02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dit is interessant om daarop te let dat die Romeinse reg op presies die teenoorgestelde wyse

as die Engelse reg oor die ekstrinsieke-getuienis-reël ontwikkel het. Waar die reël glad nie

aan die primitiewe Engelse reg bekend was nie, was die woorde wat vervat is in

die contractus verbis (stipulatio) 113 van die vroeë Romeinse reg van primêre belang. 114 Dit

het daartoe aanleiding gegee dat die woorde letterlik uitgelê is en dat die bedoeling van die

partye geheel en al ontken is. 115 In die latere ontwikkeling van die Romeinse reg is die

woorde wat in diecontractus verbis vervat was, egter as minder belangrik beskou aangesien

daar blykbaar in hierdie stadium aanvaar is dat die contractus verbis ook op

’n conventio berus het. Waar daar dus bewys kon word dat daar geen wilsooreenstemming

was nie, was daar nie ’n bindende kontrak (stipulatio) nie. 116

In geval van kontrakte wat op skrif gestel is, was die skrif steeds ’n bewysmiddel wat in

sommige gevalle ’n selfs sterker bewyswaarde as die getuies tot die ooreenkoms self gehad

het. Dit was egter teen hierdie tyd slegs ’n bewysmiddel wat weerlê kon word. 117 Mondelinge

getuienis van die betrokke getuies is derhalwe in sommige gevalle as meer betroubaar beskou

as die geskrewe dokument. 118 Selfs die onderhandelinge tussen die kontrakspartye was

toelaatbare getuienis by die uitleg van die geskrewe ooreenkoms. 119

Waar die skrif egter slegs as bewys gedien het van die onderliggende ooreenkoms, en nie ook

’n konstitutiewe vereiste was soos met die contractus litteris 120 nie, het dit oor so ’n sterk

bewyswaarde beskik dat dit in sekere gevalle as onweerlegbare bewys beskou is en in ander

gevalle baie moeilik weerlegbaar was. 121

Die volgende voorbeelde illustreer gevalle waar die skrif as onweerlegbare bewys beskou is.

Waar ’n persoon op skrif verklaar het dat hy van iemand geld ontvang het, kan hy nie na die

verloop van ’n lang tydperk die verweer opwerp dat hy inderdaad nie die geld ontvang het

nie. 122 Daar is ook gevalle waar die skrif na ’n tydperk van 30 dae as onweerlegbare bewys

beskou is. 123 ’n Verdere voorbeeld is dat die bewys van die ontvangs van ’n bruidskat, asook

’n bewys van bewaargewing van geld of sake, onmiddellik onweerlegbare bewys daargestel

het. 124

Die volgende voorbeelde weer illustreer gevalle waar die skrif moeilik weerlegbaar was.

Waar daar ’n skriftelike skuldbewys is en die skuldenaar aanvoer dat hy die volle

verskuldigde bedrag of ’n gedeelte daarvan betaal het, moes hy dit deur middel van vyf

geskikte getuies bewys. 125 Marcellus wys daarop dat die geskrifte van amptenare wat sekere

heffings ontvang het, ’n groter bewyswaarde gehad het as mondelinge getuienis. 126 Die

basiese beginsel was egter nog steeds dat die skrif slegs bewys van die verbintenis was.

Alhoewel die skrif ’n baie goeie bewys was, was dit nie noodwendig ’n beter bewys as

byvoorbeeld die mondelinge getuienis van die getuies betrokke by die verbintenis nie. 127 Die

mening is gehuldig dat daar ’n groter bewyswaarde aan die getuies as aan die skrif self geheg

moet word. 128

Ter opsomming kan daar dus gesê word dat daar ’n gradering in die Romeinse reg

plaasgevind het van die bewyswaarde wat aan die skrif verbonde aan ’n bepaalde verbintenis

122

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!