03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Onderwyseropleiding

Hierdie inisiatief het begin met 24 beurshouers in 2001 en het gegroei tot 90 in die 2006- akademiese jaar.

Khanya Tegnologie in Onderwys-Projek

Tans is 613 (39,9%) skole reeds voorsien van minstens een rekenaarfasiliteit met nog 241 (15,7%) skole in verskillende

stadia van voorbereiding vir die volgende implementeringreeks. ‚n Totaal van 23 948 rekenaars word gebruik in Khanyaskole

(13 635 hiervan is befonds deur Khanya of sy skenkervennote, en die oorblywende 10 313 is deur die skole self

aangeskaf). As deel van die Khanya-implementering, word 15 773 opvoeders bemagtig om tegnologie optimaal te gebruik

vir kurrikulumlewering en 524 179 leerders trek alreeds voordeel uit die projek.

Die oorblywende 679 openbare skole sal van minstens een rekenaarfasiliteit en toepaslike onderwysprogrammatuur

voorsien word. Die onderwysers aan hierdie skole sal ook met basiese IKT-vaardighede toegerus word sodat hulle die

maksimum voordeel kan trek uit die gebruik van die tegnologie wat aan hulle voorsien is en om die WKOD se doel om IKTs

te gebruik in die lewering van die kurrikulum.

Fokusskole

28 skole is geïdentifiseer as fokusskole vir die aanbieding van die leervlede Kuns en Kultuur, Handel, Bestuur en

Ingenieurswese. Die skole moes besigheidsplanne voorberei en het ‚n begroting ontvang vir geboue, infrastruktuur,

toerusting, opleiding, bemarking, sekuriteit en LOOM. Ongeveer 75% van die plekke is onder konstruksie of is voltooi (nuwe

geboue, opgradering en infrastruktuur, rekenaarlaboratoria, ateljees, werkswinkels).

Fokusskole is tans betrokke by onderwyserskonferensies en vakontwikkelingsessies vir sowel onderwysers as leerders in

spesialisvakke. Onderwysers word geregistreer vir toepaslike ACE-kursusse om hul kennis, vaardighede en bevoegdheid te

verbeter.

Gedurende die volgende fase van die projek sal die klem op Menslikehulpbronontwikkeling val, in ooreenstemming met die

MKOS van die department. Dit sal ’n werkswinkel oor heelskoolontwikkel insluit wat deur ’n diensverskaffer gefasiliteer sal

word, indiensopleiding, ACE-kursusse, konferensies, oorbruggingskampe, ‘n innoverende roosterkursus en

projekbestuurskursusse. Die intensie is ook om IKT-sentrums by sommig evan die fokusskole te ontwikkel en om

uitreikprogramme aan te bied. Skole word aangemoedig om openbare private vennootskappe te sluit en om beurse vir

leerders te verseker.

Loopbaanvoorligting

Lewensoriëntering-onderwysers sal spesiale opleiding ontvang om hulle in staat te stel om leerders te lei tot die keuse van

toepaslike loopbane. Alle skole moet hulle spesiale kamers toerus met die nodige toerusting en LOOM. Aan die einde van

die jaar sal uitstallings van die leerders se werk en van uitvoerende kunste hier plaasvind.

Ontleding van beperkinge en maatreëls wat beoog word om dit te oorkom

Werwing van geskikte kandidate met ‘n aanleg vir ‘n loopbaan in onderwys het ‘n uitdaging geword. Die onderwysprofessie

word gesien as een wat besaai is met dissiplinêre probleme, en van lae status. Terwyl salarisse op toetreevlakke

kompeterend is, verhoog dit nie soos in ander sektore nie. Die WKOD bly deurlopend in verbinding met skole en

universiteitsfakulteite wat Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie aanbied in verband met die werwing van potensiële

onderwysers.

Daar is baie min gekwalifiseerde voorligtingonderwysers oor in die WKOD. Dit beteken dat die werwing en opleiding van

onderwysers in hierdie belangrike en vaardigheidsarea van meet af aan moet begin. Dit sal nie maklik wees nie. Die WKOD

het ’n driejaarprogram ontwerp om lewensoriëntering-onderwysers se vaardighede ten opsigte van vak- en

loopbaanvoorligting te ontwikkel.

‘n Loodsstudie is in die vooruitsig (deur die MIV/VIGS-program) om die lewensvatbaarheid van skoolgebaseerde assistentmaatskaplike

werkers te ondersoek, as laekoste-inisiatief met potensiaal vir leerderskappe, ten einde die breër maatskaplike

uitdagings in baie gemeenskappe (insluitend afwesigheid, gedragsprobleme, en verbeterde toegang tot maatskaplike

toelaes, gesinsteun en basiese gesondheidsdienste) te takel.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!