03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7. Monitering en evaluering

Die WKOD sal voortgaan om die prosesse en gereedskap wat bedoel is om die gehalte van onderwys in die provinsie te

verbeter, versterk. Deur die Direktoraat: Gehalteversekering, koördineer die WKOD al die bestaande

aanspreeklikheidstelsels, en het dit stelsels gevestig waar dit ontbreek het. In ooreenstemming met die regering se

toenemende fokus op resultate en impak, is monitering- en evalueringstelsels op alle vlakke van die organisasie gevestig.

Dit sluit in die verbeterde monitering en evaluering van projekte en intervensies – om hul impak en waarde te bepaal.

Prestasie-evalueringstelsels (op individuele vlak) word versterk deur die groter gebruik van standaarde gekoppel aan

werkplanne. Die kongruensie tussen individuele planne en strategiese doelwitte kry ook toenemend aandag. Van elke skool

word verwag om ’n Skoolverbeteringsplan (SVP) te ontwikkel.

Monitering en evaluering, met ‘n fokus op bewyse, resultate en impak sal oor die volgende drie jaar gekonsolideer en verdiep

word.

Gedurende 2006 het die eksterne Heelskoolevaluering (HSE) ‘n positiewe uitwerking gehad op al die skole wat geëvalueer

is. In elke daaropvolgende jaar sal die HSE-program uitgebrei word ten einde al die skole binne die kortste moontlike tyd te

bereik.

Organisatoriese monitering en evaluering, insluitend die verifiëring van data, sal daarna streef om die impak van intervensies

te bepaal.

A.3 Prestasies tot hede

1. Steunwerwing vir die MKOS

Sedert die goedkeuring van die MKOS in November 2005 en die daaropvolgende loodsing in Maart 2006, is afskrifte van die

dokument gedruk en aan verskeie onderwys- en ander belanghebbende groeperinge gestuur, veral aan skole en potensiële

ontwikkelingsvennote in die privaatsektor. Bykomende steunwerwingsmateriaal vir skole, ‘n pamflet wat ‘n beroep doen op

menslike agentskap op skoolvlak, is versprei. Dit is aan alle skole versprei, vir elke opvoeder en nie-opvoederpersoneellid,

in elk van die drie amptelike tale.

2. Verdere Ontwikkeling, Verfyning en Belyning van die MKOS

Die ontwikkeling van ‘n reeks posisie- en besprekingsdokumente (altesaam 27) wat die verdere ontwikkeling van die MKOS

in die provinsie sal rig, is in finale stadium. Sleutelaanbevelings in hierdie dokumente behels die noodsaak om strategiese

prioriteite te hersien in lyn met die PGOS om te verseker dat die behoeftes aan vaardigheidsontwikkeling oor die kort en

medium termyn deur die VOO-sektor geprioritiseer word, dat die begrip van kernaanwysers vir gehalte-onderwys onder die

loep geneem en dan geprioritiseer word, en dat die leerplatform van die WKOD erkenning geniet vir die sleutelrol wat dit

speel in die daarstelling van ‘n basis vir verdere leer.

‘n Konsep- strategiedokument vir skaars vaardighede is ontwikkel in lyn met die PGOS se tweedegenerasie-strategieë.

Kommentaar oor die PGOS is by die Departement van die Premier ingedien, en die projekspan sal voortgaan om hierdie

besprekingsdokumente op die PGOS te baseer as die grondslag vir groei en ontwikkeling in die provinsie.

Daar word tans gewerk aan ‘n geïntegreerde bestuursplan en ‘n operasionele raamwerk vir die MKOS, gebaseer op die vier

sleutelpillare en prioriteitsgebiede vir intervensie gebaseer op die PGOS, VGGI-SA, die nasionale strategiese plan van die

Departement van Onderwys, die doelwitte van Onderwys vir Almal en die Millenniumontwikkelingsdoelwitte. Binne hierdie

raamwerk sal aanbevelings vir geïntegreerde beplanningsprosesse, rapportering oor vordering en voortdurende verfyning

van die doelwitte en operasionele planne van Hoofkantoor en die OBOS’e voorgestel word.

3. Implementering van die MKOS

Die MKOS is vir die afgelope minstens 36 maande in ’n staat van implementering. Die volgende kan, onder andere, uitgelig

word:

3.1 Omstandighede vir onderwys

a) Bouplanne vir die 12 fokusskole is goedgekeur, en bouwerk aan agt skole het ‘n aanvang geneem. Infrastruktuur,

opgradering en opknapping van alle fokusskole vind tans plaas.

b) ‘n Bestuurspan vir die GVO-OOP is aangewys, en dit in sal in 2007 die koers en doeltreffendheid van die lewering van

dienste en hulpbronne na skole in benadeelde areas bevorder en bydra tot die verbeterde bestuur van skole se

hulpbronne.

c) Nuwe LOOM-lyste is aan alle skole voorsien om die verbeterde bestelling, verkryging en lewering van LOOM aan skole

in die 2007-skooljaar te fasiliteer. Verkryging van dienste by Hoofkantoor bly ’n probleem.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!