03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die deelname en suksessyfers van leerders, veral swart leerders, wat deelneem aan die VOO-band by kolleges sowel as die

aantal VOO-leerders wat kwalifiseer vir hoër onderwys moet soos volg verhoog word -

• Verhoog die aantal leerders tussen 16 - 22 jaar wat by kolleges ingeskryf is

• Verhoog die aantal leerders wat vir volle kwalifikasies ingeskryf is

• Verhoog die aantal leerders wat vir hoëronderwys kwalifiseer

• Bied nuwe programme aan wat beantwoord aan die behoeftes van die ekonomie en evalueer dit

• Lei lektore op in nuwe VOO-kursusse

• Onderhou leerderondersteuningseenhede by elk van die ses kolleges en spoor leerders op wanneer hulle die

kollege verlaat

• Ken beurse/lenings toe aan behoeftige leerders

• Onderhou rekenaarlaboratoriums

• Verseker dat alle studente in IKT opgelei word

Ontleding van vordering

Die huidige VOO-kurrikulum is gebaseer op Verslag 191 (Formele Tegniese Kollegeonderrig Programme in die RSA) en Verslag 190

(Norme en standaarde vir onderrigprogramme en die eksaminering en sertifisering daarvan in tegniesekollege-onderwys). Hierdie

kurrikulum- en programaanbiedings sal in die periode tot 2008 vervang word met ‘n raamwerk wat vir 16- tot 20-jariges meer

buigsame en responsiewe onderwys- en opleidingsprogramme aanbied. Die raamwerk vir VOO bied drie weë tot die VOOS of NKR

Vlak 4-sertifikate, naamlik:

Algemeen akademies

Algemeen beroeps-

Beroepsgerig – handel, operasioneel, professioneeel

Dit beteken dat Verslag 191-programme geleidelik uitgefaseer word en dat relevante kwalifikasies en programme ingefaseer word.

VOO-kolleges het alreeds begin met die proses om nuwe kursusse en kwalifikasies gebaseer op Eenheidstandaarde te ontwikkel.

Hierdie program is aansienlik versterk deur die iKapa elihlumayo-toekenning vir die ontwikkeling van vlak 2- tot 4-programme.

Soos wat die geval is met VOO-skole, sal die provinsie ‘n proses van kurrikulumregstelling aktief dryf om te verseker dat ‘n wye reeks

programme in alle distrikte aangebied word. Dit sal sorgvuldige beplanning en sterk regstelaksie verg deur die herkapitalisering van

kolleges, veral die voorsiening van werkswinkels en toerusting en gespesialiseerde onderrigpersoneel.

Gerigte programme stel opvoeders aan kolleges in staat om hul vaardighede in wiskundige geletterdheid en wiskunde te opgradeer,

teorie en praktyk te integreer, hul akademiese en professionele kwalifikasies te opgradeer, en leer te assesseer ten einde te voldoen

aan UMALUSI- en SETA-standaarde en leerstoornisse te hanteer.

Kolleges ontwikkel tans ook strategieë om toegang tot VOO-kolleges te verbreed, soos:

• ‘n Verskeidenheid leweringsmetodes (e-leer, afstandsleer, leerderskappe, vaardigheidsprogramme, ens.)

• Fasiliteite en opleiding wat aan die behoeftes van leerders met verskillende vermoëns voldoen

• Nuwe leeromgewings vir die benadeelde en landelike gemeenskappe

• Beurs- en leningskemas

Die bevolking van 16- tot 20-jariges in die Wes-Kaap is 400 000, maar slegs 210 000 of 55% van die bevolking is by skole,

kolleges of volwassenesentrums vir VOO-vlak-kursusse ingeskryf (graad 10, 11 en 12 of Vlak 2 tot 4 op die NKR). Byna

50% van die leerders van enige ouderdomsgroep verlaat die skoolstelsel sonder om graad 12 te voltooi en, met slegs 20 000

leerders in VOO-kolleges, is dit duidelik dat die meerderheid leerders die kollege nie as ‘n alternatief vir skole beskou nie.

Alhoewel sosio-ekonomiese faktore ’n betekenisvolle rol speel in leerders wat die skool verlaat, is die toepaslikheid van

vakaanbiedings en die vooruitsig van die VOO-kwalifikasie wat tot indiensneming lei faktore wat die stelsel aandag aan

skenk.

Die VOO-toegangsdoelwitte het twee dimensies: eerstens om te werk in die rigting van ‘n meer gelyke balans tussen diegene wat by

skole vir VOO ingeskryf is en diegene wat by VOO-kolleges ingeskryf is; en tweedens om ‘n verhoogde aantal 16- tot 20-jariges uit

die bevolking te kry om by VOO-inrigtings in te skryf. Oor die medium termyn sal dit beteken dat die aantal graad 10- tot 12-leerders

verminder word tot ongeveer 160 000 leerders en dat die VOO-kollegeleerders of diegene ingeskryf vir leerderskappe teen 2014

vermeerder word vanaf 20 000 tot 60 000 leerders.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!