03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

A.4 Die pad vorentoe

A.4.1 Voorskoolse dienste

1. Voor graad R

VKO vir voor graad R word tans deur die WKOD voorsien, asook deur die provinsiale departemente van Gesondheid en

Maatskaplike Ontwikkeling, en plaaslike regering, in ‘n verskeidenheid leeromgewings. ’n Geïntegreerde leweringstrategie is

ontwikkel.

Die WKOD help met die opleiding van versorgers sowel as die ontwikkeling van die toepaslike kurrikulum. Ter

ondersteuning van die UOWP en om gehalte-onderwys vir die groep van geboorte tot 4½ jaar te bied, reël die WCED dat

leerderskappe vir versorgers/praktisyns by die toepaslike opleidingsinstansies aangebied word.

2. Graad R in gemeenskapsleeromgewings

Die NKV sluit een jaar onderwys in voor toetrede tot graad 1. Dit is graad R, wat daarna streef om 5/6-jariges te voorsien

van die nodige kennis voor geletterdheid en gesyferdheid sowel as lewensvaardighede vir die suksesvolle hantering van die

formele skool.

Terwyl graad R nie as verpligte onderwys beskou word nie, vorm dit ‘n integrale deel van die Grondslagfase van die NKV.

Die WKOD het ten doel om teen die jaar 2010 universele toegang tot graad R aan alle 5/6-jariges in die Wes-Kaap te bied.

Ten einde hierdie doelwit te bereik, sal die departement vanaf 2007 voorsiening maak vir toereikende fondse vir 2 000

addisionele graad R-leerders per jaar teen ‘n per capita-vlak van R2 400 per kind in gemeenskaps- en onafhanklike VKOsentrums.

Ongeveer 33% van die graad R-ouderdomsgroep sal in sodanige inrigtings geakkommodeer word.

Die opleiding van opvoeders tot ‘n vlak wat sal verseker dat gehalte-onderwys plaasvind sal volgens die Leerderskapmodel

gedoen word. SBL’e sal ook in leierskaps- en beheervaardighede opgelei word.

A.4.2 Skole

1. Graad R in skole

Ten einde universele toegang tot graad R teen 2010 te bereik, sal die WKOD vanaf 2007 toereikende fondse vir 4 000

addisionele graad R-leerders per jaar bied teen ‘n per capita-vlak van R2 400 per kind in openbare skole. Ongeveer 66%

van die graad R-ouderdomsgroep sal in sodanige klasse geakkommodeer word.

Die opleiding van opvoeders tot ‘n vlak wat gehalte-onderwys sal verseker, sal volgens die Leerderskap-model gedoen word.

2. Algemene Onderwys en Opleiding (AOO) (Graad 1 - 9)

AOO bied ‘n stewige grondslag vir alle toekomstige onderwys en opleiding via gehalteprogramme wat spesifiek sal fokus op

die ontwikkeling van hoëvlak- taal en wiskundige vaardighede.

Die WKOD se derde doel vir menslikehulpbronontwikkeling is om gehalteprogramme vir graad 1- tot 6-leerders aan te bied.

Data van die 2001-Sensus en die WKOD-OBIS toon dat daar baie hoë inskrywingsyfers in die ouderdomsgroep 6 – 15 jaar

is. Hierbenewens is die ouderdom-graad-korrelasie in die Wes-Kaap hoog.

Onlangse studies wat onder graad 3- en 6-leerders uitgevoer is, toon egter dat leerders in die Wes-Kaap nie die

leerdoelwitte van die nasionale kurrikulum bereik nie en dus nie die vereiste basis vir menslikehulpbronontwikkeling ontvang

nie. Die provinsiale toetsing wat in 2002 tot 2005 uitgevoer is, toon dat die resultate van hierdie toetse sterk met armoede

korreleer. Om hierdie rede het die WKOD ‘n spesiale fokus geplaas op die ontwikkeling van die lees- skryf- en wiskundevlakke

van alle leerders in graad 1 – 6, veral arm leerders. Sedert 2006 is spesiale klem geplaas op die steun en monitering

van lees-, skryf- en reken-uitkomstes van die nasionale kurrikulum in die primêre skool, veral in die Grondslagfase.

Die WKOD sal elke alternatiewe jaar voortgaan met provinsiewye toetsing aan die einde van die Grondslagfase en

Intermediêre Fase, dit is graad 3 en 6. Graad 3-leerders is in 2006 getoets en graad 6-leerders sal in 2007 getoets word.

In Graad 7 - 9 bou die WKOD voort op die sterk basis wat in lees, skryf en reken gelê is. In hierdie grade is die fokus op agt

leerareas wat leerders voorsien van algemene onderwys wat die basis vorm vir die keuse van en sukses in ‘n meer

gespesialiseerde studieveld.

3. Verdere Onderwys- en Opleidingskolleges (VOO) Graad 10 – 12

VOO is ‘n spesialiseringsfase. Dit is die eerste fase van die onderwysstelsel waar leerders keuses moet maak oor die vakke

of programme wat hulle wil aanbied.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!