02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In Timmins v Moreland Street Property Co Ltd 227 het die appèlhof met goedkeuring verwys

na die beslissing inLong v Millar, 228 maar nog ’n stap verder gegaan. Die hof verklaar dat

waar twee of meer dokumente saamgelees kan word om ’n gesamentlike ooreenkoms te

vorm, daar ’n dokument moet wees wat onderteken is waarin daar ’n uitdruklike of

geïmpliseerde verwysing na sodanige ander dokument of ooreenkoms is. Waar daar sodanige

verwysing is, mag ekstrinsieke getuienis aangebied word om die ander dokument te

identifiseer en die ooreenkoms wat dit uiteensit te verduidelik. In so ’n geval kan al die

dokumente wat as sodanig geïdentifiseer is, saamgelees word om die ooreenkoms te

vorm. 229 In Elias v George Sahely & Co (Barbados) Ltd 230 het diePrivy Council hierdie

benadering as ’n korrekte uiteensetting van die moderne Engelse reg beskou. Die hof moes in

hierdie saak beslis of ’n geskrewe dokument en ’n kwitansie saamgelees kon word om ’n

ooreenkoms te vorm. Die hof verklaar dat die kwitansie in die onderhawige geval verwys het

na ’n ander dokument of ooreenkoms, naamlik ’n koopooreenkoms van ’n bepaalde eiendom.

Die hof was van mening dat ekstrinsieke getuienis derhalwe aangevoer kon word om die

ooreenkoms te verduidelik en enige dokument te identifiseer wat daaraan verwant was. 231

3.1.2 Die Engelse regskommissie

3.1.2.1 Inleiding

In 1965, toe die Engelse regskommissie tot stand gekom het, het dit voorgestel dat die

Engelse kontraktereg ondersoek moet word met die oog op die hervorming en kodifikasie

daarvan. 232 In 1972, nadat aansienlike werk gedoen is ten aansien van die voorbereiding van

’n konsepkodifikasie, het die regskommissie tot die gevolgtrekking gekom dat die publikasie

van sodanige kodifikasie nie die beste manier was om die openbare aandag te vestig op

sekere gedeeltes van die Engelse kontraktereg wat hervorming genoodsaak het nie. 233 Werk

aan die produksie van sodanige kontraktuele kodifikasie is derhalwe opgeskort en die

kommissie het verklaar dat dit beoog het om ’n aantal werkstukke ten aansien van sekere

gedeeltes van die Engelse kontraktereg te publiseer. Die doelwit was om vas te stel of

wysigings daarvan noodsaaklik was, en indien wel, in welke mate. 234

3.1.2.2 Werkstuk 70 van 1976

In hierdie werkstuk, wat gehandel het oor die ekstrinsieke-getuienis-reël, het die kommissie

tot die gevolgtrekking gekom dat daar soveel uitgebreide uitsonderings op die ekstrinsiekegetuienis-reël

in die Engelse reg bestaan dat die vraag gevra kan word of die reël nie grootliks

daardeur vernietig is nie. 235 Die kommissie was van mening dat indien die reël afgeskaf sou

word, die resultaat steeds dieselfde in talle sake sou wees, maar dat daar in sommige sake ’n

ander (en meer regverdige) resultaat kon wees. Die kommissie het derhalwe voorlopig

aanbeveel dat die ekstrinsieke-getuienis-reël afgeskaf moet word. 236

134

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!