03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die rasionalisering van spesiale skole in die provinsie ten einde toeganklikheid vir leerders met leerstoornisse te

bevorder is ‘n prioriteit. Die versterking van spesiale skole/hulpbronsentrums is krities belangrik om gespesialiseerde

steun te bied vir die hoofstroom en voldiensskole in samewerking met die distriksgebaseerde steunspanne. Hierdie

prioriteit is ook gekoppel aan die nasionale Inklusiewe Onderwys-veldtoetsingsprojek in die drie nodale sones van die

provinsie en sluit in die opgradering van kapasiteit om gespesialiseerde dienste te bied aan leerders met ’n hoë vlak van

ondersteuningsbehoeftes, en die opgradering van fisiese fasiliteite van skole om toeganklikheid te verbeter.

Ontleding van vordering

Daar is tans 14 199 leerders in die 67 spesiale skole waarvan sewe die VOO-kurrikulum aanbied. Die leerderinskrywing van

die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie is verhoog tot 274 leerders en die kurrikulum is uitgebrei tot

graad 12. Twee wetenskaplaboratoriums is ingewy en finale hostelfasiliteite is opgradeer. Daar is tans 274 leerders (graad

10 tot 12) by die Akademie.

Weens die groot aanvraag na plasing van leerders by Vaardigheidskole, is twee nuwe skole gevestig, naamlik die Mitchell’s

Plain Vaardigheidskool en die Siviwe Vaardigheidskool in Gugulethu.

Die Departement van Kultuursake en Sport en die WKOD het gesamentlik die Wes-Kaapse Sportskool in Kuilsrivier gevestig.

Opleiding van personeel van jeugsentra en die steundienste by OBOS’e in vaardighede vir die hantering van uitdagende

gedrag, en die opleiding van personeel as fasiliteerders van jeugontwikkelingsprogramme vir die Mapping the Futureprogram

en die Dwelminligtingsprogram is by al die OBOS’e opgelei. OBOS-steunpersoneel en personeel van jeugsentra is

opgelei in die ontwikkeling van terapeutiese vaardighede, d.i. herstellend, onderhoudvoering, herstellende groepintervensie,

dwelmberading en hantering van die seksoortreder. Altesaam 631 personeelldede het deelgeneem aan die

opleidingsprogramme.

Minimum standaarde vir spesiale onderwysdienste vir risikoblootgestelde leerders is goedgekeur en na OBOS’e versprei vir

implementering. Die doel van hierdie standaarde is om te verseker dat dienste effektief en bevoegd is, dat die beginsels

van die SA Grondwet, ander wetgewing en internasionale instrumente (UN Konvensie oor die Regte van die Kind)

gehandhaaf word asook om uitdagings ten opsigte van voorsiening te identifiseer en die kapasiteit en hulpbronne te bou om

die skole te ontwikkel.

Ontleding van beperkinge en beoogde maatreëls om dit te oorkom

Die huidige voorsiening in die spesialeskoolsektor is ontoereikend om die groot aantal leerders met leerstoornisse wat na

spesiale skole verwys word, te akkommodeer. Dit lei tot waglyste by die bestaande spesiale skole. Die beoogde

rasionalisasie van spesiale skole het ten doel om dienslewering en toeganklikheid te verbeter ten einde meer leerders te

akkommodeer. Alhoewel die beskikbaarheid van genoegsame befondsing en bykomende KS-opvoederposte vir die

uitbreiding van die kapasiteit van spesiale skole oor die kort termyn ‘n uitdaging is, sal maniere om hierdie kwessie te

hanteer, oor die medium tot lang termyn gedebatteer word.

Leerders wat ernstige emosionele, gedrags- en sielkundige leerstoornisse manifesteer, kan nie by die huidige spesiale skole

of jeugsentra geakkommodeer word nie. Hierdie onderwysinrigtings het nie die kapasiteit om die intensiewe vlak van steun

en behandeling te bied wat vereis word nie. Die diensleweringsmodelle van die Departement van Gesondheid en

Maatskaplike Ontwikkeling is net so ontoereikend om hierdie gespesialiseerde dienste aan te bied. Gevolglik kan hierdie

ongelukkige leerders nie effektiewe toegang tot die kurrikulum verkry of toereikende sorg en terapeutiese programme kry

nie. Sommige leerders bots met die gereg as gevolg van die gebrek aan dienste en word gekriminaliseer in die proses en

dan ingevolge die Kindersorg Wet, 1983 en die Wet op Kriminele Prosedures, 1977 na jeugsentra en spesiale jeugsentra

onderskeidelik verwys. Dit word beoog om met die relevante susterdepartemente in gesprek te tree oor hierdie gaping in

dienslewering.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 58

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!