03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Die ontwikkeling van 660 prinsipale en onderwysers (versnelde onderwyserontwikkeling (VOO) en Nasionale

Professionele Diploma in Onderwys (NPDO)). 160 prinsipale sal vir die eerste jaar van die tweejarige VOO inskryf

en minstens 500 onderwysers sal vir ander kursusse inskryf.

Ontleding van vordering

• Geletterdheid- en Gesyferdheidstrategie

Die versterkte Geletterdheid- en Gesyferdheidstragie is geloods en meer as 100 spesialisadviseurs is opgelei om die

skole wat die swakste presteer te besoek en onderwysers in Grondslagfase-klaskamers te moniteer en ondersteun.

Elke OBOS het ‘n plan ontwikkel om leerderprestasie te verbeter. Hierdie plan is deur die Taakspan vir

Geletterheidheid- en Gesyferdheid gemoniteer en gekoördineer.

Dit bly ‘n uitdaging om die Geletterdheid- en Gesyferdheidstrategie in al die onderpresterende skole te implementeer.

Dit kan slegs oor die verloop van ’n paar jaar gebeur, gegee die hulpbronbeperkinge. Die departement sal verseker dat

al 8 programme van die Strategie oor ’n tyd heen uitgevoer word en leerderprestasie gemonitor word aan die hand van

deurlopende toetsing in graad 3 en graad 6 in alternatiewe jare, met die graad 6-toetsing wat gedurende 2007

plaasvind.

Onderwyserassistentprojek (OAP)

Die 2006-Onderwyserassistent-loodsprojek het gelei tot die aanstelling van 510 onderwyserassistente in 163 skole.

Afhangende van die grootte van die Grondslagfase-klas is tussen 1 en 8 onderwyserassistente aan die geselekteerde

skole toegeken.

Skole binne die nodale sones en benadeelde areas is gekies, veral daardie skole waar daar onderprestasie is in

geletterdheid en gesyferdheid en waar daar nie ‘n korrelasie was tusen die taal van onderrig en die leerders se huistaal

nie. Voorkeur is gegee aan skole met groot klasse in die Grondslagfase en, in die geval van multigraadklasse, daardie

klasse met meer as 30 leerders.

Onderwyserassistente het ‘n seweweekkursus voltooi, wat by alle VOO-kolleges aangebied is. Van die 510

onderwyserassistente wat gekontrakteer was en die seweweekkursus bygewoon het, was die bywoning van die 464

onderwyserassistente tussen 80 – 100% en hulle is in November 2006 sertifikate toegeken.

‘n Eksterne evaluering van die OAP het getoon dat onderwysers in staat was om groepwerk meer effektief te doen met

die hulp van die onderwyserassistent. Stadige leerders het meer aandag gekry en hulle kon goed vorder. Die

onderwysers se moreel het verbeter en meer effektiewe beplanning, klaskamerbestuur en organisasie is in die

Grondslagfase van die loodsskole waargeneem.

Die 100 poste wat vir die OAP toegeken is, is weer in 2007 toegeken. 457 onderwyserassistente is vir ‘n nuwe kontrak

aanbeveel en 52 nuwe onderwyserassistente sal in diens geneem word. Die opleiding van onderwyserassistente sal

geakkrediteer word en ‘n NKR Vlak 5-Opvoedersertifikaat ontvang. Stappe word geneem om die pos van

onderwyserassistent in die onderwyssektor te skep.

VOO-kollegefasiliteerders sal vroeg in 2007 ‘n Assessoropleidingskursus wat deur die SETA befonds word bywoon en

hulle sal daarna in staat wees om die NKR Vlak 5-Opvoedersertifikaatkursus aan te bied. Die WKOD onderhandel tans

met die OOOP SOOO (ETDP SETA) om vanaf 2008 leerderskappe vir onderwyserassistent beskikbaar te maak. Die

konsepdokument oor die OAP sal tot WKOD-beleid ontwikkel word in konsultasie met alle toepaslike rolspelers.

Monitering en evaluering van die projek deur distrikskantore en hoofkantoorpersoneel sowel as eksterne evaluering sal

voortgaan.

• Deelname aan Wiskunde en Wetenskap

40 Dinaledi-skole, deur die DvO genomineeer, en 10 WKOD-wiskunde-, wetenskap- en tegnologie-skole ontvang

geteikende steun in ‘n poging om die deelname- en suksessyfers in Wiskunde en Natuur- en Skeikunde onder leerders

van benadeelde gemeenskappe te verhoog.

Hierdie skole is ‘n addisionele onderwyser vir Wiskunde en/of Natuur- en Skeikunde toegeken om meer gefokusde

aandag op die hoër graad en addisionele leerderondersteuning moontlik te maak. ’n Wetenskap-kundige het elke graad

10-Wetenskaponderwyser besoek en hom/haar bygestaan in die uitvoer van ‘n aantal eksperimente uit die graad 10kurrikulum

en het riglyne verskaf vir die uitvoer van eksperimente in die klas. ’n Video van die eksperimenente word

tans voorberei. Learning Channel-video’s om onderrig en leer in Wiskunde, Engels 1ste Addisionele Taal,

Lewensoriëntering en Natuur- en Skeikunde te ondersteun is aan alle Fokus- en Dinaledi/WWT-skole versprei.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!