03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

gemeenskapleerplekke en volwasseneleersentra ontvang betalings gebaseer op norme en standaarde wat ook gebruik word

vir die vergoeding van onderrig- en administratiewe personeel.

Verreweg die grootste deel van die begroting gaan aan die primêre- en sekondêreskoolstelsel insluitend skole vir LSOB. In

die skoolstelsel word personeel regverdig toegeken in terme van die posvoorsieningsnorme wat gegrond is op die

leerdergetalle, die klassifisering van armoedestatus van gemeenskappe, en die vakke wat aangebied word. Norme en

standaarde-befondsing word toegeken volgens nasionale armoedekwintiele met die armste kwintiel wat gemiddeld ses keer

meer ontvang as dié wat die minste arm is.

Nie-voorwaardelike en nie-geoormerkte nie-personeeluitgawes verteenwoordig 13,1% van die totale besteding vir die

2007/08-finansiële jaar. Nie-personeelbesteding sluit in fondse vir norme en standaarde-befondsing vir openbare gewone

primêre en sekondêre skole, leerdervervoerskemas, infrastruktuur sowel as vir oordragbetalings aan onafhanklike skole,

openbare spesiale skole, VOO-kolleges, BVOO-sentrums en VKO-skole en leerplekke.

Kapitale besteding het afgeneem van 2,6% van die besteding in 2003/04 tot 2,2% van die beraamde besteding vir 2007/08.

Dit sluit hoofsaaklik voorsiening in vir infrastruktuurprojekte sowel as vir rekenaars en toerusting vir die Khanya-projek. Die

afname is toe te skryf aan die befondsing vir die versnelde kapitale infrastruktuurleweringsprogram, wat in die 2005/06- en

2006/07-finansiële jare beskikbaar gemaak is uit die Batefinansieringsreserwe (BFR), wat in die komende jare beginnende

2007/08 van die departement se begroting verhaal sal word.

Program 2: Openbare gewoneskoolonderwys vorm steeds die hooffokus van die departement se befondsing. 80,8% van die

begroting vir 2007/08 word aan hiedie program toegeken. Die hoofdienste onder hierdie Program is primêre- en

sekondêreskoolonderwys by openbare gewone skole (insluitend infrastruktuur) die distriksbestuurs- en ontwikkelingsteun

aan onderwysinrigtings, menslikehulpbronontwikkeling vir inrigtinggebaseerde personeel sowel as die voorwaardelike

toekenning vir die Nasionale Skoolvoedingsprogram. 57% van die Program se begroting word toegeken aan primêre skole

en 38% aan sekondêre skole.

Programme wat aansienlike gegroei het vanaf 2003/04 tot 2007/08 is Program 7: Vroeëkinderontwikkeling waar addisionele

hulpbronne voorsien is vir die bevordering van deelname aan graad R sowel as vir die EPWP vir die opleiding van VKOpraktisyns

by VKO-leerplekke sowel as om hulpbronpakkette vir hierdie leerplekke te voorsien, Program 5: Verdere

onderwys en opleiding, waar fondse voorsien is vir die herkapitalisering van VOO-kolleges en Program 8: Hulp- en verwante

dienste waar fondse spesifiek voorsien is vir die verdere implementering van die MKOS in lyn met die provinsiale

ontwikkelingstrategie, iKapa elihlumayo.

In die afgelope vyf jaar was daar byna universele inskrywing in graad 1 in die Wes-Kaap en universele deelname word in die

primêre skool voortgesit. Met ander woorde, die oorweldigende meerderheid van Wes-Kaapse kinders tussen ouderdom 7

en 14 is in die onderwysstelsel ingeskryf op min of meer die toepaslike graadvlak. Daar is egter ‘n dramatiese daling in

inskrywing na graad 8 en meer onlangs graad 10. Kwantitatiewe ontleding van die Wes-Kaapse skoolinskrywingsgetalle

deur verskillende navorsers dui daarop dat slegs 45 – 52% van die leerders wat vir graad1 inskryf graad 12 bereik (Crouch,

2002; van Wyk, 2003).

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!