02.05.2013 Views

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Luka

37 en al die Gadareners het Hom gevra om van hulle af weg te gaan, want ‘n groot

vrees het hulle aangegryp. Yeshua het in die boot geklim en teruggegaan van hulle

af weg.

38 Die man wat bevry is van die demone, het egter gepleit om by Hom te kan bly,

maar Yeshua het hom laat gaan en gesê:

39 “Gaan terug na jou huis toe en vertel al die groot dinge wat God aan jou gedoen

het.” Hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Yeshua aan

hom gedoen het.

40 Toe Yeshua terugkom, het ‘n groot skare mense Hom ontvang, want hulle het na

Hom gesoek.

41 ‘n Man met die naam van Ya’ir, hoof van die sinagoge, val voor die voete van

Yeshua neer en versoek Hom om na sy huis toe te kom,

42 want sy enigste dogter, van ongeveer twaalf jaar oud, het op sterwe gelê. Terwyl

Yeshua saam met hom gaan, het ‘n groot skare mense om Hom aangedruk

43 en ‘n sekere vrou, wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en alles wat sy het

aan dokters uitgegee het en deur niemand gesondgemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die gebedstossel aan Sy kleed aangeraak en onmiddellik

het haar vloei van bloed gestop.

45 Yeshua sê: “Wie het aan My geraak?” Toe almal dit ontken, sê Shim’on Kefa en die

wat saam met hom was: “Ons Meester, die mense druk teen U aan en U sê: ‘Wie is

dit wat aan My geraak het?’”

46 Hy sê: “Iemand het aan My geraak, want Ek weet dat krag vanaf My uitgegaan

het.”

47 Toe die vrou sien dat dit nie Sy aandag ontsnap het nie, kom sy bang en val

aanbiddend voor Hom neer en maak bekend voor al die mense waarom sy aan Hom

geraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 Yeshua sê vir haar: “Wees bemoedig, My dogter, jou vertroue het vir jou lewe

gegee. Gaan in vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.”

49 Terwyl Hy nog praat, kom daar ‘n man van die huis van die hoof van die sinagoge

en sê vir hom: “U dogter is dood, moenie die Leermeester pla nie.”

50 Yeshua het dit gehoor en sê vir die vader van die meisie: “Moenie bang wees nie.

Vertrou net; en sy sal lewe.”

51 Yeshua het by die huis gekom en niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan

nie, behalwe Shim’on, Ya’akov, Yoganan en die vader en moeder van die meisie

52 en almal het gehuil en oor haar getreur, maar Yeshua sê: “Moenie huil nie; sy is nie

dood nie, maar slaap.”

53 Hulle het vir Hom gelag, want hulle het geweet dat sy dood is.

54 Hy het almal uitgestuur na buite en haar aan haar hand vasgehou en na haar geroep

en gesê: “Dogtertjie, staan op!”

55 Haar gees het teruggekom en sy het onmiddellik opgestaan. Hy het hulle beveel

om vir haar kos te gee

56 en haar ouers was verstom, maar Hy het hulle gewaarsku om aan niemand te sê

wat gebeur het nie.

105

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!