Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury
Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury
Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Huidige inskrywingsgetalle vir openbare gewone skole suggereer dat die kommerwekkende situasie wat hierbo beskryf is nie

in die voorsienbare toekoms aansienlik sal verander nie. Die inskrywingsgetalle vir die periode 1999 - 2006 toon dat slegs

50% van leerders wat vir graad 10 inskryf graad 12 bereik (Kyk Figuur 1 hierbo). Die deurvoersyfer in skole korreleer in hoë

mate met ras. (Die deurvoersyfer dui aan hoe suksesvol ‘n leerder gevorder en gegradueer het deur die siklus.

Bevordering-, herhaling- en skoolverlatingsyfers vloei van graad tot graad en is ‘n aanduiding van die

doeltreffendheid/ondoeltreffendheid van die onderwysstelsel in die lewering van afgestudeerdes (Wako, 1988)).

Onlangse studies wat in die Wes-Kaap onderneem is, dui aan dat die rasgebaseerde deurvoer en uitsetsyfers in die

skoolstelsel herlei kan word na die vroeëre jare van die skoolsisteem. Die resultate van lees- en wiskundetoetse wat op

graad 3- en graad 6-vlakke afgeneem is, dui aan dat die oorgrote meerderheid leerders uit laeinkomste-huise twee tot drie

jaar onder die verwagting op die nasionale kurrikulum presteer.

Die formele sektor in die provinsie absorbeer 1,3 miljoen en die informele sektore 144 065 (ruweg 9.4%) van die algehele

provinsiale ekonomie. Die arbeidsmag van 1,5 miljoen is gekonsentreer in landbou (13%), vervaardiging (19%), groot- en

kleinhandel (17.5%), finansiële dienste (11.9%); en neem ‘n totaal van 80% van die arbeidsmag in diens. Van dié wat in

diens is, is die deel van die totale arbeidsmag wat oor ‘n skoolvlak-kwalifikasie beskik, meer as die groep wat oor ‘n vorm

van verdere of hoër onderwys beskik met ‘n verhouding van 77% tot 19%. Die persentasies van diegene wat oor ’n vorm van

verdere of hoër onderwys beskik, is volgens ras as volg: : 7% Afrikaan, 11% Bruin, 34% Asiaties en 49% Wit.

Werkloosheidsyfers word ook aansienlik beïnvloed deur ras. Terwyl 30 uit elke 100 Afrikane nasionaal werk gevind het

gedurende 1995 en 2002, het slegs 3 uit 100 Afrikane wat in die Wes-Kaap woon in hierdie periode werk gekry (SER, 2003).

80% van die 18,9% van die arbeidsmag in die provinsie is jeugdiges. In teenstelling met die nasionale neiging, het tersiêre

werkloosheid gedaal terwyl werkloosheid op die laer onderwysvlakke toegeneem het. Die aanvraag is na kundige en

vaardige individue. Alhoewel die aantal matrikulante en graad 9- tot 11-leerders wat die provinsie se arbeidsmag betree

groei, vergeleke met nasionale syfers (matrikulante maak 28,5% van die totale provinsiale arbeidsmag uit), is die probleem

van werklose jeug akuter as in die res van die land. 40% van die werklose bevolking is tussen die ouderdomme 15 en 24.

Dus, in ‘n ekonomiese omgewing waarin net meer as 1 miljoen mense (in relatiewe terme, een in elke vier persone) in die

Wes-Kaap hulle onder die minimum leefvlak bevind (4,4% van die nasionale bevolking in 2004) en 23,6% van die bevolking

(waarvan die grootste proporsie die jeug is) werkloos bly, word die gehalte van ekonomiese groei en, as sodanig, die

onderwysvlakke ‘n kritieke suksesfaktor om die ontwikkelingspad van die provinsie te verander.

‘n Derde uitdaging vir dienslewering vir die WKOD in die implementering van die MKOS, is die toenemende afwesigheid

onder leerders en opvoeders as gevolg van swak gesondheid, middelmisbruik (spesifiek ‘tik’ in die Wes-Kaap), en ‘n

toenemende voorkoms van geweld in skole, seksuele mishandeling, tienerswangerskap en MIV/VIGS – wat alles aangevuur

word deur armoede en die onbillikhede van die verlede. Ten spyte van ekonomiese voordele, bly die Wes-Kaap die mees

ongelyke en rasverdeelde provinsie. ’n Onvermoë om hierdie onbillikhede en verwante kwessies soos MIV/VIGS en

skoolveiligheid te takel sal voortgaan om die bereiking van MKOS-doelwitte te strem en sal ‘n aansienlike impak hê op die

vermoë van leerders om hul volle potensiaal te bereik. Terwyl hierdie uitdagings toeneem (en die aantal weeskinders en

kwesbare kinders toeneem), word die gehalte van onderrig en leer (en die bereiking van die provinsiale groei en

ontwikkelingsdoelwitte van iKapa elihlumayo, met sy visie van ‘n ‘tuiste vir almal’) toenemend bedreig. Die situasie vereis

dat tradisionele onderrigrolle verander, met ’n toenemende aandrang dat opvoeders as versorgers optree, emosionele steun

vir getraumatiseerde leerders gee, en hulle vanaf ‘n vroeë ouderdom van oorlewingsvaardighede voorsien.

A.2.2 Die nasionale beleidsuitdagings

Effektiewe en betekenisvolle response op ongelykheid en lae vertrouensvlakke in die gehalte van onderwys vereis besliste

aksies deur die regering en onderwys om leerderprestasie en toegang te verbeter. Vir die WKOD is die beleidsuitdaging die

balansering van onderwysprioriteite oor al die diensleweringsplatforms heen: vroeëkinderontwikkeling, algemene onderwys

en opleiding, verdere onderwys en opleiding en basiese volwasseneonderwys en –opleiding. Gegee die konteks van die

Provinsiale Groei en Ontwikkelingstrategie en sy prioritisering van vaardigheidsontwikkeling en die uitbreiding van die VKOsektor,

kan die WKOD in die versoeking kom om sy hulpbrontoekenning slegs op hierdie twee areas te fokus. Dit is egter

krities dat ’n stewige ondersteuningsbasis vir die algemene onderwys- en opleidingsband behou word deur middel van

inisiatiewe soos die geen-skoolgeld-skoolprogram, die onderwyserhulpprogram en die Nasionale Skoolvoedingsprogram

(NSVP).

Huidige inisiatiewe fokus op die uitbreiding van hulpbronne aan skole en verdere onderwys- en opleidingsinstansies, en op

die hantering van institusionele en bestuursuitdagings, naas kurrikulumhervorming.

Die instelling van ‘geen-skoolgeld-skole’ om vir almal toegang tot die skoolstelsel te verseker verteenwoordig belangrike

vordering in hierdie verband, soos wat die geval is met die intensiewe pogings tot gehaltebevordering deur die voorsiening

van hulpbronne, handboeke, lessenaars, water en sanitasie.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 8