03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

B.7 Vroeëkinderontwikkeling

Die volgende is die meetbare doelwitte/objectives (▲) wat met program 7 verband hou, en hul hul prestasiemaatreëls (►):

Meetbare doelwitte Prestasiemaatreëls

Toegang ▲ Om openbaar befondste Graad R te

voorsien ooreenkomstig ingevolge beleid

Gespesifiseerde beleide, prioriteite en strategiese doelwitte

• Strategiese doelwitte en mikpunte:

► PM701: Persentasie leerders in openbaar

befondste Graad R

Om toegang tot gehalte-onderwys te verseker vir alle kinders wat in die provinsie woon.

• Om graad R-ruimtes in openbare gewone skole en in onderwysbefondste gemeenskapsgebaseerde plekke en as

beskikbare onderrigruimte te voorsien ooreenkomstig beleid, spesifiek Witskrif 5.

• Om toegang tot onderwys vir leerders uit voorheen gemarginaliseerde groepe te verbeter

• Om die aantal leerders in graad R-programme te vergroot sodat alle kinders van ouderdom vyf wat in die Wes-

Kaap woon in graad R-klasse ingeskryf is

• Om te verseker dat die NKV-leeruitkomstes onderrig en bereik word in alle graad R-klasse

(skoolgereedheidstoetse sal gebruik word om dit te bepaal)

• Om hulpbronne te voorsien om die onderrig van die NKR graad R in elke leerplek te verseker

• Om alle graad R-onderwysers in die NKR op te lei

• Om risikoblootgestelde leerders en hul leerstoornisse te identifiseer

Om effektiewe bestuur en beheer in al die leerplekke en steunsentra te verseker

• Om steun en ontwikkeling t.o.v. bestuur en beheer nader na graad R-leerplekke te bring deur die werk van die

distrikskantore en ander professionele dienste

• Om ‘n optimale en billike verspreiding van finansiële, fisiese en menslike hulpbronne regoor die stelsel te bereik

• Om die kennis en vaardighede van die graad R-personeel te verbeter deur middel van geteikende opleiding en

steun

• Om die kennis en vaardighede van beheerliggame te verbeter deur middel van geteikende opleiding en steun

• Om die bestuur van die kurrikulum en assesseringsprosesse te verbeter

• Om finansiële bestuur en die bevordering van gehalte op alle vlakke te verbeter ooreenkomstig provinsiale beleid

en die wetgewende raamwerk

• Om professionele steun aan alle graad R-leerplekke te bied

Om opvoeders toe te rus en te ondersteun in hul pogings m effektiewe onderwys te voorsien

• Om die professionele gehalte van die onderwyskorps te ontwikkel deur middel van deurlopende professionele

steun rakende die NKV

• Om opvoeders toe te rus om effektiewe kurrikulumontwikkeling, -lewering en

-steun te verseker

• Om gespesialiseerde onderwyssteun aan leerders te bied

• Beleidsprioriteite:

‘n Strategie vir die steun van VKO in die Wes-Kaap is ontwikkel deur ‘n intersektorale beplanningspan onder leiding van

die WKOD en die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DMO).

Die oorkoepelende doel van die benadering is die voorsiening van ’n geïntegreerde en gekoördineerde benadering om

die effektiewe en holistiese dienste aan jong kinders in die ouderdomsgroep geboorte tot vier jaar oud te verseker. Die

doel van die strategie is om nie alle kinders in crèches of dagsorgsentrums te hê nie, maar te verseker dat kinders se

versorgers (ouers, grootouers, gemeenskapswerkers, personeel van dagsorgsentrums, preprimêre skole en crèches)

toegerus is om die fisiese, sosiale en kognitiewe ontwikkeling van kinders te bevorder.

As deel van hierdie geïntegreerde benadering tot die ontwikkeling van alle 0- tot 4-jariges wat in die provinsie woon, sal

die WKOD versorgers in die VKO-kurrikulum oplei. Die EPWP is na die VKO uitgebrei en maak voorsiening vir ‘n

leerderskapprogram sowel as die voorsiening van hulpbronstelle aan sekere VKO-gemeenskapsentra.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 68

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!