03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die NKV word in graad 10 – 12 ingevoer (Graad 10 het in 2006 begin, met graad 11 in 2007 en graad 12 in 2008). Die

aantal vakke wat in die kurrikulum van VOO-skole aangebied word, is heelwat verminder maar is meer gefokus en toepaslik.

Die NKV-kwalifikasie is ook meer gefokus. Die departement is aktief besig om ’n proses van kurrikulumregstelling te dryf om

te verseker dat alle distrikte die volledige reeks vakke kan aanbied. Dit verg sorgvuldige beplanning en sterk regstellende

aksie.

Die kurrikulumregstellingsproses word ondersteun deur ‘n sistemiese regstellingsprogram wat toerusting (veral rekenaars) en

spesialisonderwysers aan benadeelde gebiede voorsien. Die WKOD het met hierdie regstelproses begin in die velde van

wiskunde en wetenskap en ondersteun reeds 50 Wiskunde-, Wetenskap- en Tegnologieskole vir benadeelde leerders.

Ander ’fokus’skole soos die Kuns en Kultuur-skole, is ook in die VOO-band ontwikkel.

Alle onderwysers van die VOO-fase ontvang opleiding in onderrig- en asseseringstrategieë. Daarby woon onderwysers ook

kursusse by wat deur hoëronderwysinrigtings en ander vakkundiges aangebied word om hul kennis van vakinhoud op te

gradeer soos vereis. Rekenaargeletterdheidsprogramme word voorsien aan daardie onderwysers wat dit vir hul onderrig

nodig het.

Terwyl die onderwysstelsel vir die invoer van die nuwe kurrikulum voorberei, word terselfdertyd aandag geskenk aan die

aantal leerders wat ‘n Senior Sertifikaat verwerf. Daar is begin om teikens te stel vir die aantal leerders eerder as die

persentasie wat die eksamens slaag. Dit is goed moontlik om ’n skool se slaagsyfer te laat styd deur eenvoudig net die

aantal leerders te verminder. Hierdie praktyk moet ontmoedig word terwyl die voorsiening van geleentheid om op hoër

vlakke van die skoolstelsel te studeer aangemoedig moet word. Dit is ’n belangrike oorweging wat nou verband hou met die

konsep van die deurvoersyfer. Die WKOD het teikens gestel vir die verhoging van die aantal leerders wat die Senior

Sertifikaat slaag met meer as 1000 per jaar vanaf 34 000 in 2003 tot 50 000 in 2014.

In 2006-senior-sertifikaat-eksamens het skole in die Wes-Kaap ‘n slaagsyfer van 83,7% behaal. Hoewel hierdie slaagsyfer

steeds bemoedigend bly, is dit belangrik dat ander aanduiders ook gebruik word om die uitslae te ontleed. Die belangrikste

hiervan is die slaaggehalte. Matriek-endossement word wyd aanvaar as ‘n volmag vir gehalte omdat dit van die leerder

verwag word om minstens vier vakke op die hoër graad te slaag. Die klein getalle endossemente onder swart leerders van

die vorige DOO en HG-slaagsyfers in Wiskunde en Wetenskap bly ‘n belangrike bron van kommer. Die WKOD sal

voortgaan om die prestasie te vier van skole wat hul inskrywingsgetalle behou of vergroot terwyl hulle hul

endossementgetalle verbeter.

4. Spesiale skole

Aandag word geskenk aan die rasionalisering van spesiale dienste ten einde die behoeftes van die WKOD te akkommodeer

en die optimale benutting van die beskikbare hulpbronne te verseker. Tans kan toegang tot gespesialiseerde

onderwysteundienste slegs aan ’n klein persentasie kinders gebied word vergeleke met die enorme behoefte. Die huidige

voorsiening in die spesialeskoolsektor is ontoereikend vir die toenemende eise van leerders wat gespesialiseerde

onderwyssteundienste benodig, veral in die landelike gebiede. Die gebrek aan gespesialiseerde onderwysdienste vir

leerders wat ernstige emosionele, gedrags- en sielkundige leerstoornisse ervaar verg dringende aandag van die verskillende

belanghebbendes. Die behoefte aan meer vaardigheidskole spruit voort uit die groeiende aantal leerders wat wag om by

hierdie soort skole geakkommodeer te word. Dit is dus noodsaaklik dat besteding op hierdie sektor oor die medium termyn

verhoog word, alhoewel toereikende befondsing nie oor die kort termyn beskikbaar is nie.

A.4.3 VOO-kolleges

Hierdie sektor is kernbelangrik vir ons ontwikkelingsplanne, veral omdat dit ontwerp is om groter toegang vir studente te bied

(deur sowel die ontwikkeling van toepaslike kursusse as die beskikbaarheid van finansiële steun). Die sektor het alreeds sy

strategiese ontwikkelingsplanne gelewer, hul kursusaanbiedings is herstruktureer en hulle bied kursusse aan wat op die

nuwe kurrikula gebaseer is en primêr steun op die navorsing wat vir die MEOS onderneem is. Daarbenewens help die

herkapitaliseringsfondse, wat deur die DvO voorsien is, om kolleges in groter mate te laat beantwoord aan die

ontwikkelingsbehoeftes van die provinsie en die ekonomie. Deur noue samewerking met die SOOO’s is die kolleges in staat

om die leerderskapteikens wat deur die Departement van Arbeid op nasionale vlak gestel is, te bereik. ’n Kritieke aspek van

die ontwikkeling van hierdie sektor is die vestiging van ’n VOO-Inligtingstelsel wat die departement in staat sal stel om die

beweging en effektiwiteit van hierdie stelsel akkuraat te monitor. Die departement sal begin met die implementering van die

Verdere Onderwys- en Opleiding-Bestuursinligtingstelsel in VOO-kolleges.

‘n Bedrag van R227 miljoen in totaal word belê in die herkapitalisering van die VOO-kolleges in die periode 2006/07 tot

2008/09. Die departement en die ses VOO-kolleges opereer op ’n strategiese beplanningsbasis. Dit word van kolleges

verwag om omgewingskandering en verwante navorsing te doen oor die menslikehulpbronontwikkelingsbehoeftes van hulle

bedieningsgebiede. Die departement doen eie ontledings en bevraagteken die planne van die kolleges aan die hand

hiervan. Kolleges is uitstekend geposisioneer (gegee hul hulpbronne) om die vaardigheidsgapings van die Provinsie sowel

as die stategiese nasionale prioriteite te vul.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!