03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BYLAE A: PRESTASIEMAATREËLS

Hierdie bylae lys die 39 nasionaal ooreengekome kern- prestasiemaatreëls (PM’s). Vir elke prestasiemaatreël, word die nommer,

die kort beskrywing en die langer beskrywing voorsien.

►PM001: Persentasie van kinders van verpligte skoolgaande ouderdom wat skool bywoon

Dit is die persentasie kinders van verpligte skoolgaande ouderdom in die provinsie wat enige skool of onderwysinrigting bywoon.

Hierdie prestasiemaatreël dui aan hoe effektief die onderwysregte van kinders, soos in die Grondwet verwoord, vervul word, en die

mate waartoe voldoen word aan die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet met verwysing na verpligte skoolbywoning.

►PM002: Persentasie jeugdiges bo verpligte skoolgaande ouderdom wat skole en ander onderwysinrigtings bywoon

Dit is soortgelyk aan PM001, behalwe dat hierdie prestasiemaatreël na ouer kinders verwys. Dit is die persentasie van die bevolking

in die provinsie wat tussen 15 en 17 jaar oud is en enige skool of ander onderwysinrigtings bywoon. Dit dui aan hoe suksesvol die

regering en die land is in die voorsiening van skool en ander onderwys bo die basiese onderwysvlak. Terwyl die Grondwet nie

onderwys vir hierdie groep ‘n basiese reg maak nie, verplig dit die regering om verdere onderwys progressief meer beskikbaar en

toeganklik te maak vir ons jeug.

►PM003: Openbare besteding aan die armste leerders as ’n persentasie van openbare besteding op die mins arm leerders

Dit is die regering se besteding op die armste een vyfde van kinders en leerders as ‘n persentasie van die regering se besteding op

die mins arm een vyfde. Gedurende die laaste jare van apartheid was die persentasie ongeveer 20%. Dit is die regering se doel om

hierdie persentasie te verhoog tot meer as 100% vir alle provinsies. Daar is baie faktore wat hierdie persentasie op en af laat

beweeg; die regering se pro-arm-beleid rakende posvoorsiening en skooltoekenning; die regering se skoolbouprogramme (stoot die

persentasie op); die aantal arm kinders wat nie skool bywoon nie (en dus geen onderwysbefondsing ontvang nie); probleme om

onderwysers na landelike gebiede te lok (hierdie faktore verlaag die persentasie).

►PM004: Jare insette per VOO-kollege-afgestudeerde

Dit is die aantal jare van skoolonderwys wat die regering belê om elke graad 12- of ekwivalente afgestudeerde te lewer. Omdat

leerders herhaal, en omdat leerders die skoolstelsel voor die einde van graad 12 verlaat, is die aantal jare altyd meer as 12. Deur

die aantal jare egter minder so min as moontlik te hou, kan die regering aan meer mense onderwys van ‘n beter gehalte voorsien.

►PM005: Gemiddelde hoogste graad behaal deur volwassenes in die bevolking

Die maksimum waarde moontlik vir hierdie prestasiemaatreël is 12. Dit sal die geval wees as alle volwassenes in die bevolking

graad 12 voltooi het. Soos wat ons samelewing meer geskoold word, behoort die waarde van hierdie prestasiemaatreël te verhoog.

Ons moet redelik geleidelike toenames verwag, omdat dit baie jare neem vir skoolopvoeding en ABET om die algehele

onderwysvlakke oor die bevolking heen te verander.

►PM006: Volwassenegeletterdheidsyfer

Dit is die persentasie volwassenes wat kan lees en skryf, ten minste op basiese vlak. Ons Grondwet waarborg die reg op basiese

onderwys aan alle volwassenes wat in die verlede hiervan uitgesluit was. Vir redes wat met menseregte verband hou, maar ook vir

redes wat met ekonomiese ontwikkeling verband hou, is dit ‘n belangrike prestasiemaatreël vir die regering. Ons doel moet wees ‘n

100%-volwassenegeletterdheidsyfer.

►PM101: Persentasie skole wat die Skooladministrasie en –Bestuurstelsels implementeer

Die Skooladministrasie en Bestuurstelsel (SABS) is ‘n nasionaal ontwerpte en gerekenariseerde stelsel wat skole in staat stel om

inligting oor hul leerders, personeel, fasiliteite en finansies meer doeltreffend te gebruik. Hoe groter die aantal skole wat oor SABS

beskik, des te beter kan ons van skole verwag.

►PM102: Persentasie skole wat elektronies gekontak kan word deur die departement

E-pos help skole om vinnig met die Departement in verbinding te tree wanneer daar ‘n probleem is wat die Departement moet

hanteer. Hierdie wyse van kommunikasie stel ook die Departement in staat om vinnig en teen lae koste inligting te kommunikeer oor

beleidsveranderinge, deurlopende projekte en algemene omsendbriewe. Dit is die regering se doel om te verseker dat alle skole ekonnektiwiteit

geniet.

►PM103: Persentasie swart vroue in bestuursposisies

Dit is die persentasie swart vroue in bestuursposisies. Alhoewel diensbillikheid ‘n aantal areas dek, is swart vroue in

bestuursposisies baie belangrik om die vordering op weg na diensbillikheid in Provinsiale Onderwysdepartemente te belig.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 79

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!