03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Verbeterde monitering van leerderinskrywing/behoud op distriksvlak

Die voorsiening van leerderskappe, vakleerlingskappe, internskappe en vaardigheidsprogramme wat gekoppel is aan

werkgeleenthede moet soos volg verhoog word -

• Verhoog die aantal leerderskappe aangebied in areas geïdentifiseer deur die MEOS

• Verbeter deurvoer- en voltooiingsyfers deur vaardigheidsgebaseerde en behoeftegedrewe programme aan te bied.

• Gebruik plasingsinstrumente (Plasingsinstrumente word gebruik om te verseker dat leerders korrek geplaas word

wanneer hulle vir ‘n BVOO-kursus registreer).

Die WKOD sal ook –

• Die vestiging van ‘n voltydse BVOO-sentrum gebaseer op die bevindings van die lewensvatbaarheidstudie

ondersoek.

• Verbeterde beheer van BVOO-sentrums verseker deur die implementering van toepaslike kapasiteitsbouintervensies.

Ontleding van vordering

In 2002 is 10 000 volwasse leerders ingeskryf vir BVOO-kursusse en 16 000 vir graad 10- en 12-programme. Die retensieen

deurvoersyfer in beide basiese en verdere onderwys by volwassenesentrums (GLS’e) is swak en die provinsie beoog om

dit te verander deur middel van meer toepaslike programme en verbeterde leweringsmeganismes.

Dit sal gedoen word deur die voorsiening van ‘n vaardigheidsgebaseerde (nie skoolgebaseerde nie) BVOO vlak 1- tot 4kurrikulum

wat voorsiening maak vir gereelde assesseringsgeleenthede. Dit beteken:

‘n BVOO vlak 1- en 2-kurrikulum – bestaande uit vaardigheidsprogramme in gesyferdheid en geletterdheid

‘n BVOO vlak 3- en 4-kurrikulum – bestaande uit die basisvakke, en die bekendstelling van kernleerareas in lyn met die

leerder/sentrum se studierigting in vlak 4 BVOO

Daar is voorsiening gemaak vir 2 500 nuwe leerders per jaar om toegang tot BVOO te verkry. “Nuwe leerders” word

gedefinieer as leerders wat vir die eerste keer tot die stelsel toetree en diegene wat tot die stelsel toetree na ‘n onderbreking

van een jaar. Afsonderlike statistiek sal bygehou word om ’n ontleding van skoolverlaters te fasiliteer.

Leerderskappe, vakleerlingskappe, internskappe en vaardigheidsprogramme fokus op werkplek-en ervaringsleer leer.

Leerders word gewoonlik getrek uit die werklose (voorheen in diens en uit diens gestel, insluitend diegene in eie diens, en

hulle verskil in ouderdom en het heelwat uiteenlopende kurrikulumondersteuningsbehoeftes. Suksesvolle leerders behaal

nasionaal erkende leerkrediete/kwalifikasies. Die voorsiening van leerderskappe is ‘n kontraktuele vennootskap van die

verskaffer, werkplek en leerder. Die Departement van Arbeid met die SOOO’s is die nasionaal ontwerpte kampioen van

hierdie stelsel van werkplekvoorsiening. Behalwe vir internskappe, wat die ervaringsleerkomponent is vir sekere

graad/diplomakursusse op hoëronderwysvlak, word hierdie leerprogramme aangebied vanaf BVOO/NKR vlak 1 - NKR vlak

5.

Ontleding van beperkinge en beoogde maatreëls om dit te oorkom

Die meerderheid leerders behaal die vereiste krediete oor ‘n tydperk van minstens twee tot drie jaar. Sodra ’n leerder die

vereiste 120 krediete behaal het, kan ‘n AOOS deur UMALUSI uitgereik word. Gevolglik is die aantal AOOS’e wat uitgereik

word (werklike prestasie) relatief laag vergeleke met die gestelde teiken. Verder is leerareasertifikate uitgereik wanneer

leerders ’n leerarea suksesvol voltooi.

Die ontwikkeling van intermediêre en hoë vaardighede in leerderskappe en ander leerprogramme ervaar ‘n aantal generiese

probleme en die oplossing daarvan moet geprioritiseer word deur middel van ‘n koördinerende meganisme. Sommige van

hierdie probleme is: swak wiskunde-, wetenskap- en Engelsvaardigheid (essensieel die Grondslae van die NKR-stelsel);

motivering van leerders; billikheid en die ontwikkeling van skaars vaardighede; die fragmentasie van die aanbod van

onderwys en opleiding; en die uitbreiding van die aantal leerders in alle tipes voorsiening.

Ten einde die gehalte van die voorsiening van volwasseneonderwys-toepaslike modelle vir onderrig en kurrikulumbestuur by

GLS’e te verbeter, sal die bevindinge van die lewensvatbaarheidstudie as basis dien vir enige intervensie. Hierbenewens sal

’n opleidings- en ontwikkelingsmodel vir personeel aan BVOO-sentrums gevestig en geïmplementeer word. Die model sal

verseker dat alle huidige opvoeders geteikende opleding ontvang en dat alle nuwe opvoeders oriëntering en opleiding en

ontwikkeling ontvang.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 66

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!