02.05.2013 Views

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

exposé ’n ouer wat oorreageer as die aggressor uitwys, plaas Malan (2006a:9) die blaam vir

skoolgeweld onder andere op die skouers van “afwesige ouers”.

Card, Isaacs en Hodges (2008:134) se suggestie dat ouers nie ’n leidende rol in skoolgeweld

speel nie, vind weerklank in die berigte wat ontleed is. Card e.a. (2008:134), wat ’n

omvattende literatuurstudie oor die verband tussen geweld en gesinsfaktore onderneem het,

het bevind dat daar nie onteenseglik bewyse is dat daar ’n verband tussen gesinsfaktore en

skoolgeweld is nie. Hulle beklemtoon egter dat die rol wat ouers in skoolgeweld speel, nie

geïgnoreer mag word nie (Card e.a. 2008:134–5).

In temas 1 en 2 is daar gefokus op die mikrostelsel van die ekosisteemmodel wat hierdie

studie onderlê. Biologiese en persoonlikheidsfaktore van leerders wat by skoolgeweld

betrokke is, is aan die orde gestel. Die skynbare onbeduidendheid van die invloed van ouers

by skoolgeweld, soos blyk uit die berigte, is ook ondersoek. Die vloeibaarheid van die grense

tussen die drie stelsels is gesuggereer in die bespreking van leerders as aggressors: hulle

teiken opvoeders en opvoedkundige strukture (mesostelsel) en lede van die gemeenskap

(makrostelsel).

Tema 3: Opvoeders wat hulle plig versaak, versus besonder dapper opvoeders

Mesostelsels, wat op die tweede vlak van die ekosisteemmodel lê, fokus op organisatoriese of

institusionele faktore wat ’n invloed het op die omgewing waarin die individu hom/haar

bevind en waarin interpersoonlike verhoudinge plaasvind. Vir die doel van hierdie studie sal

gekonsentreer word op die rol van opvoeders, wat in ’n Suid-Afrikaanse konteks, in

ooreenstemming met grondwetlike riglyne (Maree 2005:17; Wentzel 2008:106–25) en die

beginsel van in loco parentis, saam met hul sorgsaamheidsplig (Oosthuizen 2005:71) ook die

verantwoordelikheid het om ’n geborge onderrig- en leermilieu te skep. Uit onderstaande

bespreking van bevindinge voortvloeiend uit die inhoudontleding blyk dit dat opvoeders óf

geweld sienderoë toegelaat het óf alles in die stryd gewerp het om diegene wat onder hulle

sorg geplaas was, teen geweld te beskerm. Die bespreking sal ook let op die suggestie dat

gebreke in opvoeders se professionele mondering tot skoolgeweld gelei het. Laastens sal daar

lig gewerp word op Rapport se uitbeelding van opvoeders as geweldplegers.

In verskeie van die nuusberigte word opvoeders daarvan beskuldig dat hulle nie hulle

verantwoordelikhede as sorgsame “ouers” nagekom het nie. Na aanleiding van berigte in

weekblaaie oor ’n opvoeder wat na bewering nie opgetree het toe leerders voor hom

handgemeen geraak het nie, skryf Fourie (2007:5) byvoorbeeld: “Onderwysers het ’n plig én

’n reg om in te gryp wanneer kinders baklei, maar blykbaar besef hulle dit nie almal nie.” Ter

ondersteuning van haar siening haal sy verskeie onderwysregskundiges aan. Van Heerden

(2007:17) vertel van ’n ma wat “vergeefs by die skool oor die boelie gekla het”. Malan

(2006a:9) is van mening dat opvoeders se onvermoë om leerders te dissiplineer een van die

oorsake van skoolgeweld is. De Bruin (2002:16) suggereer dat opvoeders se weerhouding

van hulle professionele dienste as gevolg van stakings ook as geweld teen leerders beskou

kan word.

358

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!