03.05.2013 Views

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

Annual Performance Plan Jaarlikse ... - National Treasury

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Verseker dat die leerderopsporingstelsel in werking is en begin met ‘n Verdere Onderwys- en Opleiding-

Bestuursinligtingstelsel (VOOBIS) in VOO-kolleges.

• Bou van sosiale kapitaal binne die onderwyssektor deur middel van, onder andere, forums vir VLR’e SBL’e en

afgetrede onderwysers sowel as ander koöperatiewe en vennootskapsgebaseerde inisiatiewe.

• Verbetering van alle aspekte van finansiële bestuur en rekenkundige verantwoordelikhede om uiteindelik na ‘n

Vlak 4-ouditeerbare organisasie te beweeg.

Ontleding van vordering

• Sosiale kapitaal

Die WKOD het alreeds ‘n reeks programme in plek wat bydra tot die ontwikkeling van sosiale kapitaal. Hoë vlakke van

ervaring en kundigheid lê in mense opgesluit. Ten einde hierdie poel van kennis maksimaal te benut, word netwerke

geskep om sodanige ’kapitaal’ te deel en te versprei. Om voordeel te trek uit sodanige rykdom van menslike evaring, is

forums vir bespreking en probleemoplossing geskep, soos die SBL’e, VLR’e en Afgetrede Onderwysers –

• SBL’e van regoor die spektrum van gemeenskappe en die samelewing word bymekaar gebring om geraadpleeg te

word oor kwessies wat skole en gemeenskappe in die gesig staar. Dit sluit in die Veilige Skole en die MIV/VIGSlewensvaardigheidsprogramme

en die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NVP).

• VLR’e by skole word betrokke by kwessies rondom leierskap en geleentheid gebied om bestuurskwessies soos

dissipline, konflikbeslegting en rolmodel skep te beïnvloed. Die ontmoeting met VLR-lede van skole bied die

geleentheid om op distriks- en provinsiale vlak in interaksie te tree, en ’n provinsiale struktuur is op 15 Junie 2006

geloods.

• Die SBL’e en VLR’e word bemagtig om saam te werk aan kwessies waarmee die skool en die gemeenskap

gekonfronteer word. Die verbeterde koördinering van sosiale kapitaalontwikkelingsprogramme en –projekte sal

aandag geniet as deel van die WKOD se herontwerpproses.

• ‘n Databasis van afgetrede onderwysers word saamgestel sodat belangrike kennis en kundigheid nie verlore is nie,

maar beskikbaar gemaak word vir mentorskap en leiding in skole in die Wes-Kaap.

• Die ontwikkeling van strategiese vennootskappe op provinsiale en gemeenskapsvlak om inisiatiewe te bevorder soos

die ontwikkeling van heelskoolonderwys (die konsep van gemeenskapskool), portuuronderwys (gesonde

lewenstyl/voorkomingstrategie) en die bevordering van skole as plekke van sorg en steun.

• Kaapse Onderriginstituut

Die KOI het die jaarlikse opleidings- en ontwikkelingsprogram vir opvoeders in die Grondslagfase, Intermediêre Fase,

Senior Fase sowel as die ontwikkeling van skoolbestuur en leierskap suksesvol gelewer. Assessering van die impak

van opleidingsintervensies het die hoë vlak van doeltreffendheid van die intervensies in die klaskamer bevestig en ook

areas vir verbetering en die behoefte aan bykomende steun geïdentifiseer. Die KOI het suksesvolle seminare en

konferensies oor ‘n reeks onderwerpe vir opvoeders gereël.

• Beplanning van fisiese infrastruktuur

Die goedgekeurde 2006-Infrastruktuurplan dui ‘n agterstand van 104 nuwe skole aan waarvan 20 teen Februarie 2006

voltooi is, 13 tans onder konstruksie is, en 12 nog beplan word. Dus moet 59 skole nog aandag geniet. Dit word

voorsien dat die 13 skole onder konstruksie en die 12 wat nog beplan word binne die volgende 5 jaar voltooi sal word.

Hierdie funksie is van kritieke belang vir die WKOD en sy belanghebbendes. Benewens die feit dat bouprojekte

geïdentifiseer, geprioritiseer en beplan word vir tot 2014, is dit meer belangrik dat ‘n Fisiese

Infrastruktuurvoorsieningstrategie oorweging skenk aan nuwe skoolontwerpe, begin met die mobilisering van Openbare-

Private Vennootskappe, (OOV’s) om lewering van ons infrastrukturele behoeftes te versnel, en intervensie daarstel wat

die benutting van die maksimum kapasiteit van bestaande strukture sal verseker. Toeganklikheid van geboue vir

leerders, veral vir leerders wat beweeglikheidsprobleme ondervind of wat aan ’n rolstoel gekluister is, moet

geïnkorporeer word in die beplanning van fisiese infrastruktuur deur opritte te bou. Dit sal belangrik wees om

kleinerwerke-programme, bestuur deur die gemeenskap, (opgradering, rehabilitasie, versiering, ens.) by hul skole te

inisieer. Die visie is dat sodanige programme gemeenskappe se eienaarskap van die skole kan bevorder en,

belangriker nog, ekonomiese voordeel vir daardie gemeenskappe kan bied.

• Leerderopsporingstelsels (CEMIS)

‘n Omvattende leerderopsporingstelsel is in 2006 in alle openbare skole in die Wes-Kaap ingestel. Hierdie

opsporingstelsel het die inligtingsbasis van die provinsie verbeter en gelei tot verbeterde doeltreffendheid en beplanning

om te verseker dat leerders nie verlore raak uit die sosiale stelsel nie. Dit maak ook die instelling van ’n

leerderintervensie- en steunprogram moontlik.

Jaarlikse Prestasieplan 2007/08 – 2009/10 26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!