03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AANGAANDE HIERDIE DOKUMENT

Die Jaarlikse Prestasieplan van die Wes-Kaap Onderwysdepartment (WKOD) verduidelik die die Provinsiale Regering se

planne vir onderwys vir die periode 2007/08 tot 2009/10, en fokus spesiaal op wat gedurende die finansiële jaar beginnende

1 April en eindigende 31 Maart 2008 sal gebeur. Hierdie dokument sluit ook heelwat inigting in oor die huidige situasie in

onderwys: die hoofuitdagings en die Regering se respons daarop.

Hierdie dokument bestaan uit twee hoofdele.

Deel A verduidelik wat die nasionale en provinsiale strategiese doelwitte en strategiese mikpunte is en hoe dit deur die

strategieë en planne van die departement ondersteun word. Suksesse en uitdagings in die provinsie word ook beskryf. Deel

A verduidelik ook die pad vorentoe vir voorskoolse dienste, skole, verdere onderwys- en opleidingskolleges en

volwasseneonderwys.

Deel B verskaf meer besonderhede oor die dienste van die departement en die sosiale en ekonomiese uitdagings.

Kernelemente wat gebruik is om die inligting in Deel B te organiseer is:

Provinsiale begrotingsprogramme. Daar is agt sodanige programme. Dit vorm die onderafdelings van Deel B.

Strategiese mikpunte. Dit word in Deel A bekend gestel, maar in Deel B word dit aan individuele

begrotingsprogramme gekoppel.

Daar is ‘n aantal strategiese mikpunte wat die strategiese rigting vir die verskillende begrotingsprogramme aandui.

Meetbare doelwitte. Hulle is meer spesifiek as die strategiese mikpunte en word meestal aan spesifieke programme

gekoppel.

Prestasiemaatreëls. Dit val onder die meetbare doelwitte, en is spesifieke statistiek wat die Regering as belangrik

beskou, bv. die persentasie kinders van skoolgaande ouderdom en jeugdiges wat in die stelsel ingeskryf is.

Prestasieteikens. Elke prestasiemaatreël het drie prestasieteikens, een vir elk van die volgende drie finansiële jare.

Hierdie teikens, wat heelwat aandag kry in die ontleding wat in hierdie dokument voorsien word, dui aan hoe die

Regering beoog om dienslewering in die komende jare te verbeter.

Bylae A lys die 39 kernprestasiemaatreës (KPM’s) waaroor nasionaal ooreengekom is. Vir elke prestasiemaatreël,

word die getal, ’n kort beskrywing en ’n lang beskrywing voorsien.

Die strategiese mikpunte, meetbare doelwitte en prestasiemaatreëls word vir die land gestandaardiseer, met ander woorde

hulle is dieselfde in elke provinsie (dit is egter moontlik dat provinsiale strategiese mikpunte naas die nasionale doelwitte kan

bestaan). Prestasieteikens sal dikwels van provinsie tot provinsie verskil, na gelang van die provinsie se spesifieke

omstandighede.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!