03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

e) Toegewyde steunpersoneel by die OBOS sal voortgaan om steun te bied vir die geletterdheid/gesyferdheidstrategie

wat in 2006 amptelik geloods is ná uitgebreide konsultasie onder WKOD-rolspelers by hoofkantoor en op OBOS-vlak.

As deel van die aanbieding van geletterdheid en gesyferdheid in die provinsie het alle graad 3- en graad 6-klasse ‘n stel

van 100 boeke ontvang om te lees, en alle graad 3- en 6-leerders het ‘n wiskundehandboek. Monitering van

klaskamerpraktyk is geïnisieer maar weens uitdagings geopper deur onderwysersunies is dit eers teruggehou

onderhewig aan ‘n klaskamerbesoek-protokol waaroor ooreengekom sal word. As deel van hierdie strategie, is die taalin-onderwys-beleid,

wat moedertaalonderrig vir die eerste drie jaar van skool aanmoedig, ontwikkel. In 2006 is dit na

skole versprei en daarna verder gedebatteeer by die Taal-in-Onderwys-colloquium wat in Julie 2006 gehou is.

f) Voorbereiding vir die verdere implementering van die nuwe VOO-kurrikulum het relatief glad gevorder. Alhoewel

middeljaar-graad 10-resultate aanvanklik ‘n bron van kommer was, is uitgebreide steunprogramme en stelsels in skole

geïmplementeer om te help om hierdie resultate te verbeter. Voorlopige verslae oor jaareind-slaagsyfers toon ’n

slaagsyfer van 74%, met die Suid-Kaap/Karoo wat ‘n verbetering toon op vorige jare. Addisionele opleiding van 9872

graad-11 VOO-onderwysers het in Junie plaasgevind, met langer opleidingsessies vir nuwer vakke insluitend landbou,

dansstudies, tegnologievakke (insluitend CAT en IT).

g) Die WKOD het aan die voorpunt gestaan van die gebruik van IKT-tegnologieë in skole, en sal voortgaan hiermee. Die

Khanya-projek het 575 skole gehelp met die effektiewe gebruik van IKT-tegnologie, met ‘n verdere 276 skole in

verskillende stadia van voorbereiding. 22 271 rekenaars word in Khanya-skole gebruik, met tegnologie wat deur 14 993

opvoeders effektief gebruik word vir kurrikulumlewering en uitbreiding van toegang na 496207 leerders. Khanya word

deurlopend erken as ’n vernuwende krag in skoolgebaseerde IKT-tegnologieë. Groei in breëband-konnektiwiteit vir

skole en die voortgesette uitrol van IKT-infrastruktuur in skole sal deur CEMIS, Khanya en die Telekommunikasieprojek

gehanteer word. Die Khanya-projek het ook nog ‘n Goue Toekenning vir uitnemendheid van die Impumelelo

Innovations Award Trust ontvang. Die Trust gee toekennings vir uitsonderlike projekte wat vennootskappe met die

openbare sektor behels en die lewensgehalte van arm gemeenskappe op innoverende wyses verhoog. Die sitaat vir die

toekenning lees as volg: "’n Omvattende en veelfasettige benadering tot die onderwyservaring in klaskamers regoor die

Wes-Kaap is die dryfkrag agter die installering van rekenaars in klaskamers in skole die afgelope vyf jaar. Rekenaars

word nie in isolasie geïnstalleer nie, onderwysers ontvang opleiding, skole word voorsien van hoëspoed-

Internettoegang en dit word van skole verwag om ‘n 'vennootskaps-' benadering tot die projek aan te neem deur ten

minste hul energie te gee om hul verbintenis te demonstreer. Die steun wat deur die gemeenskap gegee word het gelei

tot ’n afname in die voorkoms van diefstal, aangesien gemeenskappe eienaarskap van die skole aanvaar het.”Die Goue

Impumelelo-toekenning is die 11de toekenning wat in die afgelope twee jaar aan die Khanya-projek toegeken is.

h) Die invoer van die NKV in graad 10 tot 12, beginnende met graad 10 in 2006, het besonder goed verloop. ’n Wye

reeks voorbereidende aktiwiteite het ingesluit ’n hoogs suksesvolle konferense vir skoolprinsipale en ander

skoolbestuurders. Onderwysers het goed gereageer op opleiding in die hersiene nasionale kurrikulum vir graad R tot 9.

Voortgesette uitrol van die NKV in graad 7 – 9 is ondersteun deur vyfdaagse oriënteringsessies vir opvoeders. In 2006,

het 2800 graad 8- en 9-opvoeders sodanige sessies bygewoon. GTA’s vir graad 9 is na alle skole versprei en die

voorsiening van handboeke aan graad 8- en 9-skole in die laer kwintiele word deur middel van die Inkxaso-projek

voortgesit.

i) Die voortgesette verbetering van toegang tot graad R en die gehalte van graad R-onderrig en leer is verseker met die

invoer van ‘n nuwe subsidiestelsel vir graad R-leerders en die verspreiding van nuwe onderrig- en leerstelle wat

leerders help om aan die vereistes van die nuwe kurrikulum te voldoen. ’n Geïntegreerde

Vroeëkinderontwikkelingstrategie is deur die provinsiale wetgewer goedgekeur, en die Nasionale Geïntegreerde plan is

in Oktober 2006 geloods. ’n Verdere 6 000 leerders ontvang ‘n subsidie en dit bring die totaal op 31300 te staan.

Ongelukkig is baie leeromgewings maar traag om aansoek te doen om subsidies en hul Jaarlikse Kitsopnameresultate

in te dien. Die WKOD het die subsidie vir graad R verdubbel van R3 tot R7 per kind per skooldag, en die WKOD sal die

opleiding waarneem van 900 VKO-praktisyns wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geïdentifiseer

is, as deel van ‘n breër Uitgebreide Openbare Werke-Program (UOWP).

j) Die WKOD het ses van die agt toekennings vir uitnemendheid gewen by die 2006- Premierstoekennings vir

Uitnemendheid. 9 uit 13 projekte van die WKOD was onder die finaliste. ’n Breederivier/Overberg BVOO-projek het die

top-toekenning gewen.

• Goud: Breederivier/Overberg-projek - 160 Dae Intervensie vir BVOO-sentrums

• Silwer: Khanya-projek; en die WCED-Kliëntediens

• Brons: SA Skole Koor-Eisteddfod-projek (SASKE); Kaapse Onderriginstituut; LSOB-Adviseursprojek (Spesiale

Onderwys).

• Ander WKOD-projekte wat onder die finaliste was, was die Western Cape Movement Education Association, die

Onderwyserassistent-projek en die Kurrikulum IKT/KM-eenheid. Die Gold Peer Education-Projek, gesamentlik

voorgelê deur die WKOD en die Departement van Gesondheid, was ook onder die finaliste.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!