03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

evordering en voorsiening van vrywillige berading en toetsing (VBT) vir volwassenes ouer as 15 jaar, (provinsiale

teiken 15% van volwassenes jaarliks, WKOD-teiken 20 000 vir 2007/08, wat teen 2009/10 tot 50 000 styg) en

verhoogde kondoomgebruik tot 100 kondome per volwasse man ouer as 15 jaar teen 2010 (met soortgelyke teikens).

Die Versnelde MIV-Voorkomingstrategie: ‘n Multisektorale Raamwerk vir Aksie in die Wes-Kaap 2006 tot 2011 bekyk

hierdie strategie krities in respons op die nasionale, multisektorale MIV & VIGS- en STI-Strategiese Plan vir Suid-Afrika,

2007-2011. Die Wes-Kaap Provinsiale VIGS-Raad, wat verteenwoordiging van onderwys insluit deur die LUR, het die

Versnelde MIV-voorkomingstrategie, 2006 tot 2011, onderskryf.

Gegee die dwarsleggende en sosialekapitaal-aard van die MIV/VIGS-program (en sy noue maar tans

ongestruktureerde verband met soortgelyke sosiale uitdagings in onderwys, soos dwelmmisbruik, tienerswangerskap,

seksuele mishandeling, gedragsverandering en ander jeuggebaseerde strategieë) hou die WKOD se organisatoriese

herontwerp die potensiaal in vir ‘n verbeterde belyning van verwante sosiale uitdagings, groter doeltreffendheid in

personeelaanwending, vermindering in duplisering van dienste, en groter algehele impak. Nieteenstaande dit, gaan die

respons op MIV/VIGS voort om die kompartement-effek van die huidige WKOD-organogram teen te staan, en

verantwoordelikehede word toenemend verskuif na die toepaslike lynfunksie in die verskillende hoofkantoordirektorate

en distrikgebaseerde kantoorkomponente, ten einde groter doeltreffendheid en volhoubaarheid benewens

voorwaardelike skenkersfondse te verseker.

Khanya Tegnologie in Onderwys-Projek

Die Khanya-projek sal rekenaarlaboratoria in 200 addisionele skole vestig.

Ontleding van vordering

MIV/VIGS: Voorwaardelike toekenning:

Alle skole is in klusters ingedeel (5-20 per kluster) vir steunwerwing, opleiding en deurlopende steun. Alle skole het

aangewese MIV/VIGS-koördineerders en/of komitees. Kumulatief, is 17 124 opvoeders teen 2006/07 opgelei (teen ‘n teiken

van 16 000). ‘n Geraamde 820 000 leerders (85%) ontvang gereeld MIV/VIGS-lewensvaardigheidsopleiding (binne die

konteks van Lewensoriëntering). Terwyl voorkomende onderwys deur Lewensoriëntering die ruggraaat van die program bly,

is die fokus nou besig om te skuif na integrasie van MIV/VIGS oor die totale kurrikulum ( ‘Prestasie’-program) heen.

Die ontwikkeling en vertaling van opleidingsmateriaal in al drie amptelike tale is voltooi. Alle skole ontvang jaarliks hul

presiese behoeftes aan kurrikulumgebaseerde LOOM. Vanaf 2007/08 sal elke skool 10 hulpbronlêers (vir SBS- en SBLlede)

ontvang om die skool in staat te stel om werkswinkels oor die ontwikkeling van ‘n Skool-MIV/VIGS-beleid en ‘n Skool-

MIV/VIGS-bestuursplan (binne ‘n WSE- en SIP-raamwerk) te hou. Dit sal insluit kwessies m.b.t. leierskap en die werkplek.

Vanaf 2007/08 sal elke skoolgemeenskap ook 10 Sorg en Ondersteuningshulpbronlêers ontvang om SBS/opvoeders, SGBlede

en gemeenskapsgebaseerde vennote in staat te stel om sosiale kapitaal en ondersteuningsnetwerke vir weeskinders en

ander kwesbare kinders te ontwikkel insluitend dié wat geaffekteer is deur VIGS (binne ‘n Witskrif 6/Inklusiewe Onderwyskonteks,

wat dus verder die ontwikkeling van distrikgebaseerde steunspanne en opvoedersteunspanne sal bevorder. 90

Skoolsielkundiges en maatskaplike werkers is ook opgelei as professionele MIV/VIGS-beraders om op aanvraag hoëvlakleerdersteun

aan skole te bied. ’n NKR-Vlak 4-kwalifikasie en kort kursus in Basiese Berading en verwysingsvaardighede is

ook gefinaliseer en sal vanaf 2007 vir opvoeders en SGB-lede aangebied word.

Die samewerkende GoLD-portuuropvoedingsprogram (in vennootskap met die Departement van Gesondheid (DvG) en

NRO-diensverskaffers), nou reeds in 136 skole, was in 2006 ‘n finalis in die Premier se Uitnemende Diens-toekennings, en

het die internasionale Statebond ’Goeie Praktyk’ in Onderwys-toekenning gewen. ’n Formele eksterne evaluering van

hierdie program (sowel as die ander vennootskapsinisiatief met DvG en lovelife) is ook in 2006 deur die Universiteit van

Kaapstad voltooi en dit, tesame met die provinsie se Versnelde MIV-voorkomingstategie, dui op belangrike uitdagings

vorentoe.

Die MIV/VIGS-kurrikulumgebaseerde lewensvaardigheidsprogram is ook in 2006 twee keer deur die nasionale departement

geëvalueer, om die aanbieding van die program in skole te assesseer, en die Ouditeur-generaal het vir die tweede jaar ‘n

Waardetoevoegende Oudit uitgevoer bykomend tot die gewone voldoeningsouditte. Die MIV/VIGS-program is dus die eerste

in die WKOD wat sodanige skrutinering ondergaan, oor twee jaar reeds, en is gebruik as ‘n voorbeeld vir die department van

hoe ander programme en dienste in die toekoms geassesseer gaan word vir gehalte-uitkomste (en dus waarde vir geld vir

belastingbetalers), eerder as net insette en uitsette. Dit is interessant dat alle evaluerings ’n kritieke personeeltekort aandui,

Desnieteenstaande gaan distrikgebaseerde MIV/VIGS-personeel voort om skole gereeld te besoek om te verseker dat die

program geïmplementeer word, probleme opgelos word en dat die breër behoeftes van die skoolgemeenskap met betrekking

tot voorkoming, sorg en steun vir opcoeders en leerders geïnfekteer met en/of geaffekteer deur MIV/VIGS getakel word.

Laastens is daar ’n aantal navorsingsprojekte en loodsstudies wat goed vorder en dit stel steeds die program in staat om

deurlopend aan te pas by nuwe insigte en ‘beste praktyk’.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!