03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die JPP is 'n stap vorentoe om ons Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie prakties uit te voer. Ons moet seker maak dat

elke skool ondersteun is om die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) aan te bied en ons moet ook seker maak dat ons

gehalteonderwys vir almal lewer. Teikens moet gestel en bereik word. Indien teikens nie kwantifiseerbaar is nie en hulle nie

getel kan word nie, is dit nie die moeite werd om hulle na te streef nie.

CAMERON DUGMORE

LUR VIR ONDERWYS

31 Maart 2007

VOORWOORD DEUR VERANTWOORDELIKE AMPTENAAR

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het die Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie (MKOS) van die Wes-Kaap in

Maart 2006 van stapel gestuur.

Die MKOS is ‘n hoeksteen van die iKapa Elihlumayo-strategie, die Wes-Kaap se strategie vir groei en ontwikkeling en

voorsien die vertrekpunt vir al ons onderwysbeplanning.

Die strategie het 'n kritieke fase bereik waar ons die tweede jaar van implementering binnegaan. Die eerste fase van die

MKOS was om die WKOD te herontwerp om seker te maak dat ons die kapasiteit het om ons oogmerke te bereik, deur

gebruik te maak van al die hulpbronne tot ons beskikking.

Die Kabinet het die nuwe makrostruktuur vir die WKOD op 13 Februarie 2007 goedgekeur. Ons het die finansiële jaar begin

deur na die fyner besonderhede te kyk – die mikrostrukture – wat vereis word om effektiewe ondersteuning op elke vlak te

verseker.

Terwyl ons met die kwessies rondom herontwerp stoei, moet ons ook ons aandag baie steng bepaal by dienslewering. In sy

voorwoord het ons LUR ses areas uitgewys wat spesiale aandag gedurende die 2007/08 finansiële jaar moet kry.

2007/08 sal veral 'n uitdagende jaar vir die WKOD wees wanneer ons die ontwerp van die Departement finaliseer en

terselfdertyd hoë onderwysleweringstandaarde verseker.

Ons Jaarlikse Prestasieplan (JPP) voorsien 'n omvattende aksieplan vir onderwys in die provinsie vir 2007/08. Dit sluit in

uitgebreide teikens en prestasiemaatstawwe en weerspieël ons verbintenis tot die bereiking van ons oogmerke.

Hoewel dit uitdagings bied, bied die JPP ook 'n opwindende geleentheid om te toon wat ons kan doen om lewens en ons

samelewing in sy geheel te transformeer. Ons beveel hierdie plan aan by alle belanghebbendes en sien uit daarna om saam

met u te werk in ons strewe om gehalteonderwys aan almal te voorsien.

RON SWARTZ

Hoof van Onderwys in die Wes-Kaap

31 Maart 2007

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!