03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kapasiteitsbou van opvoeders en prinsipale om onderrig- en leerporgramme by skole te ondersteun en bestuur is

kernbelangrik vir die voortgesette verbetering van gehalte-onderwys. Opgradering van die bevoegdheid en professionele

kwalifikasies van onderwysers is kritiek vir onderwys en menslikehulpbronontwikkeling oor die langer termyn. ’n

Onderwyserontwikkelingsprogram is reeds van stapel gestuur. Dit is gerig op die opgradering van die kwalifikasies van

huidige onderwysers om te voldoen aan die vereistes van die nuwe kurrikulum, veral wiskunde, geletterdheid en

lewensoriëntering, sowel as leierskap en bestuursvaardighede van skoolprinsipale.

Die onderwyssektor is ook in lyn gebring met die nasionale prioriteite soos die VSGI-SA VOO-kolleges is ’n

sleutelkomponent in die ooreengekome strategieë in hierdie verband. VOO-kolleges word vernuwe om tegniese en

beroepsprogramme aan te bied ten einde te verseker dat leerders gedifferensieerde onderwysopsies het. Daar word ook

voorsiening gemaak vir die instelling van ’n VOO-beurs- en studenteleningsprogram om toegang vir benadeelde studente tot

beroepsonderwysgeleenthede te verbreed.

Die DvO beplan om ‘n massageletterheidsprogram in 2007/08 te loods om die uitdagings van basiese geletterdheid, sowel ‘n

mensereg as ‘n bydraer tot sosiale kohesie, die hoof te bied. Dit sal gedoen word in vennootskap met

nieregeringsorganisasies, basiese volwasseneonderwys en –opleidingsentra en vrywilligers.

A.2.3 Die organisatoriese uitdagings

Die WKOD, as die grootste werkgewer in die Wes-Kaap Provinsiale Regering, bestaan uit die Provinsiale Ministerie van

Onderwys, met die Lid van die Provinsiale Raad (LUR) verantwoordelik vir Onderwys aan die hoof, ‘n provinsiale

hoofkantoor, distrikskantore en onderwysinrigtings, insluitend openbare gewone en spesiale skole, VOO-kolleges,

volwassene-gemeenskapsleersentra en VKO-leeromgewings.

WKOD-aktiwiteite – omvang en skaal

Leerders * 938 056

Openbare gewone skole ** 1 450

Skole vir leerders met spesiale behoeftes # 67

Inrigtings vir verdere onderwys en opleiding (tegniese kolleges) 6 (39 leer-omgewings)

Gemeenskapsleersentra vir volwassenes 112 (301 leeromgewings)

Gesubsidieerde preprimêre skole 446

Distrikskantore (OBOS’e) 7

Opvoeders (Posvoorsieningsmodel) 30 872

Openbare dienspersoneel (goedgekeurde diensstaat) 8 823

*2006: CEMIS Huidig (13 Oktober 2006) (Grade: Pregraad R tot Post-matriek)

** Inrigtings huidig (Alle openbare gewone skole, graad Pre-Gr R tot Post-matriek)

# Bron – 2006-Kitsopname en 2006-Jaarlikse Skoleopname

1. Organisatoriese herontwerp

Die departement ondergaan tans ‘n ingrypende organisatoriese herontwerp om te verseker dat dit die MKOS kan lewer. Die

doel van die herontwerpproses is om –

• Institusionele kapasiteit te bou ter ondersteuning van iKapa elihlumayo’s se belangrikste strategieë, waarvan die MKOS

die hoofstrategie is;

• Bevorder dienslewering;

• Versnel diensbillikheid; en

• Bereik die beoogde onderwysuitkomstes.

Die Herontwerpprojek word in vier fases geïmplementeer, nl.–

• Fase 1 het die begin van die projek en die beplanning van die herontwerpintervensie behels.

• Fase 2 het, in die lig van die MKOS, die ontleding van die huidige ontwerp van die WKOD behels asook die

identifisering van areas vir verbetering ten einde te verseker dat die departement die doelwitte van die strategie kan

bereik.

• Fase 3 het die eintlike organisatoriese herontwerp behels in lyn met die bevindings van die diepte-ontleding

(ontwikkeling van ‘n nuwe makro- en mikro-organisatoriese struktuur).

• Fase 4 behels die implementering van nuwe makro- en mikro-organisatoriese struktuur wat gedurende die 2007/08finansiële

jaar ‘n aanvang sal neem, en dit sal die vul van poste op ‘n Personeelplan-basis insluit.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!