03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

►PM104: Persentasie huidige besteding aan nie-personeelitems

Dit is die persentasie van onderwysbesteding, uitgesluit besteding op fisiese infrastruktuur (Nie-personeel-kapitaal), wat bestee word

op nie-personeelitems soos handboeke, skryfbehoeftes en leerdervervoer.

►PM201: Persentasie leerderdae wat deur ’n voedingsprogram gedek word

Dit is die aantal maaltye wat by skole voorsien word, deur die regering se voedingsprogram, gedeel deur alle leerders in ‘n jaar (‘n

leerderdag is een leerder se bywoning op een dag). Hierdie persentasie gaan op wanneer die voedingsprogram meer leerders dek,

of wanneer elke leerder meer etes per jaar ontvang. Die maksimum moontlik is 100%. Ons sou verwag dat die persentasie hoër

moet wees in daardie provinsies met die grootste vlakke van armoede.

►PM202: Persentasie leerders in openbare gewone skole met spesiale behoeftes

Dit is die persentasie leerders in openbare gewone skole met spesiale behoeftes. Histories het sulke leerders probleme met

toegang tot openbare gewone skole gehad, maar in die lig van die regering se inklusiewe onderwysbeleid, moet maatreëls getref

word om toegang ‘n werklikheid te maak vir gestremde leerders.

►PM203: Persentasie openbare gewone skole met watervoorsiening

Dit is die persentasie openbare gewone skole aan wie skoon water voorsien word. Vir gesondheid- en ander redes is dit belangrik

dat alle skole toegang tot skoon water op die perseel moet hê.

►PM204: Persentasie openbare gewone skole met elektrisiteit

Dit is die persentasie openbare gewone skole met elektrisiteitsvoorsiening. Elektrisiteit is ‘n belangrike voorvereiste vir die invoer

van moderne tegnologieë wat bestuur, onderrig en leer in skole kan bevorder.

►PM205: Persentasie skole met ’n toereikende aantal funksionele toilette

Dit is die aantal skole met minstens twee funksionele toilette vir elke klaskamer. Vir redes wat met gesondheid en skoolbywoning

verband hou, is dit belangrik dat die skoolstelsel in die rigting van hierdie minimum norm vir alle skole beweeg.

►PM206: Besteding op onderhoud as ’n persentasie van die waarde van skoolinfrastruktuur

Dit is belangrik dat bestaande geboue en toerusting in die skoolstelsel behoorlik onderhou word sodat dit ten volle funksioneel is en

vervanging minimaal is. Beleid bepaal dat jaarlikse besteding op onderhoud van fasiliteite minstens 1.5% van die totale waarde van

daardie fasiliteite behoort te beloop.

►PM207: Persentasie skole met meer as 40 leerders per klas

Dit is die persentasie skole met ‘n leerder:opvoeder-verhouding groter as 40. Klasse wat baie groot is is duidelik nie goed vir

onderrig en leer nie, en die doel is om hierdie persentasie tot 0% te verlaag.

►PM208: Persentasie nie-Artikel 21-skole waar alle LOOM en alle vereiste materiaal op dag een van die skool afgelewer

word

Dit is die persentasie skole wat van die Departement afhanklik is vir die verkryging van handboeke en ander LOOM, wat al die items

wat hulle verwag op die laatste op die eerste skooldag ontvang.

►PM209: Persentasie skole met Artikel 21-status

Dit is die persentasie skole aan wie sekere bestuursverantwoordelikheid toegeken is, insluitende finansiële

bestuursverantwoordelikhede, ingevolge artikel 21 van die Suid-Afrikaanse Skolewet. (Dit het niks te doen met Artikel 21maatskappye

nie.) Dit is belangrik dat meer skole vir hierdie selfbestuurstatus voorberei word sodat skole meer effektief kan reageer

op plaaslike druk.

►PM210: Persentasie werkdae wat verlore gaan weens afwesigheid van opvoeders in openbare gewone skole

Hierdie prestasiemaatreël neem in aanmerking enige afwesigheid van die skool deur opvoeders, om enige rede, waar daar geen

plaasvervanger-opvoeder was nie. Om behoorlik te kan funksioneer, is dit belangrik dat leerders nie sonder opvoeders is nie. Die

doel moet wees om hierdie prestasiemaatreël so laag as moontlik te hou.

►PM211: Persentasie leerderdae wat verlore gaan weens leerderafwesigheid in openbare gewone skole

Hierdie prestasiemaatreël is soortgelyk aan PM213, maar dit het te doen met leerders eerder as opvoeders. Enige afwesigheid van

skool deur enige leerder moet deur hierdie prestasiemaatreël in berekening gebring word word.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 80

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!