03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Om voorsiening te maak vir toepaslike inisiatiewe in Sentrums vir Vroeë Leer, BVOO-sentrums en VOO-kolleges.

• Om ‘n werknemer-MV/VIGS-program en ‘n Werknemerswelsynsprogram (WWP) te ontwikkel.

Om organisatoriese doeltreffendheid en bevoegdheid in die administrasie van die ekterne eksamens te bevorder.

• Om die Senior Sertifikaat- en BVOO-Vlak 4-eksamens en die sertifikasie daarvan te bestuur.

Om opvoeders toe te rus en te ondersteun in hul pogings om effektiewwe onderwys te voorsien

• Om te verseker dat die provinsie ‘n toereikende aantal toepaslik opgeleide opvoeders voorsien.

• Om te help met die voorsiening van gekwalifiseerde en bekwame onderwysers.

• Om die pogings om studentonderwysers vir voordiens-opleidingsinrigtings te werf.

Om die provinsiale doelwitte van iKapa elihlumayo te ondersteun

• Om die vaardighede en aanleg van graad 8-leerders te toets.

• Om AOO- en VOO-onderwysers op te lei om loopbaanadvies te bied.

• Vestiging van vaardigheidskole.

• Uitbreiding en ontwikkeling van fokusskole.

• Voorsiening van rekenaarlaboratoria.

• Beleide en prioriteite:

Die WKOD het ‘n sleutelrol om te speel in die konseptualisering en dryf van ‘n MKOS as die hoofvoorsiener van:

• VOO, wat die basis vir alle menslikehulpbronontwikkeling in die provinsie vorm; en

• VOO, wat geleenthede bied vir die verdere ontwikkeling van die vaardighede en kennis wat vir indiensneming en

ekonomiese deelname vereis word.

Onderwyseropleiding

‘n Belangrike behoefte van die MKOS is die beskikbaarheid van goedgekwalifiseerde onderwysers, veral diegene wat

wiskunde, wetenskap en tegnologie onderrrig. Finansiële steun word voorsien om aspirantonderwysers wat die

professie as Wiskunde- en/of Wetenskap- en Tegnologieonderwysers wil toetree.

MIV/VIGS:

Suid-Afrika het die hoogste aantal persone geïnfekteer met die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV) in die wêreld –

‘n geraamde 5,9 tot 6,5 miljoen mense. Meer as 20% van die volwasse bevolking en 30% van volwassenes van die

ouderdom waarop kinders voortgebring word, is geïnfekteer. ‘n Geraamde driekwart van alle nuwe infeksies kom voor

in jongmense tussen 15 en 25 jaar. Soveel soos 60% van jongmense wat tans jonger as 15 jaar oud is, kan die virus in

die volgende 2 tot 3 dekades opdoen, en kan dus voor hul ouers sterf. Die meeste (maar nie almal nie) van hierdie

kinders sal MIV-negatief tot die onderwysstelsel toetree, ‘n groeiende aantal sal die stelsel positief verlaat – in die Wes-

Kaap aangevuur deur unieke hoë vlakke van TB en methamphetamine (‘tik’)-misbruik. Maar die meerderheid sal binne

die 10 tot 15 jaar nadat hulle die skool verlaat het, geïnfekteer word. Die taak vir opvoeding, ingevolge die MKOS, is

om hierdie jongmense vir daardie risiko voor te berei, ten einde infeksie vir hulself en andere te voorkom. Soos die

epidemie toeneem, sal veral jong kinders kwesbaar word, met toenemende potensiaal vir fisiese mishandeling en

verlaagde onderwysgeleenthede. Die aantal weeskinders iin die onderwysstelsel sal steeds toeneem, met die

verhoogde potensiaal vir vroeë skoolverlating. Die onderwysstelsel self sal onder ’n onder ongeëwenaarde aanslag kom

van ‘n komplekse kombinasie van sosio-ekonomiese faktore. Elke aspek van onderwysbestuur, onderrig en leer sal

beïnvloed word, en die meeste bestaande onderwysstelsel- en bestuursprobleme sal vererger word.

Terwyl die dringende en doelgerigte hantering van MIV/VIGS in en deur onderwys nie in die MKOS spesifiek as ‘n

strategiese prioriteit geïdentifiseer is nie, bly dit ‘n nasionale prioriteit. Hierdie mandaat word, egter gereflekteer in,

onder andere, die Nasionale Geïntegreerde Plan vir Kinders Geïnfekteer en Geaffekteer deur MIV en VIGS (2001), die

Wet op Nasionale Onderwys: Nasionale MIV/VIGS-beleid vir Leerders en Opvoeders (1996), en die jaarlikse Wet op

Verdeling van Inkomste. Onderwys se verantwoordelikheid word ook gereflekteer in die Regering se Nasionale Plan

van Aksie, Sosiale Kluster (2006) in terme van voortgesette implementering van die Regering se Omvattende Plan om

MIV en VIGS te bekamp. Op ’n provinsiale vlak, spreek die Wes-Kaap Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie

(‘íKapa elihlumayo’) die verhouding tussen, byvoorbeeld, die menslike kapitaal en sosialekapitaalontwikkelingstrategieë

aan, terwyl die Sosialekapitaalstrategie (SKS) verder die vorming van sosiale kapitaal beskryf in terme van sleutelprovinsiale

intervensies soos Gesondheid 2010, die provinsiale MIV/VIGS-program, jeugontwikkeling, programme vir

die versterking van die gesin en gemeenskapsgebaseerde strukture, ens. Laastens, beskryf die interdepartementele

Departementele ‘Omvattende MIV & VIGS-Strategie vir die Wes-Kaap, Strategiese Plan en Implementeringsraamwerk:

2006 to 2011’ uitvoerig die verantwoordelikhede en teikens vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Hierby ingesluit is

die nuwe WKOD-verantwoordelikhede en teikens vir, onder andere, potensieel sensitiewe kwessies soos die

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 72

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!