03.05.2013 Views

Leer en Lewe - AH Bogaards

Leer en Lewe - AH Bogaards

Leer en Lewe - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

supralapsarisme nie lastig geval en hulle veel minder veroordeel. Ons Kerke het die

saak steeds gesien as 'n intra-konfessionele geskil. Gomarus was net soos Zacharias

Ursinus, een van die opstellers van die Heidelbergse Kategismus, supralapsariër. Ook

die sinode van Utrecht van 1905 (in Nederland) het besluit om die harde

uitdrukkinge te vermy en soveel moontlik aan die Belydenis te hou. Hierdie sinode

het die volgende besluit geneem:

"Wat die infra- en supralapsarisme betref, spreek die sinode uit dat ons

belydenisskrifte ten opsigte van die leerstuk van die uitverkiesing die infralapsariese

voorstelling volg, maar dat, sowel blykens dié bewoording as dié van die Dordtse

sinode, hiermee geensins bedoel word om die supralapsariese voorstelling uit te sluit

of te veroordeel nie; dat dit as gevolg daarvan nie geoorloof is om die

supralapsariese sienswyse as die leer van die gereformeerde Kerke in Nederland

voor te stel nie, maar ewemin om dit vir iemand wat vir homself die supralapsariese

gevoele voorstaan, moeilik te maak nie, aangesien die sinode van Dordt oor die

geskilpunt geen uitspraak gedoen het nie. Daarby voeg die sinode die waarskuwing

om dergelike diepgaande leerstukke, wat die verstand van die eenvoudiges te bowe

gaan, so min as moontlik op die kansel en in die prediking van die Woord te bring en

om in die kategetiese onderwys sig te hou aan die voorstelling van ons

Belydenisskrifte (Acta art. 158).

G. DIE STRYD TEEN DIE LEER VAN DIE KERK

Teen die leer van die dubbele predestinasie, die verkiesing en die verwerping, is baie

en ernstige besware ingebring. Dit hoef ons ook nie te verbaas nie, want ons het hier

'n Evangelie wat nie vir die mens aangenaam is nie, maar vir vele 'n ergernis en 'n

dwaasheid is. Dit gaan hier om die gewigtige vraag: Wie beslis en wie verkies? God

of die mens? Kies die mens God of kies God die mens? In wie se hande lê die

uiteindelike beslissing tot die ewige saligheid of die ewige verderf? Daar kom by dat

die sondaar van nature 'n vyand is van 'n lewe uit genade alleen.

Wanneer Augustinus, na ernstige bestudering van Romeine 9, oortuig is van die

waarheid dat God verkies het tot die ewige lewe en verwerp het tot die ewige

verderf, vind hy in Pelagius 1 'n gedugte teenstander.

Hincmar van Reims 2 het vir Gottschalk, 3 wat deur die bestudering van die werke van

Augustinus 'n vurige aanhanger van die dubbele predestinasie geword het, fel bestry.

Hincmar het vir Gottschalk selfs tot lewenslange gevangenisstraf laat veroordeel,

maar hy het getrou gebly en 20 jaar in die gevangenis deurgebring.

In die Roomse Kerk het die Semi-Pelagianisme 4 groot aanhang gekry. Dit het

meegebring dat, hoewel hierdie kerk met Augustinus dweep, hy al verder verwyderd

geraak het van die predestinasieleer van Augustinus en liewer wil spreek van 'n

vooruitsien, 'n voorwetenskap van God as van voorbeskikking, voorverordinering.

1 Pelagius. ‗n Monnik uit die vierde eeu n.C. wat die Bybelse waarhede van die erfsonde en

van die absolute noodsaak van die genade van God vir ons redding asook van die uitverkiesing

loën. Sy volgelinge heet pelagiane. Die semi-pelagiane gaan nie so ver nie en sê dat die

genade van God wel onmisbaar is vir ons redding, maar dat dit tog van die vrye wil van die

mens afhang of hy gered word. Dus is die saligheid ten diepste nie van God afhanklik nie en

word die uitverkiesing geloën.

2 Hincmar van Reims, ‗n aartsbiskop uit die negende eeu wat die leer van die uitverkiesing

bestry het. Sy teenstander was Gottschalk, wat die suiwer waarheid voorgestaan het.

3 Gottschalk. Sien voetnoot 2.

4 Semi-Pelagianisme. Sien voetnoot 1.

71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!