02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaanse Romeins-Hollandse formele reg deur die Engelse formele reg. Dié proses het deur

middel van die promulgering van verskeie wette, ordonnansies en proklamasies in die

verskillende kolonies plaasgevind. 13

Na republiekwording is die siviele prosesreg in die Wet op Bewysleer in Siviele Sake 14 en die

strafprosesreg in die Strafproseswet 15 gekonsolideer. Vir sover sekere aangeleenthede nie

spesifiek deur die bepalings van hierdie twee wette gereël word nie, meld hulle dat die reg

wat op 30 Mei 1961 (die dag voor republiekwording) gegeld het, van toepassing is. Dit

beteken dat daar in werklikheid terugverwys word na ouer wetgewing wat regstreeks die

Engelse bewysreg inkorporeer, en weerspieël steeds die huidige posisie. 16

2.1 Ekstrinsieke-getuienis-reël: materiële of formele reg?

Byna al die skrywers oor hierdie onderwerp is dit eens dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

onder die materiële of substantiewe reg ressorteer en dat dit verkeerdelik deur die howe as ’n

reël van die formele bewysreg geklassifiseer is. Wigmore is byvoorbeeld van mening dat die

howe dit as sodanig gebrandmerk het aangesien hulle geen plek daarvoor kon vind in die

reëls ten aansien van pleitstukke ingevolge die “common law”-pleitsisteem nie en die reël

gewoonlik eers toepassing vind as daar by die verhoor getuienis aangebied word. 17

Thayer voer aan dat daar bloot (verkeerdelik) aanvaar word dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

deel van die bewysreg uitmaak aangesien dit te doen het met geskrewe dokumente wat in

hulle aard bewys is van wat hulle uiteensit. Hy onderskei verder tussen ’n aantal konsepte wat

bygedra het tot hierdie verkeerde klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël. 18 Eerstens

onderskei hy tussen reëls van die materiële reg en reëls van die bewysreg. Hy voer oortuigend

aan, net soos Wigmore, dat waar die reg sekere vereistes neerlê vir ’n handeling om

regsgeldig te wees, soos opskrifstelling, dit baie dikwels nie vereistes ingevolge die bewysreg

is nie. Dit is volgens hom vormvereistes wat nodig is vir die totstandkoming van ’n sekere

regshandeling, soos ’n ooreenkoms vir die vervreemding van grond of ’n testament. 19 In

sodanige gevalle hoort hierdie vereistes tuis onder die materiële reg van die relevante

dissipline, en wanneer getuienis, of feite wat in bewyslewering aangebied word, verwerp

word aangesien daar nie aan hierdie vormvereistes voldoen is nie, is dit die materiële reg wat

dit uitsluit en nie die bewysreg nie. 20

Daar moet saamgestem word met hierdie standpunte van Wigmore en Thayer. ’n Baie

vereenvoudigde voorbeeld kan gevind word in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Artikel 2(1)

van die Wet op Vervreemding van Grond 21 bepaal uitdruklik:

Geen vervreemding van grond na die inwerkingtreding van hierdie artikel is,

behoudens die bepalings van artikel 28, van krag nie tensy dit vervat is in 'n

vervreemdingsakte wat deur die partye daarby of deur hulle agente, handelende

op hulle skriftelike gesag, onderteken is.

113

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!