03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

►PM212: Die prestasiesyfer van die mins bevoordeelde skole tot die mees bevoordeelde skole met verwysing na graad 3

Dit is die gemiddelde van die lees- en wiskundepunte van graad 3-leerders in die armste skole in verhouding tot die gemiddelde vir

die mins arm leerders, uitgedruk as ‘n persentasie. Dit is nie net belangrik om die apartheidserfenis van ongelyke besteding op

leerders te pak nie. Dit is ook belangrik om te verseker dat ongelykhede in leerderuitlae verminder word sodat leerders ‘n meer

gelyke begin in die lewe kan hê.

►PM213: Herhaalsyfer in graad 1 tot 7

Dit is die aantal leerders wat hul huidige graad in graad 1 tot 7 herhaal, gedeel deur alle leerders wat vir graad 1 tot 7 ingeskryf is. ‘n

Hoë herhaalsyfer is beide duur en nadelig vir onderrig en leer. Dit is belangrik dat hierdie prestasiemaatreël so laag as moontlik is.

►PM214: Persentasie leerders in graad 3 wat aanvaarbare uitkomstes in gesyferdheid en geletterdheid bereik

Hierdie prestasiemaatreëls is gebaseer op dieselfde data as PM212. Dit dui die persentasie aan van alle graad 3-leerders wat,

gemiddeld, aanvaarbare uitkomstes in gesyferdheid en geletterdheid bereik.

►PM215: Persentasie leerders in graad 6 wat aanvaarbare uitkomstes in wiskunde, geletterdheid en natuur- en skeikunde

bereik

Hierdie prestasiemaatreël dui die persentasie aan van alle graad 6-leerders wat, gemiddeld, aanvaarbare uitkomstes in

gesyferdheid, geletterd en lewensvaardighede bereik.

►PM216: Persentasie meisieleerders wat wiskunde en wetenskap in graad 8 tot 12 neem

Dit is die persentasie van meisieleerders wat in graad 10, 11 en 12 vir wiskunde en wetenskap ingeskryf is. Histories, was meisies

onderverteenwoordig in hierdie vakke; dus sal verhoogde deelname daarin ‘n belangrike aanduider wees van ‘n beweging na ‘n

meer geslagsgebalanseerde VOO-band.

►PM217: Die prestasiesyfer van die mins bevoordeelde skole tot die mees bevoordeelde skole ten opsigte van die graad

12-slaagsyfer

Dit is die gemiddelde van die Senior Sertifikaat-punte van graad 12-leerders in die armste skole in verhouding tot die gemiddelde vir

die mins behoeftige leerders, uitgedruk as ‘n persentasie. Hierdie prestasiemaatreël is dus soortgelyk aan PM212.

►PM218: Herhaalsyfer in graad 8 tot 12

Dit is dieselfde as PM213, behalwe dat hierdie prestasiemaatreël graad 8 – 12 dek.

►PM219: Slaagsyfer in graad 12-eksamens

Dit is die totale aantal leerders wat die Senior Sertifikaat-eksamen in gegewe ‘n jaar slaag, gedeel deur die totale aantal 18-jariges.

Dit is nie dieselfde as die Matriekslaagsyfer nie. Hierdie prestasiemaatreël neem twee dinge in ag. Eerstens neem dit in ag hoeveel

jeugdiges deelneem aan die eksamens. Tweedens neem dit ook in ag hoeveel jeugdiges wat die eksamen skryf, dit ook slaag.

►PM220: Slaagsyfer in graad 12 vir wiskunde en wetenskap

Dit is die die totale aantal leerders wat óf die wiskunde óf die wetenskap Senior Sertifikaat-eksamens per jaar slaag, gedeel deur die

totale aantal 18-jariges. Soos die algehele slaagsyfer (Kyk PM219), bied hierdie prestasiemaatreël ‘n idee van die omvang van

insette wat die onderwysstelsel bied in verhouding tot die bevolking.

►PM221: Persentasie leerders in graad 9 wat aanvaarbare onderwysuitkomstes in alle leerareas

Hierdie prestasiemaatreël dui die persentasie aan van alle graad 9-leerders wat, gemiddeld, aanvaarbare onderwysuitkomstes

bereik.

►PM301: Persentasie van befondste onafhanklike skole wat vir moniteringsdoeleindes besoek word

Dit is die persentasie onafhanklike skole wat ‘n regeringsubsidie ontvang en vir gehaltebeheerdoeleindes gedurende die jaar deur

die Departement besoek word. Dit is belangrik dat die regering die gehalte van onderwys in onafhanklike skole monitor, veral in dié

wat staatsubsidies ontvang, en optree waar daar nie aan minimum standaarde voldoen word nie.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 81

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!