03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

vraestelle aan alle betrokke skole. Riglyne vir die opstel van VOO NKR-konteks-eksamenvraestelle is aan alle skole

gestuur. Alle graad 10-leerders is voorsien van ‘n studiegids wat studietegnieke ingesluit het om hulle te help met

voorbereiding vir die finale eksamen. Daarby is elke leerder voorsien van handboeke vir die twee tale wat hulle

aangebied het, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid, en Natuur- en skeikunde. Oorbruggingswerkswinkels vir graad

9-leerders in die Kuns en Kultuur-vakke en Rekeningkunde het in November 2006 plaasgevind. Voorts is riglyne

voorberei vir leerders wat graad 11 herhaal het. Hierdie dokument is versprei en vir alle vakonderwysers gemedieer

sodat hulle daardie leerders kon help wat in 2007 na die NKV moet oorskakel en die nasionale graad 11-eksamen moet

aflê. In ‘n poging om oor die kort termyn veral nie-gekwalifiseerde en ondergekwalifiseerde onderwysers te help om die

inhoud van die nuwe kurrikulum te onderrig, is hulpbronpakkette op NKR Vlak 5 vir elke vak ontwikkel in samewerking

met die plaaslike hoëronderriginstellings ten einde die onderwysers in staat te stel om die nuwe inhoud op NKR Vlakke

2, 3 en 4 (graad 10, 11 en 12) te onderrig.

IKT-verwante programme is ontwikkel of geselekteer om die NSS te ondersteun. Werkswinkels is gehou om

rekenaargeletterdheid en die invoer van programmatuur in onderwys- en leerpraktyke te bevorder.

Werkswinkels vir dertien gespesialiseerde vakke het vanaf 8 tot 12 Januarie plaasgevind. Tempobepalers om die

voltooiing van die kurrikulum te monitor sal na alle skole versprei word. Voorbeelde van graad 11-eksamens wat

nasionaal opgestel word sal in die eerste kwartaal aan alle skole versprei word en sekere vakke sal via nasionale

eksamenvraestelle in November 2007 geëksamineer word.

Die fokus vir die VOO NKV sal vanaf 2007 val op ondersteuning vir die konsolidering van die implementeringsproses in

alle skole vir al 29 vakke ter voorbereiding van die nasionale graad 11 eksamen in 2007, en die eerste Nasionale Senior

Sertifikaat (NSS) wat in 2008 sal plaasvind.

Drie programme is reeds beplan:

(a) Mediëring en implementering van die hersiene Vakassesseringsriglyne (VAR’e) en die Protokol vir Assessering wat

in Januarie 2007 beleid geword het;

(b) Strategieë om te verseker dat die VAR’e geïmplementeer word in ooreenstemming met die bedoelde

Assesseringsbeleidsraamwerke; en

(c) Die verhoging van onderwysers se professionele en akademiese vermoëns en vaardighede om die VOO NKVimplementeringsprogram

in graad 12 te bestuur ter voorbereiding van die NSS in 2008.

• Leerderprestasiestrategie (LBS)

Die WKOD het die afgelope vyf jaar ‘n gemiddelde slaagsyfer van 80%+ in die senior sertifikaat-eksamens behaal. In

dieselfde periode het sommige skole egter konstant onderpresteer, met sommige wat ‘n slaagsyfer laer as 30% behaal

het.

Die Leerskoolprogram(LSP)-strategie is in 1999 ingestel om hierdie situasie reg te stel. Die LSP was in ’n mate

suksesvol, maar het ook mislukkings opgelewer. ‘n Aantal skole het in en uit die Program beweeg en sommige het

nooit sukses behaal nie, aangesien hulle konstant uitslae laer as 60% behaal het.

Die LSP het ontwikkel in die Leerderprestasiestrategie (LPS) as ‘n poging om ‘n meer omvattende en holistiese

benadering tot die verbetering van leerderprestasie teweeg te bring. Die LPS fokus spesifiek op die VOO-fase met as

onmiddellike doel die aanpak van onderprestasie deur skole in die senior sertifikaat-eksamens.

Die doelwitte van die LPS is –

• Om die prestasie van skole met ‘n senior sertifikaat-slaagsyfer laer as 60% te verhoog.

• Om die gehalte van leerderprestasie in die senior sertifikaat-eksamens te verbeter.

• Om te verseker dat geen skool se vorige prestasie met meer as 10% laat daal nie.

Die skoolstelsel het weer goed gevaar vergeleke met die ander provinsies, met ‘n slaagsyfer van 83,7% in die 2006-

Senior Sertifikaat-eksamens. Kandidate vir die Senior Sertifikaat-eksamens het nou vir ses agtereenvolgende jare ’n

slaagsyfer van meer as 80% behaal. Die aantal openbare skole met ‘n slaagsyfer van minder as 60% het in 2006 op 34

gebly; van die 34 skole betrokke by die LBS in 2006 het 22 egter gegradueer en 12 bly in die LPS.

• Posvoorsieningsnorme

Die diensstate van openbare gewone skole word jaarliks vasgestel ingevolge die posvoorsieningsnorme. Soos

voorgeskryf deur wetgewing, word werknemerspartye tot die Provinsiale Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys

sowel as die georganiseerde SBL-verenigings behoorlik geraadpleeg aangaande die algehele posbekostigbaarheid

sowel as die vasstelling van diensstate van openbare gewone skole.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 38

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!