02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

“additionalconsideration” ter sprake is. Volgens Christie moet daar heeltemal vergeet word

van die verwarrende begrippe van “kollaterale kontrakte” en “additional consideration” en

moet al hierdie gevalle hanteer word asof dit “voorafgaande oorredende kontrakte” (“prior

inducing contracts”) is. 322 Hy sit dan ook die benadering wat ten aansien van “voorafgaande

oorredende kontrakte” gevolg moet word, soos volg uiteen:

Die vraag is of getuienis toelaatbaar is om ’n sogenaamde voorafgaande

oorredende kontrak te bewys. Voorafgaande, aangesien dit die skriftelike kontrak

voorafgaan, al is dit net vir ’n paar oomblikke, en oorredend, aangesien die

uitvoer daarvan die sluiting van die skriftelike kontrak teweegbring. Die patroon

van sodanige kontrakte is “Ek sal nie die kontrak onderteken nie, behalwe as jy

my x belowe”; x word belowe en derhalwe word die kontrak onderteken. Kan die

mondelinge belofte om x te presteer bewys en afgedwing word? Voor hierdie

vraag beantwoord kan word, moet twee beginsels oorweeg word. Die eerste,

naamlikpacta sunt servanda, vereis dat ooreenkomste afgedwing moet word

maak nie saak hoe informeel nie. Die tweede, naamlik die integrasiereël, vereis

dat geïntegreerde skriftelike kontrakte voorrang geniet bo voorafgaande

onderhandelinge, en selfs ooreenkomste, en dit vervang. Die antwoord is

derhalwe dat indien die skriftelike kontrak nie die afwesigheid van Xof X-1

belowe nie, die mondelinge belofte bewys en afgedwing kan word, aangesien

daar geen konflik met die skriftelike kontrak is nie, maar as die skriftelike kontrak

die afwesigheid van Xof X-1 belowe, kan die mondelinge belofte nie bewys en

afgedwing word nie, aangesien daar ’n konflik bestaan en die skriftelike kontrak

voorrang geniet. 323

Met verwysing na “additional consideration” vra Christie hom af of die uitspraak in Avis v

Verseput 324 beteken dat waar ’n skriftelike koopkontrak die koopprys as R1 000 uiteensit,

getuienis aangebied mag word van ’n voorafgaande of gelyktydige mondelinge ooreenkoms

om die koopprys tot R1 500 te verhoog. Sy antwoord is ontkennend, behalwe waar die

skriftelike kontrak ’n bedrieglike handeling daarstel, soos om die ontvanger van inkomste te

mislei. 325 Hy kom tot hierdie gevolgtrekking, eerstens aangesien die verwysing na die

Engelse sake waarop in die Avis-saak staatgemaak is, aantoon dat elkeen ’n eenvoudige geval

van ’n “voorafgaande oorredende” ooreenkoms was. In die tweede plek was die “additional

consideration” vervat in die voorafgaande of gelyktydige ooreenkoms, nie in een van die

gevalle van dieselfde aard as die “consideration” wat in die skriftelike hoofkontrak

uiteengesit is nie. Met ander woorde, in geeneen van hierdie gevalle het die voorafgaande

oorredende ooreenkoms X belowe terwyl die skriftelike hoofkontrak die afwesigheid van X,

of X-1, belowe het nie. 326 Dit was waar selfs in die geval van R v Scammonden 327 wat hier bo

bespreek is, al verklaar appèlregter Centlivres dat die beginsel wat in die kopstuk van hierdie

saak vervat is, vermeld dat waar die prestasie vervat in ’n transportakte uiteengesit is as £28,

ekstrinsieke getuienis toelaatbaar was om te bewys dat die prestasie inderdaad £30 was.

Christie voer oortuigend aan dat die uiteensetting van die beginsel vervat in die kopstuk egter

totaal en al verkeerd is. Die verhoorhof in hierdie saak het geweier om getuienis toe te laat

oor die £30, maar het bevind dat vier ghienies wat deel gevorm het van ’n boete wat in die

145

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!