel met behulp van die Hoofdirektoraat: e-Innovering (in die Departement van die Premier) en

die Staats-IT-Agentskap (SITA). Hierdie MSP sal voorsiening maak vir die ontwikkeling van nuwe stelsels om

onderwysvoorsiening in die provinsie te ondersteun, sowel as toerusting te vervang of aan te vul

• Skole se Konnektiwiteitsprojek (Telekommunikasieprojek)

97,8% van die openbare skole in die Wes-Kaap is aan die Internet gekoppel en het ‘n geldige e-posadres. Dit beteken

dat die WKOD in teorie elektronies met hierdie skole kan kommunikeer. In die praktyk, egter, en ongeag die feit dat alle

skole ’n subsidie ontvang, laat sommige van hierdie skole na om hul ISP-subskripsies of Telkom-rekeninge te betaal en

word hul dienste opgeskort. Van die ander is 2,2% (wat 30 skole verteenwoordig) in ondergedienste gebiede en nie

ingesluit in Telkom se uitrolplanne nie. Hieraan sal in die 2007/08-finansiële jaar aandag geskenk word wanneer ander

konnektiwiteitsopsies deur die selfoon of verskaffers van koordlose stelsels ondersoek sal word.

‘n Nasionale onderwysnetwerk (EduNet) wat deur middel van hoë bandwydte gratis konnektiwiteit aan openbare

onderwysinrigtings kan lewer, word beplan as deel van die nasionale Witskrif op e-Onderwys. Gesprekvoering met ‘n

aantal rolespelers (insluitend SITA, die DvO en die Meraka Instituut by die CSIR) is in ‘n gevorderde stadium.

• Kommunikasie

Effektiewe kommunikasie speel ‘n sleutelrol om te verseker dat die WKOD sy strategiese doelwitte bereik. Die

departement moet verseker dat sy kommunikasiefunksies goed gekoördineer word, effektief bestuur word en aan

uiteenlopende behoeftes beantwoord.

Die WKOD moet sy kapasiteit om effektief op alle vlakke te kommunikeer, insluitende sy kapasiteit vir korporatiewe

kommunikasie, handhaaf en verbeter. Korporatiewe kommunikasiefunksies sluit in mediaskakeling, uitvoerende steun,

publikasies, die WKOD-webtuiste, steun met geleentheidsbestuur, handelsmerkbestuur, advertering en kliëntediens.

• Verskaffersketting-bestuur

Artikel 217 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996) maak voorsiening daarvoor

dat wanneer ‘n staatsorgaan in die nasionele, provinsiale of plaaslike regeringsfeer, of enige ander instelling

geïdentifiseer in die nasionale wetgewing, kontrakte vir goedere en dienste uitbring, dit so gedoen moet word dat dit

billik, deursigtig, mededingend en koste-effektief is.

Die WKOD het die volgende maatreëls in plek om gereeld sy huidige Rekenkundige beamptestelsel te opdateer om dit

in lyn te bring met die huidige Nasionale Tesourie-instruksies, en om te verseker dat dit in die departement toegepas

word -

• Die WKOD se Rekenkundigebeampte-stelsel word opdateer wanneer omstandighede dui op die noodsaak om sy

bepalings te hersien. Dit is veral so wanneer nuwe instruksies, in die vorm van Tesourie-instruksies of Praktyknotas

vir verskaffersketting-bestuur wat deur die Nasionale en Provinsiale Tesourie uitgereik word.

• Die wysigings tot die Rekenkundigebeampte-stelsel word by die Departementele Bodkomitee vir aanbeveling

ingedien voordat dit aan die Rekenkundige Beampte vir goedkeuring voorgelê word.

• Verskaffersketting-bestuursfunksionarisse en die Senior Bestuur word ingelig oor die wysigings om te verseker dat

aan voorskrifte voldoen word.

• Ouditverslag

Die Ouditeur-Generaal kon nie vir die 2005/06-finansiële jaar ‘n opinie uitspreek oor die finansiële state nie vanweë

sekere kwessies. Daar was ook ander kwessies wat in die verloop van die ouditproses deur die Ouditeur-Generaal

(OG) geïdentifiseer is. Die kwessies hieronder is egter die mees kritieke aangesien die OG bevind het dat die aard

daarvan beduidend genoeg was om nie daaroor ‘n opinie uit te spreek nie. (Afstand) –

• Kompensasie van werknemers

• Staatsbehuisingswaarborge

• Bepaling van die akkuraatheid van departementele besteding

• Ondersteunende dokumentasie vir afwagrekeninge.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!