03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Komitee van Onderwyshoofde (KOH) het die jongste posvoorsieningsnorme goedgekeur na veranderinge aan die

graad 10-kurrikulum.

Die WKOD het die totale aantal onderwysposte in die provinsie met 500 verhoog wat die totale aantal opvoederposte vir

2007 op 30 872 te staan bring.

• Skoolveiligheid

Soos elders in die wêreld, word skoolveiligheid vir die regering ‘n toenemende bron van kommer. Die Wes-Kaap word

spesifiek hierdeur geraak omdat dit gekonfronteer word met die ernstige probleem van bendebedrywighede en

bendegeweld en die gepaardgaande drank- en dwelmmisbruik. Hierdie kwessies word doelgerig aangepak in

samewerking met ’n reeks vennote, spesifiek die Departement van Gemeenskapsveiligheid.

Die Veilige Skole-program het ‘n drieledige stategie, wat die volgende insluit:

• ‘n Veilige Skole-Inbelsentrum waar verskeie probleme gerapporteer kan word, en waar geaffekteerde en

getraumatiseerde individue berading kan versoek en ontvang.

• Voorsiening van fisiese sekuriteit: hierdie program fokus op die installering van verskeie veiligheidsmaatreëls,

insluitend veiligheidsomheinings en sekuriteitsalarms by hoërisiko-skole. Die program sluit ook

oorlewingstrategieë in.

• Onderwysprogramme wat op waardes en houdings fokus, met die doel om leerders se belangstellings in meer

positiewe rigtings te kanaliseer, soos sport, kuns en drama, en ‘n fokus op toekomstige loopbane.

• Skoolbeheer

• Artikel 21-skole

‘n Totaal van 934 uit 1450 skole (of 64,4% van alle openbare gewone skole ) is volledige Artikel 21-status (van die

Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet Nr. 84 van 1996) (SASA)) toegeken. Die oorblywende 516 skole ontvang

steeds deurlopende aandag. Steun met finansiële bestuur en administrasie word deurlopend aan alle skole gebied.

• Geen-skoolgeld-skole

In ‘n poging om die stygende onderwysverwante uitgawe vir ouers met beperkte finansiële vermoëns te verminder en

om toegang tot onderwys te verseker, is die Suid-Afrikaanse Skolewet gewysig om die (nasionale) Minister van

Onderwys (MvO) in staat te stel om die nasionale kwintiele te bepaal vir openbare skole wat met ingang van 01

Januarie 2007 nie skoolgeld mag hef nie.

Die MvO het ‘n nasionale teiken vir 2007 bepaal en dit in Staatskoerant Nr. 29179 gedateer 31 Augustus 2006,

gepubliseer. Die nasionale teiken vir 2007 akkommodeer 40% van die leerders in die land in ’geen-skoolgeld-skole’,

dit is skole wat met ingang van 01 Januarie 2007 in Nasionale Kwintiel (NQ) 1 en 2 val. ’n Lys van die skole per

provinsie wat nie toegelaat sal word om ingevolge hierdie teiken verpligte skoolgeld te hef nie, is deur die LUR vir

Onderwys in elke provinsie saamgestel, en dit was ook in die Staatskoerant gepubliseer.

Slegs 6,5% (59 306) van die leerders in die Wes-Kaap val in NK 1 en 8% (73 254) in NK 2, d.i. slegs 14,5% van die

leerders in die Wes-Kaap val in die armste twee kwintiele nasionaal (40% van die leerders in die land).

Aangesien die Wes-Kaap ‘n lae persentasie leerders in NK 1 en 2 het, vergeleke met al die ander provinsies, het die

WKOD ook besluit om die ‘geen-skoolgeld-skool’-status na skole in NK 3 (211 841 leerders) uit te brei. Aangesien dit

nie per Staatskoerant gedoen kon word nie, moes dit op vrywillige basis met die geïdentifiseerde NK 3-skole gedoen

word. Alle NK 3-skole het hierdie aanbod aanvaar en is tot ‘geen-skoolgel-skole’ verklaar en mag derhalwe ook nie

met ingang van die 2007-skooljaar verpligte skoolgeld hef nie.

419 primêre skole, wat 146 000 leerders dek, het hulle alreeds in Mei 2006 tot ’geen-skoolgeld-skool’’ verklaar as

deel van die vrywillige proses wat deur provinsies ingestel is in ‘n poging om die verklaring tot ‘’geen-skoolgeld-skole”

te versnel. ’n Bedrag van R29 miljoen is in 2006/07aan hierdie skole toegesê, addisioneel tot hul oorspronklike

norme en standaarde-toekenning.

’n Verdere 233 skole (primêr en sekondêr) is tot ‘geen-skoolgeld-skool’ verklaar met ingang van 1 Januarie 2007.

Daar is dus 652 ‘geen-skoolgeld-skole’, wat 45% van die 1 452 skole in die provinsie in die Wes-Kaap in 2007

verteenwoordig. Ongeveer

345 000 leerders woon hierdie skole by, wat 38% van die leerders van die Wes-Kaap verteenwoordig.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!